Page 1 of 1

Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 9:31 am
by Dolf014
Nou ja, ek is terug van my suster se plaas net so ander Aroab.
Die droom van die groot koedoebul het toe nie waar geword nie.
Het darem n redelike gemsbok bul ( 40 duim en 103kg karkas) geskiet en 2 koedoe verse.
My Nissan het my regtig aangenaam verbaas tussen daai duine. Ek het nie gedink hy sal dit maak nie, maar hy het. Ons het darem 1 keer vasgesit. n Man kan mos darem nie 2 dae tussen die duine jag en nie vas sit nie. ++>: ;D

My hart was bitter seer om al die koedoe karkasse so in die drade te sien hang a.g.v. droogte. Omtrent 15 van hulle getel. Baie dooie skaap en bok ook in die veld gekry. :( :(

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 9:32 am
by Dolf014
Nissan sit vas.

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 11:54 am
by tripodmvr
Dolf014 wrote:Nissan sit vas.
Bietjie meer voema sou hom seker oorgevat het!!!!!

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 12:04 pm
by PWV
Geluk Dolf! Mooi bok in mooi wereld geskiet!

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 12:39 pm
by Stephan86
Baie geluk met die bokke, veral die 40 duim gemsbok bul, dit is 'n bielie.

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 12:46 pm
by Witpietskiet
Dolf by wie het julle gejag daar, my oom se plaas is ook so 50km van Aroab af Keetmans se kant toe?

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 1:44 pm
by Dolf014
Witpietskiet wrote:Dolf by wie het julle gejag daar, my oom se plaas is ook so 50km van Aroab af Keetmans se kant toe?
By my swaer; Renier Koberzig (Hoheduin) Karasburg se rigting.

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 3:45 pm
by JohanvanZyl
Baie geluk!! Regtig mooi. ai daai duine daai duine. lekkeerrrrr

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 4:38 pm
by Ben Remington
Ai dis mooi....baie geluk.

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 5:17 pm
by Gawie(13mm)
Sjoe! Dit is 'n baie mooi bul, met bitter mooi horings. Geluk.

Ns: Daai Nissan het nie vasgesit nie. Jy het hom opgehang! ;D

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 5:33 pm
by Gian_dP
Geluk Dolf. Daai is n mooi bul!

Re: Aroab se duine.

Posted: Mon Jul 18, 2016 6:37 pm
by theedge
Baie mooi maat netjiese wereld

Re: Aroab se duine.

Posted: Tue Jul 19, 2016 10:12 am
by Frederik
Prag Gemsbok in prag wereld geluk Dolf.