Page 1 of 1

Meer oor geblikte leeus

Posted: Thu Jul 14, 2016 7:36 am
by PWV
Die Burger 14 Julie 2016

Suid-Afrika moet die “geblikte” jag-en-teelbedryf teen 2020 finaal sluit en die sowat 8 000 halfmak leeus wat daarby betrokke is, van kant maak, eis die Wildlands Bewaringstrust, Capture in Africa en die vervaardigers van die dokumentêre rolprent Blood Lions.

Andrew Venter, uitvoerende hoof van Wildlands en een van die vervaardigers van Blood Lions, sê die departement van omgewingsake moet onmiddellik verantwoordelikheid neem vir die “geblikte” leeubedryf wat hy “stil-stil” verlede jaar aan die departement van landbou, bosbou en visserye oorhandig het.

Die Internasionale Bewaringsunie (IUCN) met sy meer as 4 000 lede is volgens hom reeds by die veldtog betrek.

“Ons gee die departement van omgewingsake drie en ’n half jaar kans om die bedryf toe te maak.”

Die koalisie van nieregeringsorganisasies eis dat die departement geen permitte uitreik vir die uitvoer van leeubeendere na die Ooste nie. Die geldkraan na die bedryf moet onmiddellik toegedraai word.

Hy meen net sowat 1 000 van die 8 000 leeus in die bedryf sal moontlik in bewaringsgebiede versorg kan word.

Die leeus kan nie vir hulself sorg nie en sal daarom nie in die natuur vrygelaat kan word nie. Volgens Venter het meer as 50 toeroperateurs wat sake in Afrika doen, reeds skriftelik onderneem om geen besoekers na leeuplase te bring nie.

Drew Abrahamson van Captured in Africa sê haar organisasie maak mense daarvan bewus dat hulle nie aan leeuwelpies moet vat, of met hulle moet speel of loop nie, omdat dit die diere mak maak. “Leeus moet wild bly. Sodra hulle mak is, is hulle nutteloos. In dié leeubedryf word dié halfmak diere op kort afstand gejag.”

Intussen het die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging in ’n verklaring gesê Walter Slippers, eienaar van die uitgeteerde leeus waaroor vroeër berig is, is nie ’n lid van hul organisasie nie.

Die organisasie het met skok kennis geneem van die haglike toestand waarin die diere op Slippers se plaas aangehou is en het onmiddellik planne beraam om vir die leeus kos bymekaar te maak. Lede het ingespring en 8 ton bevrore hoenders aangery om die leeus op die plaas se ellende te verlig.

Volgens die organisasie het dit hom meer as R37 000 gekos om die hoenders na Ingogo Safari’s aan te ry.

Die organisasie het diereregte-aktiviste daarvan beskuldig dat hulle die sosiale media misbruik vir hul “goedkoop verdagmakery” van leeuboere.


http://www.netwerk24.com/Nuus/Omgewing/ ... 0-20160713#

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Thu Jul 14, 2016 10:00 am
by 6mmMusgrave
Ek dink dis n baie goei plan wat hulle het maar dit sal nooit werk nie die bedryf is te groot en gevestig.

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Thu Jul 14, 2016 10:19 am
by Riaan Kriel
Gestel hulle kry dit reg.... wanneer begin hulle dan met kleur-/trofee- en ander wild.... As hulle dit regkry is beeste en skape seker volgende aan die beurt? Die arme diere kan mos nie spesiaal geteel word en in voerkrale aangehou en vet gevoer word net om geslag te word deur bloeddorstige abbatoir's nie.... Vleis koop jy mos in die slaghuis of supermark, geen diere hoef mos daarvoor doodgemaak te word nie ;)

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Thu Jul 14, 2016 10:30 am
by Frederik
Hierdie is net 'n pot stront en word so gebruik vir sensasie media die mense wat dit op slurp het nog nooit in hulle lewe fisies eendag gewerk aan bewaring nie.

Soos Riaan se wat is volgende? Die KFC hoenders of is dit nie genoeg sensasie media nie? Elke bietjie wat ons ingee ten opsigte van jag gaan hulle bly krap en kerm tot niks oor is nie. Volgende gaan dieretuine wees soos wat hulle met die sirkusse gemaak het en daar nog hand vol oor is wat nog toertjies doen met diere.

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Thu Jul 14, 2016 11:41 am
by Chevvy SS
So hulle gee nie om om 8000 leeus van kant te maak nie? ::)

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Thu Jul 14, 2016 11:46 am
by FHM
Waaaaaaar is Dimitri?

Dimitri kom in - oor! >:+

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Thu Jul 14, 2016 11:48 am
by Eugene
PWV wrote:
Die leeus kan nie vir hulself sorg nie en sal daarom nie in die natuur vrygelaat kan word nie. Volgens Venter het meer as 50 toeroperateurs wat sake in Afrika doen, reeds skriftelik onderneem om geen besoekers na leeuplase te bring nie.
Ek weet van ten minste een boer wat nie met hierdie sal saamstem nie......

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Thu Jul 14, 2016 12:06 pm
by Frederik
Presies Eugene 'n kat bly 'n kat.

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Thu Jul 14, 2016 1:31 pm
by Stephan86
Gooi vir daai Andrew Venter in een van daai leeus se kampe dan kyk ons of die leeu nie vir homself kan sorg nie.

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Fri Jul 15, 2016 12:30 am
by Dimitri
Ring ring. Here I am. A bit late I see. Some of the usual suspects have already responded to the stimulus on this and the lion meat threads.

In the greater scheme of things I think it wil be a good thing to phase it out.

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Fri Jul 15, 2016 7:57 am
by Yogi
Het so paar weke terug met 'n PH gepraat wat al by baie leeu jagte was. Hy sê hy het al self gesien dat so geteelde leeu binne 3 dae na hy eerste keer vrygelaat word, sy eerste rooibok gevang het. So hy kan vir homself sorg.

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Fri Jul 15, 2016 8:56 am
by Marc
Eugene wrote:
PWV wrote:
Die leeus kan nie vir hulself sorg nie en sal daarom nie in die natuur vrygelaat kan word nie. Volgens Venter het meer as 50 toeroperateurs wat sake in Afrika doen, reeds skriftelik onderneem om geen besoekers na leeuplase te bring nie.
Ek weet van ten minste een boer wat nie met hierdie sal saamstem nie......
Ek self ken ook een, binne twee dae van vrylating vang hulle hulle eertse bokke self. Sonder enige hulp van mamma coach potato

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Fri Jul 15, 2016 10:17 am
by Dimitri
http://traveller24.news24.com/Explore/G ... l-20160715

You get bad apples in every barrel. I believe that most people in the industry operate within the law and by the PBA guidelines.

Still, less and less people and organisations - even within the hunting community - want this practise to be associated with hunting. The largest conservation body in the world is against it (although they are otherwise pro- sustainable utilisation). CIC is against it. Other major hunting associations are against it. Our own PHASA is against it. The world seems to be against it. And one cannot be that arrogant to assume that all the reasons for being against it are trivial, insignificant or baseless.

Yet these people continue with the practise. Their clients continue to post their videos and pics on the Internet. And the hunting community continues to get a bad rap in the press through association. And the bad apples in the industry just make the whole thing worse for everyone.

Read also the editorial from this month's Magnum.

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Fri Jul 15, 2016 10:59 am
by tripodmvr
Wildlife ranching has now changed to wildlife farming. Think about it - "best genetic pool of a specific animal" is the way these animals are being sold at the auctions. Just as with cattle and sheep, man has intervened and uitilises the animals as a source of protein and income. Why is it that wild animals have a different tag when it comes to utilisation. Just as with meat animals they are being bred to be slaughtered - either in an abbatoir or by way of shooting. The domestic animal cannot escape his destiny, why then the difference with wild animals?

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Fri Jul 15, 2016 11:49 am
by Dimitri
tripodmvr wrote:Wildlife ranching has now changed to wildlife farming. Think about it - "best genetic pool of a specific animal" is the way these animals are being sold at the auctions. Just as with cattle and sheep, man has intervened and uitilises the animals as a source of protein and income. Why is it that wild animals have a different tag when it comes to utilisation. Just as with meat animals they are being bred to be slaughtered - either in an abbatoir or by way of shooting. The domestic animal cannot escape his destiny, why then the difference with wild animals?
tripodmvr, you pose a rational and reasonable question.

PHASA, CIC, IUCN, SAHGCA, B&C, and society in general collectively agree that breeding and canned hunting of lions is not a good thing. Everyone will have their own answer to your question. Some answers will be purely emotional or illogical and based on incorrect facts, while others will be more difficult to reject. Opinions from the hunting community will probably carry the most weight. Why would people who hunt be against the practise of breeding and shooting lions? All the major associations have released statements as to why they do not agree with the practise. Therein will lie your answer.

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Fri Jul 15, 2016 1:20 pm
by OosKaapJagter
Jakkalse is skaapdiewe wat lammertjies verskeur. Selfs die bambi aanhangers verstaan dit en aanvaar as hulle geskiet word.

Gaan teel egter nou jakkalse, maak die kleintjies so halfmak groot en kry dan "jagters" om hulle in 100m x 100m kampies te kom skiet. Dan sal julle hoor hoe skreeu die groenes.

Dit is maar dieselfde beginsel wat geld.

Met die volbloed groenes kan in elk geval nie redeneer word nie. Dit is mos die vegetariërs wat steeds leerskoene of handsakke dra. Dit help egter nie vir enige jagter om vir hulle ammunisie te laai om ons mee te skiet nie. 'n Paar ouens se wins uit geblikte jag kan deure vir baie jagters toemaak.

Re: Meer oor geblikte leeus

Posted: Fri Jul 15, 2016 2:28 pm
by Capt. Yoda
8000 leeus om te jag teen bargain pryse! Ek sal 3 vat!

Klomp morone