Page 1 of 1

Nagsig kamera vir langpad nagryery

Posted: Wed Jul 13, 2016 8:58 pm
by ALM
Naand mense,

Ek oorweeg om vir my voertuig 'n IR kamera en 'n 6'' skerm te kry om te help met die bestuurdery in die nag. Met die wetgewing hier by ons wat nie tans enige LED ligte toelaat op die voertuie nie, kyk ek bietjie na alternatiewe.

Is daar enige van julle wat of weet van standaard "kits" wat 'n mens kan kry of hoe om so 'n projek miskien op 'n DIY basis aan te pak?

Groete,

Louwrens

Re: Nagsig kamera vir langpad nagryery

Posted: Wed Jul 13, 2016 9:12 pm
by PWV
ALM wrote:Naand mense,

Ek oorweeg om vir my voertuig 'n IR kamera en 'n 6'' skerm te kry om te help met die bestuurdery in die nag. Met die wetgewing hier by ons wat nie tans enige LED ligte toelaat op die voertuie nie, kyk ek bietjie na alternatiewe.

Is daar enige van julle wat of weet van standaard "kits" wat 'n mens kan kry of hoe om so 'n projek miskien op 'n DIY basis aan te pak?

Groete,

Louwrens
Hoekom word LED nie toegelaat nie?
Wat gebeur as ek met my voertuig daar kom kuier? Ek het die liggies voor wat altyd skyn.

Re: Nagsig kamera vir langpad nagryery

Posted: Wed Jul 13, 2016 9:30 pm
by JPS
ALM, was daar nie onlangs hofsaak daar waar magistraat gesê het die wetgewing moet aanbeweeg met tegnologie nie?

Dink amper FHM of iemand het die link van die rupublikein hier geplaas erens?

Re: Nagsig kamera vir langpad nagryery

Posted: Wed Jul 13, 2016 10:14 pm
by ALM
Oom PW,

Die agtergrond oor die ligtekwessie: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=143&t=45739

Vir wanneer Oom kom kuier, sal ek my nou nie kan uitlaat oor wat die manne in blou :police: sal doen in daardie geval nie, ek het al gesien daar is manne wat hier rondry met GP nommerplate en sulke lap-sakkies oor die ligte. Ek weet nie of dit miskien 'n rede is nie? ???

JPS,

Ek is ook bewus van daardie berig wat verskyn het. Sover ek kon uitmaak was die laaste nuus rondom dit, dat vir solank die wetgewing nog nie in plek is nie, is die ligte
(en alle vorms daarvan) taboe.

Iedergeval, besit ek ongelukkig nie 'n bakkie nie, so ek weet ook nie of die ligte so netjies sal vertoon nie, vandaar ook die ondersoek na alternatiewe oplossings...

Re: Nagsig kamera vir langpad nagryery

Posted: Thu Jul 14, 2016 8:22 am
by Chevvy SS
WD-12N10.jpg
Oom PW, ek dink hy praat van die "light bars". 90% van die nuwe voertuie het daai 2 liggies waarvan oom praat.

Re: Nagsig kamera vir langpad nagryery

Posted: Fri Dec 24, 2021 6:40 am
by Lamtjop
Het n IR kamera nie n IR spotlight nodig nie? En is n IR spotlight nie baie sleg vir menslike oog nie. Jy gaan die aankomende verkeer se retinas brand sonder dat hulle weet. Sal n Flir Pathfinder nie beter wees nie?

Re: Nagsig kamera vir langpad nagryery

Posted: Fri Dec 24, 2021 7:41 am
by Vissie
Ek is tot ‘n mate “nagblind” na ‘n oog operasie vroeër in my lewe.

Snaaks genoeg het ek onlangs gesien dat dit ‘n opsie is op van die Volkswagen modelle.

Net voor die vakansie het ek ‘n addisionele kamera stelsel laat installeer om beter agter my karavaan te kan sien terwyl ek sleep. My mening is dat hierdie dalk voorkom as nuttige hulpmiddels, maar dit neem jou aandag net te veel weg van wat belangrik is voor jou. Dit skep ook ‘n persepsie verskil tussen wat jy op die monitor sien, en wat in die werklikheid gebeur. Dis net nie hulpvaardig genoeg om die aandag wat dit wegneem op die pad, te regverdig nie. Die geld wat ek uit gegee het op die stelsel voel ek is ongelukkig maar gemors.

In my geval, en ook met die omstandighede met misdaad op ons paaie in die nag, is die beste risiko beperkings maatreël, dat ek in liewer nie in die nag bestuur nie.

Veilig ry!
Vissie