Page 1 of 1

Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 11:25 am
by Ben Remington
Goeie dag...

Van my familie het by my kom jag en my swaer wou baie graag 'n mooi Kalahari-Kudubul skiet asook 'n mooi eland.

Myburgh was ook baie opgewonde want hy kon nie meer wag om sy eerste volstruis te skiet nie. Die eland het op so 150m gestaan ....mooi plankdwars. My swaer het hom met sy 270 geskiet met 130gr Pro Amm, die punt het vasgesteek onder die vel op die oorkantste blad. Die bul het na die skoot nog so 40m gedraf en gaan staan en op sy boude gaan sit en omgeval, die skoot is net bo oor die hart.

Ons het 2 dae opsy gesit vir die kudubul, hy wou vreeslik graag bo 53 duim skiet. Ons het vroeg oggend begin stap en na so 15 minute het ons 'n baie mooi bul in die oggendson sien staan, maar soos gewoonlik het hy ons eerste gesien en stadig oor 'n waai duintjie gedraf tussen die Witgatte in, die spoor was maklik om te volg in die sand. Ons het hom telke male sien staan met net die horings sigbaar tussen die takke, na 'n uur se kat en muis spelery het die bul oorgespring in 'n kamp waar beeste loop en die spoor was moeilik om te volg, maar die Wire Terrier het ons mooi gehelp hier en het ek maar net weereens besef dis min wat 'n hond verkeerd is, die bul het weer oorgespring in 'n kamp sonder bees en ons kon duidelik agterkom hy probeer onder die wind inkom. Intussen het twee jakkalse voor ons rondgedraf op 220m en ek het mis geskiet, ons kon aan die spoor sien die bul begin rustig raak en hy het gestap. Die volgende oomblik het hy net voor ons gestaan in 'n tipiese Kalahari pannietjie met driedorings, ons het hom glad nie in die oopte verwag nie, hy was plankdwars op 197m en het stip na ons gekyk. Ek het die stokke oopgevou en tussen ons en die bul was 'n takkie van 'n baie dun kameelboompie, ons moes net so half meter na links skuif vir 'n oop skoot en die skoot het geklap met die mooi bul wat sy horings agteroor trek om te begin hardloop en die volgende oomblik was dit net stof en sand in die lug. Met ons aankoms by die bok het ons gesien dis 'n baie mooi ou bul met mooi karakter en die jag was vervolmaak.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160704_103354mmmm_zpsfeihtdzc.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160703_140722mmmmm_zps2i937oao.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160705_070845mmmm_zps377xlnbm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160705_070910mmmm_zpsyyjamacm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_203127_LLSmmmm_zpsldmrxa4r.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_130112mmm_zps3efxdoqz.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_130116mmmm_zps9todbpv6.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_153020mmmm_zpsbsssd94j.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_160740mmmm_zpsfjwqek32.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_192047mmmm_zpsicqyuwaw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160707_133216mm_zpsv0b3m0ru.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_085100mmm_zpsqct9utyc.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160704_073950mmmmm_zpsgyxgbsms.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160704_131926mmmm_zpsq8g0tki4.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160704_134235mmmm_zps9bxzonla.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160704_140454mmmm_zps422rzvdl.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160704_140430mmmm_zpsum1gb7r4.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160706_124027mmmm_zpsdvho7d8z.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160707_094035mmmm_zpsuxqytz3d.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160707_094824mmm_zpss1iwtcfl.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160707_093754mmmm_zpsndotf7rl.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160707_094626mmmm_zpsxyfxu17w.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160707_095606mmmm_zps7gsmrlc5.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160707_105045mmmm_zpsar0pc8xf.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160707_110138_resized_1_zpsnjeqo6t6.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_085641mmm_zpsiwtzngga.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_154409mmmm_zpsjblinkcr.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_161336mmmm_zpswegxcubx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160708_173929mmmm_zpsooflixsw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160706_115233mmmm_zpso5sel6ir.jpg

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 11:47 am
by Sako75
Pragtige bokke, groot voorreg

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 11:47 am
by Frederik
Dankie vir die deel en altyd soos voorheen saam met pragtige fotos.

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 11:49 am
by Stefan764
Bitter mooi.

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 1:51 pm
by F.L.A.S.H
Baie mooi

Dankie vir die deel

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 2:26 pm
by Chris (vdB)
Mooi bokke en fotos Ben!! Baie geluk

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 2:56 pm
by ruaanb
sjoe is mooi bokke daai!

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 4:22 pm
by spekieries
Sjoe mooi koedoebul. Baie geluk aan die jagter.

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 8:15 pm
by Daniel J
Geluk, awsum bokke. Weet nie of ek iets mis gelees het nie maar wat meet die kudu en eland toe? Lyk altwee na Roland Ward of baie naby daaraan

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 8:32 pm
by Ben Remington
Baie dankie...jammer ek het dit nie genoem nie....die kudu is net onder 56 duim...kort so 2mm ;) en die eland is 34 duim.

Groetnis

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 8:45 pm
by win270
Baie goed gevaar. Geluk! Die .270 doen steeds sy ding al voel baie moderne jagters die kaliber het sy tyd uitgedien. Korrekte skootplasing is maar die geheim. Kyk maar wat Dawid met 'n slingervel kon regkry.

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Sun Jul 10, 2016 10:07 pm
by Pvdw
Baie mooi fotosaar jou brakkie bly vir my die wenner. Elke keer as ky fotos plaas is daai brakkie êrens op 1 van die fotos

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Mon Jul 11, 2016 5:59 am
by ruaanb
Pvdw wrote:Baie mooi fotosaar jou brakkie bly vir my die wenner. Elke keer as ky fotos plaas is daai brakkie êrens op 1 van die fotos
Feite en die jongman ook!

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Mon Jul 11, 2016 6:37 am
by JohanvB
dis mooi!!!! Alles!!

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Mon Jul 11, 2016 4:01 pm
by Vlakvark Soldaat
Soos altyd, baie mooi!

Ps: Ben, ek sien jou beslis in 2017!!!!!!

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Mon Jul 11, 2016 4:06 pm
by Chevvy SS
Dit is mooi wêreld. Mooi storie en geluk met die mooi diere.

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Tue Jul 12, 2016 1:45 pm
by koos 2
Baie mooi

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Tue Jul 12, 2016 1:51 pm
by DawieKotze
Lekker man! Baie mooi koedoes daai!

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Wed Jul 13, 2016 10:39 am
by Umshwati Boy
Ben Remington wrote: Die eland het op so 150m gestaan ....mooi plankdwars. My swaer het hom met sy 270 geskiet met 130gr Pro Amm, die punt het vasgesteek onder die vel op die oorkantste blad. Die bul het na die skoot nog so 40m gedraf en gaan staan en op sy boude gaan sit en omgeval, die skoot is net bo oor die hart.
Skielik word al die Draade op die Forum oor Koeel Keuse, kaliber keuse ensv met een Post bewys om 'n mors van tyd te wees. Die draade hou maar ons manne wat droom van die volgende jag seker besig :laugh:

Baie mooi Fotos en uitstekende Trofees

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Wed Jul 13, 2016 11:09 am
by FHM
Ai ou Ben dit lyk en klink na n baie lekker trip.
Baie geluk met julle bokke. ;)

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Wed Jul 13, 2016 11:35 am
by Marc
Dankie vir die deel ! Heng daar le n paar mooi bokke daar, baie geluk

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Wed Jul 13, 2016 11:40 am
by EttasB
Baie mooi fotos. Kan nou nie wag vir my en Stompe se jag einde van die maand nie!!

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Wed Jul 13, 2016 5:01 pm
by partner
Pragtig en baie dankie vir die deel.

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Fri Jul 15, 2016 2:23 pm
by Capt. Yoda
Netjies Ben daai koedoe is baie mooi

Re: Twee mooi Kalahari bokke...

Posted: Fri Jul 15, 2016 10:07 pm
by theedge
Baie mooi, Dankie vir die deel