Stokkie se goose
Posted: Fri Jul 08, 2016 10:56 am
Ek het n Jack Russel, die oukie is nou n jaar oud en sy naam is Stokkie. Terloops – die naam het my dogtertjie hom gegee omdat hy van 6 weke af net eenvoudig enige stok nie kon uitlos nie – besem stok, takke, braaivleishout – noem dit maar, daar issie n stokkie wat hy nie opfokki.
Stokkie – soos enige hond wat alleen saam sy baas grootword – dink dat ek al sy beskerming nodig het – en hy is my skaduwee – ek kan wragtig nie in die oggende troon toe gaan nie dan sit stokkie langs my. As ek shower le hy voor die shower, waar ek ry is hy in die bakkie - julle kry die idée.
Nou ek is n maplotter – so 15 Km buite Tsumeb tuis op plot – natuurlik n hemel vir Stokkie so buite die dorp. Vanoggend 05:30 am hoor ek n rumoer daar by die ganse – ons het jakke asook n paar wilde katte (wat ek probeer kry) wat oes onder die ganskuikens – so ek gryp toe die 22 en ek en Stokkie is uit ganse toe. 2 van die die ganse broei in n bamboes bos. Ek en stokkie betree die bamboesbos versigtig – ek op uitkyk vir kat of slang of watookal hulle so ongelukkig het.
Een mannetjie gans kom kop laag al blasende uit die bos en Stokkie sien dit as n bedreiging vir my en hy storm die gans en spring terug en storm weer en spring terug soos die gans hom storm / blaas en staan en so si-saw die twee met mekaar – net buite raak afstand. Terwyl Stokkie nou so besig is met die blaas-gansbedreiging voor hom, merk hy nie n ander gans wat agter om die bamboesbos uitkom nie, dit kliek ook nie by my dadelik wat hier besig is om te gebeur nie – n gans hinderlaag in wording.
Terwyl die hinderlaag begin vorm aanneem in my gedagtes is Stokkie op daai oomblik weer in n vinnige terugvallende posissie, en met die beweging spring hy binne die blasende gans agter hom vas wat hom intussen bekruip het. Nou mense … ek het al jare agter die rug met allerhande honde en hulle gevreets-uitdrukkings en geluide wat hulle maak is bekend aan my, maar ek sweer – ek het nog nooit enige hond in piering-oog paniek gesien of hoor gil nie…
Met die retereer in die hinderlaag gans vas het Stokkie in een beweging soort van in die lug omgedraai en sy gesigsuitdrukking verander van aggressief na…al hoe ek dit kan uitdruk is n ooooFOOOK! Terselftertyd het sy grommende blaffery verander na n gil of skree eerder – iets wat net uit die donkerste dieptes van n hondehel kan kom. Terselftertyd hap die gans na hom wat nou in die lug probeer rigting verander en afstand maak, en kry daai gans hom beet in die sagte vleisies tussen die pistool en die binneboud, en sy onaardse skree / gil dryf so 4 oktawe opwaarts terwyl hy nog probeer afstand maak terwyl hy airborne is.
Toe hy grondvat het hy so breukdeel van n sekonde regtig gestaan en spin voordat hy so 30 meter verder gaan omdraai en die vreeslikste lawaai wat mens net kan verduidelik as n gillende-blaffende-skreeuende geluid staan en maak, rughare penregop van sy nek tot sy stertpunt en hy vloek daai gans in sy ma in met ernstige gepeperde hondetaal!
Ek…wel ek het gaan sit en skree soos ek lag – tot my asem op is en weer en weer terwyl die affere oor en oor in my brein afspeel. Na so rukkie het ek krag gehad om op te staan, my hond – onsedelik aangerand en ernstig geviolate wat gewoonlik agter of langs my stap is los voor – beeline reguit huis se deur toe.
Nadat hy bedaar het en ek bietjie getroos het en gekyk het dat die gans darem nie vel gebreek het daar by die rollie area nie – het die hare op die rug ook begin sak. So 10 minute daarna hoor ek weer die ganse buite – Stokkie trek soos n pyl uit n boog kombuisdeur toe en gooi n blaf tantrum daarso wat vir niks skrik nie, hare weer penregop – eternal enemies was born this morning.
Dink nie ek sal ooit weer so lag soos vanoggend nie!