Page 1 of 1

6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Fri Jul 08, 2016 9:39 am
by JacoW
Goeie more,

Ek het asb hulp nodig met die volgende komponente:

Met die 6.5 Creedmoor het ek twee koeëls wat ek wil probeer en kyk watter een die beste gaan werk:

Die eerste een is 140gr Nosler Accubond en die ander is Woodleigh Weldcore PP SN ook in 140gr.

Geweer Howa 6.5 Creedmoor
Loop lengte 609 mm
Doppe Norma
Primer CCI 200
Kruit S365 Lot 78
Koeël 140gr Nosler Accubond
Maks TPL 72 mm
Huidige TPL 71 mm
Dop kapasiteit H2O 52.95gr
Lading 41.2gr
Gemiddelde spoed 5 skote 2671 ft/s

Koeël 140gr Woodleigh Weldcore PP SN
Maks TPL 73 mm
Huidige TPL 71.5 mm
Dop kapasiteit H2O 52.95gr
Lading 41.2 gr
Gemiddelde spoed 5 skote 2604 ft/s


En met die 9.3 x 62 het ek Norma Oryx wat ek wil probeer:

Geweer Mauser 9.3 x 62
Loop lengte 653 mm
Doppe PMP
Primer CCI 200
Kruit S335 Lot 706
Koeël 285gr Norma Oryx
Maks TPL 83 mm (Magasyn)
Huidige TPL 81.5 mm
Dop kapasiteit H2O 74.05gr
Lading 1 53.6gr
Gemiddelde spoed 5 skote 2344 ft/s
Lading 2 53.9gr
Gemiddelde spoed 5 skote 2354 ft/s

Enige hulp sal waardeer word.

Groete,
Jaco

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Sat Jul 09, 2016 3:25 pm
by JacoW
Enige hulp?

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Sat Jul 09, 2016 5:51 pm
by tripodmvr
Die node vir die 9.3.

Probeer 53.2gr vir spoed van 2343-15vps.

As jy wil waag is daar 'n hoër node by 2441-15vps met 55,5gr en drukking van 60K psi.

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Sat Jul 09, 2016 6:38 pm
by JacoW
Dankie Oom Marius,
Gaan die laer node probeer en laat weet, ek jag maar in die bos so spoed jaag ek nie.
Het Oom enige raad vir die Creedmoor?
My groepe was baie swak met daai lading.

Rustige aand verder.

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Sat Jul 09, 2016 8:18 pm
by tripodmvr
Woodlegh 140

42,7gr vir spoed van 2708-15vps op die chrony 5m weg.
44,5gr vir 2817-15vps

Ek kry slegs 140HPBT en Partition in Nosler.

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Sat Jul 09, 2016 9:01 pm
by JacoW
Weereens dankie Oom Marius sal dan die Woodleighs probeer en sien wat hulle maak.

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Sat Jul 09, 2016 9:23 pm
by tripodmvr
Is jy seker dit nie 130 Nosler Accubonds nie?

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Sun Jul 10, 2016 1:11 pm
by JacoW
Middag Oom, ek sal 100% seker maak as ek weer by die huis is maar ek is redelik seker dis 140gr.

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Mon Jul 11, 2016 9:50 am
by JacoW
More oom,

Dit is definitief 140gr soos op die foto. Wou net 100% seker maak.
Sal die week daai ladings probeer en terugvoer gee.

Groete,
Jaco

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Mon Jul 11, 2016 10:25 am
by tripodmvr
Ek kon die' koeël se gegewens op die webtuiste van Nosler opspoor.

Probeer die volgende :-

1. 41,3gr = 2680vps op chrony 5m weg
2. 43,1gr = 2785vps

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Mon Jul 11, 2016 11:54 am
by JacoW
Dankie vir oom se moeite.

Sal hulle dan ook weer probeer.

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Wed Jul 13, 2016 4:43 pm
by wmh
Middag,

Ek probeer my quick load uitsort, so net n vraag,

NODE 6: 1.3071


Met die 6.5 creedmoor: loop 23.98'
Nosler accubond 140gn (bullet lenght 34.75, diameter 6.71
dop vol 52.95
tpl 71mm
case lenght 48.5
Burn rate: 0.4315
??? My resultate: 41.6gn 2697fps
Barrel time 1.307ms ::)

Re: 6.5 Creedmoor en 9.3 x 62 QL hulp asb

Posted: Wed Jul 13, 2016 5:31 pm
by JacoW
Middag almal,

Ek het vanmiddag gou kans gekry om die ladings te toets maar my chrony wou vandag nie saamwerk nie, op 'n kol gevoel ek moet hom sommer n skoot gee... 50% van die skote nie opgetel nie of error gegooi, gewoonlik werk hy mooi saam. Met die 6.5 se 43.1gr op die Nosler Accubonds kon ek glad nie 'n spoed lesing kry nie. (Foto 1)

Met die 9.3 x 62 het ek die volgende gekry:
Koeël: Norma Oryx 285gr
Lading: 53.2gr S335 Lot 706
Gemiddelde spoed: 2300 vps
Bietjie laer as QL se berekende spoed maar die 5 skote was amper die hele teiken vol...

Dan die 6.5 Creedmoor:
Koeël: Nosler Accubond 140gr
Lading: 41.3gr S365 Lot 78
Net een spoed lesing van 2579 vps wat nie sin maak nie die ander 4 wou die chrony nie lees nie.
(Foto 2)

Koeël: Woodleigh Weldcore PP SN 140gr
Lading: 42.7gr S365 Lot 78
Gemiddelde spoed: 2720 vps
Snaakse groep gewees sien foto 3.