Page 1 of 2
Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 8:46 am
by PWV
Geblikte leeuboere kry swaar. So is ook berig op Carte Blanche.
Daarom wil dit voorkom asof hulle nou diversifiseer.
Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 9:07 am
by win270
Brul van lekkerte!!

Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 9:13 am
by Capt. Yoda
R119 is bargain per kg!
Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 9:21 am
by joe rocket
Let wel dit is "mutton" tjoppies nie lam tjoppies nie.

Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 12:44 pm
by Marlin
Ek wonder, kry jy twee balle verniet by vir tussen jou bene?

Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 12:46 pm
by Apie
Eet daai tjoptjop brul brul op
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 12:55 pm
by Gawie(13mm)
Dit is jong leeu-vleis. Sag op die tande en op die sak.

Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 3:20 pm
by vossie1
Net n oud onnie wat dit sal optel

Ek dink Oom PW loop nounog met sy rooi pen rond.

Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 3:43 pm
by PWV
vossie1 wrote:Net n oud onnie wat dit sal optel

Ek dink Oom PW loop nounog met sy rooi pen rond.

Jy is baie windgat vandag jy daar in die Laeveld wegkruip!

Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 4:01 pm
by vossie1
Lief vir Oom ok

Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 4:17 pm
by PWV
Een van die dae kan ons dalk geblikteleeuvleis, geblik kry.
Gelukkig is ons Lions rugbyspan nog nie geblik nie, want hulle word nie deur geblikteleeuboere geteel nie.

Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 6:01 pm
by henning
Pieter, jy bly skerp. Geniet jou.
Groete
henning
Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 6:25 pm
by Gawie(13mm)
PWV wrote:Een van die dae kan ons dalk geblikteleeuvleis, geblik kry.
Gelukkig is ons Lions rugbyspan nog nie geblik nie, want hulle word nie deur geblikteleeuboere geteel nie.

Al die "leeu-boere" wat ek ken is Blou-bulle!

Re: Leeuvleis
Posted: Thu Jul 07, 2016 7:34 pm
by JK
Ish , leeuvleis is nie lekker nie.

Ons leeu jag honde het daai vleis opgebrings na n ruk altyd.
ook eenkeer seep gekook van daai vet leeus, maar dan het jy na leeu geruik na die was.
Dit was in die vroeg 60's teen die Etosha pan. Die 'grensdraad' was elke oggend gepatrolleer en as de leeus die nag ingekom het is hulle gesoek en geskiet.
Re: Leeuvleis
Posted: Fri Jul 08, 2016 8:20 am
by 470rigby
My vriend Nick Burger wat vandag daar boer se 'n leeu chop is baie lekker, solank die leeu vet is! Sy pa het in die 50's daar begin boer, saam het hulle honderde leeus geskiet
Re: Leeuvleis
Posted: Fri Jul 08, 2016 8:33 am
by Philip_R
JK wrote:Ish , leeuvleis is nie lekker nie.

Ons leeu jag honde het daai vleis opgebrings na n ruk altyd.
ook eenkeer seep gekook van daai vet leeus, maar dan het jy na leeu geruik na die was.
Dit was in die vroeg 60's teen die Etosha pan. Die 'grensdraad' was elke oggend gepatrolleer en as de leeus die nag ingekom het is hulle gesoek en geskiet.
Jy sal maak dat skelms begin leeuseep maak om verby honde in die erf te kom.
Hoyt Maxxis 31 DG 90# @ 28,5"
Bear Assault 70#
Musgrave .375 H&H
Re: Leeuvleis
Posted: Fri Jul 08, 2016 8:55 am
by PWV
470rigby wrote:My vriend Nick Burger wat vandag daar boer se 'n leeu chop is baie lekker, solank die leeu vet is! Sy pa het in die 50's daar begin boer, saam het hulle honderde leeus geskiet
Skande!
Re: Leeuvleis
Posted: Fri Jul 08, 2016 9:30 am
by 470rigby
Ja-nee dis 'n sensitiewe onderwerp, maar probeer om nie te veel te oordeel voordat jy weet wat swaarkry in daardie harde wereld is nie. Die boere het met 'n graslisensie daar gaan boer met beeste, en daar was geen grensdrade nie, en derduisende leeus.
Onthou die Paarl het ook baie leeus gehad lank terug, maar julle manne daar kla nie te veel oor die boere wat hulle heeltemal uitgeroei het nie. Die forumlede het oor die algemeen ook nie probleme met ondierbeheer nie, want dit berokken die boere mos skade, of hoe? Mis ek iets?
So om daar te boer, het hulle 'n keuse gehad. Verloor al jou beeste baie vining, of skiet die leeus. Wat sou jy gedoen het PWV?
Re: Leeuvleis
Posted: Fri Jul 08, 2016 9:34 am
by PWV
470rigby wrote:Ja-nee dis 'n sensitiewe onderwerp, maar probeer om nie te veel te oordeel voordat jy weet wat swaarkry in daardie harde wereld is nie. Die boere het met 'n graslisensie daar gaan boer met beeste, en daar was geen grensdrade nie, en derduisende leeus.
Onthou die Paarl het ook baie leeus gehad lank terug, maar julle manne daar kla nie te veel oor die boere wat hulle heeltemal uitgeroei het nie. Die forumlede het oor die algemeen ook nie probleme met ondierbeheer nie, want dit berokken die boere mos skade, of hoe? Mis ek iets?
So om daar te boer, het hulle 'n keuse gehad. Verloor al jou beeste baie vining, of skiet die leeus. Wat sou jy gedoen het PWV?
Hulle het toe nog nie geweet van geblikte leeuboerdery nie. Kon baie meer geld gemaak het!

Re: Leeuvleis
Posted: Fri Jul 08, 2016 6:12 pm
by JK
n Leeu was niks werd daai dae, trofeejag het nog nie bestaan nie. Net die 303 het sy werk gedoen
Die gevestige leeu troppe het uiteraard n gebied in die wildtuin gehad, so dis rondlopende mannetjies was wat meestal wat die plase ingekom het. Daai jare het hulle ook die wyfies op die pil gesit, om die leeu bevolking in toom te hou vemoed ek.
Ek was nog n laaitie daai tyd, moes maar in kar wag tot die gebrul en skote still raak.
Nee wat, daai 'honderde' wat hulle geskiet het het geen duik op die leeu bevolking gedoen nie.
Re: Leeuvleis
Posted: Wed Jul 13, 2016 9:51 am
by 470rigby
Het 'n rukkie gelede daaroor in African Outfitter geskryf, tussen pa en drie seuns staan hulle op 880, waarvan die pa alleen 480 op sy eie plaas geskiet het!
Re: Leeuvleis
Posted: Wed Jul 13, 2016 10:00 am
by DWB
470rigby wrote:Het 'n rukkie gelede daaroor in African Outfitter geskryf, tussen pa en drie seuns staan hulle op 880, waarvan die pa alleen 480 op sy eie plaas geskiet het!
Daai klink mos nou na die lewe!
Re: Leeuvleis
Posted: Wed Jul 13, 2016 11:12 am
by Johan van Wyk
DWB wrote:470rigby wrote:Het 'n rukkie gelede daaroor in African Outfitter geskryf, tussen pa en drie seuns staan hulle op 880, waarvan die pa alleen 480 op sy eie plaas geskiet het!
Daai klink mos nou na die lewe!
Slegs as jy bereid is om die .404 te ruil vir `n .303, `n voorhamer en `n luierige boesman.
Re: Leeuvleis
Posted: Wed Jul 13, 2016 11:17 am
by win270
Spelfout op die prysetiket en toe praat almal sommer oor leeus!! Moes lees: "Mutton Loin Chops"

Re: Leeuvleis
Posted: Wed Jul 13, 2016 11:23 am
by DWB
Johan van Wyk wrote:DWB wrote:470rigby wrote:Het 'n rukkie gelede daaroor in African Outfitter geskryf, tussen pa en drie seuns staan hulle op 880, waarvan die pa alleen 480 op sy eie plaas geskiet het!
Daai klink mos nou na die lewe!
Slegs as jy bereid is om die .404 te ruil vir `n .303, `n voorhamer en `n luierige boesman.
Ek sal heel moontlik as 'n chop vir 'n leeu op eindig
