Page 1 of 2

Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 1:43 pm
by Daniel J
:o :o Gedink ek is te veel op die Jaracal Forum dat ek dalk begin spoke sien maar aangeheg n foto van n Jakkals op die Bryanston Golfbaan in die hartjie van Jhb.
Ons kantore kyk uit op die golfbaan en ons het tarentale en fisante hier ens.
Nou die middag draf Jakkals se kind rustig hier by ons op en af. Boogafstand nogal.
Ek weet ons het jaar of twee terug Bruin Hyena in Blairegowrie gehad en Luiperd by Clearwater en Pta op N1, maar ons is darem baie diep in die stad in hier...

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 2:46 pm
by Cobus(Cobb)
waar sal hy slapies innie aande??

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 2:48 pm
by Capt. Yoda
Cobus(Cobb) wrote:waar sal hy slapies innie aande??

Waterpyp, asblik, bunker hys van Afrika hy slaap enige plek en deur die dag tussen sy duiwe en hasies wat hy vang eet hy die tannie op die 12de gat se eukanuba wat sy vir hom uit sit

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 3:07 pm
by Daniel J
Dink ook stormwaterpyp of soortgelyk. Sal uitkyk vvir hom nou dat mens van hom weet. Wil een aand as ek laat werk hom inroep en sien of hy alleen is, dink hy sal viinig reageer aangesien hy seker nie baie jakkalse hoor nie?

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 3:58 pm
by Melckman
Ek hou hierdie storie fyn dop - ek bly naby die golfbaan. Dit kan nogal 'n lekker uitstappie raak om hom/hulle met die boog te kap in die aand.

Daniel: ons moet dalk besigheid gesels. Ons kan geld maak as ons hulle getalle mooi "bestuur" :)

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 4:06 pm
by Daniel J
Melckman ek sien ons dink die selfde ;-)
As jy Jakkals roepe hier van die Sasol Kantore se kant af hoor dis ek met my Jaracal CD, moenie skiet nie.
Die jakkals op my avatar profile foto is met die boog bokveld toe gestuur ;-)

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 4:07 pm
by Riaan Kriel
Melckman wrote:Ek hou hierdie storie fyn dop - ek bly naby die golfbaan. Dit kan nogal 'n lekker uitstappie raak om hom/hulle met die boog te kap in die aand.

Daniel: ons moet dalk besigheid gesels. Ons kan geld maak as ons hulle getalle mooi "bestuur" :)
Middestad Boogjag Safari's..... Unieke boogjag varminting geleentheid in die hartjie van die goudstad..... Bespreek vinnig, gleentheid is beperk >:D ++>:

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 4:10 pm
by JDKey
Ek wonder of hy met n hond sal aanteel?? "n Duitse herkals" :o

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 4:14 pm
by Riaan Kriel
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/IMG-20160705-WA0019_zpszdhu5jq0.jpg

Die foto gekry. Blykbaar in die Carnavon distrik geskiet :o

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 4:23 pm
by JDKey
Riaan Kriel wrote:http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/IMG-20160705-WA0019_zpszdhu5jq0.jpg

Die foto gekry. Blykbaar in die Carnavon distrik geskiet :o
Ja nee vlekkie het verseker by die boer se hond gekuier...

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 5:29 pm
by Daniel J
Het al fotos van Hakkalse gesien ja wat meer Fox Terrier as Fox is

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Tue Jul 05, 2016 5:33 pm
by Daniel J
En op die Forum search die topic 'Jakkals / Hond kruising in Namibia'
Fotos hier bo lyk soos Border Colley JD?

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 8:21 am
by Capt. Yoda
JDKey wrote:Ek wonder of hy met n hond sal aanteel?? "n Duitse herkals" :o


Geno het ook al een geskiet wat Jack Russel of so iets in hom gehad het, jy nou wil nag sien moet my Amstaff n Jakkals dek :P

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 8:33 am
by Daniel J
Sal n monster jakkals wees Capt!

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 9:36 am
by win270
Verwyder hom gerus as hy nie klubfooie betaal nie.

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 9:50 am
by Cobus(Cobb)
Cobus(Cobb) wrote:waar sal hy slapies innie aande??
Cobus(Cobb) wrote:waar sal hy slapies innie aande??
Capt. Oblivious wrote:
Cobus(Cobb) wrote:waar sal hy slapies innie aande??

Waterpyp, asblik, bunker hys van Afrika hy slaap enige plek en deur die dag tussen sy duiwe en hasies wat hy vang eet hy die tannie op die 12de gat se eukanuba wat sy vir hom uit sit
Bedoelende....waars sy ouers gewees, is daar natuurlike veld naby...waarom sou hy stad deurloop golfbaan toe.
Ou Bool moet diegoed sien, vir ons dan vertel n jakkals is aant uitsterwe en daars genoeg kos vir hulle, hulle vang nie skapp etc..

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 5:43 pm
by JK

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 7:16 pm
by Daniel J
Baie ver van enige natuurlike veld Cobus, lanseria seker doe naaste. Het al met opnames baie jare gelede jakkalse daar gekry waar Cosmo City nou is. Moes met spruitie opgekom het maar dis regtig ver. Een v d dae is ons knie-diep in die jakkalse selfs in die stad

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 7:43 pm
by NicoSmit
Het nou net op Google maps gekyk Bryanston is in die middel daar is nerens enige natuurlike veld nie hy moes seker Taxi gery het

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 7:49 pm
by Daniel J
Haha ja Uber jakkie

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 9:07 pm
by hpcoetzer
Ek was in Londen vir so 6 jaar, daar is baie jakkalse in die woonbuurte slaap in die mense se agterplase. Het een aand inStratford van die pub af gekom en my gat af geskrik toe die ou amper in my vas hardloop,moes mooi kyk het gedink dis n alsation! Hulle is volop daar en dink pas vinnig aan by omstandighede. My buurman in Woodford het een van daai"opslaan"trampolines gehad in die winter het die jakkalse deur die dag(as daar son was)op die trampoline gele en slaap swart rubber trek mos hitte, 2 van hulle. Mar net soos hier in sa as hulle jou sien verdwyn hulle soos mis onder die son. Gan die fotos soek en post.

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Wed Jul 06, 2016 9:56 pm
by Daniel J
Wow cool HP. Sien uit om fotos te sien

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Thu Jul 07, 2016 7:25 am
by DanieDegenaar
Riaan Kriel wrote:http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/IMG-20160705-WA0019_zpszdhu5jq0.jpg

Die foto gekry. Blykbaar in die Carnavon distrik geskiet :o
Lassie was bietjie stout gewees! >:D

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Thu Jul 07, 2016 10:44 am
by Andy
Leeuwkop is 8km weg. Daar is baie jakalse op die terrein asook by die gholfbaan.
Die vinigste wat ek nog gevat het om een in te roep is 3minute. Maar mag hulle nie skiet nie.

Andy

Re: Jakkals op Bryanston Golfbaan

Posted: Thu Jul 07, 2016 8:38 pm
by Daniel J
Ok dankie Andy so heelwat nader as lanseria