Tokkeltoer 2016, vervolg as 2017
Posted: Mon Jul 04, 2016 2:48 pm
Uiteindelik het die tyd aangebreek! 04h57 op 'n koue Sondagoggend pak ek en drie maters die lang pad Namibie toe aan. Die " horse box" is gehak, en met Bruce Springsteen se "High hopes" wat speel ry ons uit Durbanville uit. Dis my derde keer wat ek in Namibia gaan jag, voel elke keer of ek meer opgewonde as die vorige keer is.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_044625_zpsxjhxtvgf.jpg~original
Die opwinding loop hoog en kort voor lank stop ons op Klawer om die Jeep vol te maak en die tradisionele Wimpy Mega ontbyt in te pak. Petrie van Grey Ghost Gear het vir ons die mooi pette gemaak.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_080627_zpsloc5og2u.jpg~original
Die Jeep is lekker dors, moes gou op Gharies weer stop en toe is ons op die grens. Redelik besig gewees maar sonder te veel drama is ons deur en kan ons die laaste 180km plaas toe aanpak.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_134006-800x450_zpswool07k4.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_134844_zpsboz6zsyv.jpg~original
Die lappie aarde net anderkant die Oranjerivier is waar Tokkeltoer se naam vandaan kry. Hier groei die niks omtrent sewe voet hoog.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160626_151126_zpsrgj14cub.jpg~original
So 17h00 se kant op die plaas aangekom. Swartkop le so 60km anderkant Grunau, Abrie en Jackie vd Merwe boer al van 2001 af daar met skaap, bietjie bees en boerbokke.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160704_112811_zps7usddau8.jpg~original
Die tweespoorpad na die afdraai het al paar keer verander, wag nog vir die nuwe bordjie!
Vinnig afgepak en paar skote geskiet om seker te maak gewere is reg, toe is daar vuur gemaak om vleis te braai. Eerste aand is dit al skaapstertjies, rib en 'n ontbeende boud. Ons gaan verseker nie honger ly die week nie!
Maandagoggend is ons vol afwagting veld toe. Swartkop bestaan uit groot plat platos, met klowe tussen deur. Daar is heelwat koedoes op die plaas, met paar verdwaalde gemsbokke en springbokke wat op die platter dele bly. Die terein laat nie rerig "walk and stalk" toe nie, so meeste van die jag is maar agter van die bakkie af. Ons het wel in die klowe opgestap, maar die jaar geen sukses te voet gehad nie.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0053_zpsfbw2d4qs.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0059_zpstmxlx0h8.jpg~original
Ek het die eerste middag al my koedoe gekry, skoot effe ver agter die blad. Bul het so 250m gehardloop voor hy dood neergeval het. Skoot op so 240m deur basis van beide longe en lewer heetemal verwoes. Die 150gr Accubond teen 2800fps uit die .308 het heeltemal penetreer.
Karkasgewig was 107kg.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0064_zps908prbay.jpg~original
Ingangswond van binne:
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160628_082316_zpsjfh9ep4v.jpg~original
Uitgangswond:
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160628_082335_zpshhniv0k7.jpg~original
Ander manne ook darem hulle koedoes sonder te veel gesukkel gekry. Laaste een is die Woensdagmiddag geskiet.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0062_zps4raxpeew.jpg~original
Tussendeur het ons onself lekker vermaak met bietjie ghongs skiet. Ons kon darem almal tot op 665m een van Stompe se 200mm ghongs laat lui. Die kleiner ghong het op 270 gehang, amper te maklik gewees!
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160703-WA0007_zpsfmgwyqzi.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160703-WA0002_zpsxpymgpjx.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160703_224757_zpsonochilb.jpg~original
Donderdagoggend is ons vroeg na Simon Karsten op Grundoorn om paar springbokke te skiet.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160630_071255_zps3i7z5fa7.jpg~original
Die een ou hoop ook om 'n gemsbok te kry. Simon het die vorige aand nog tot laat jakkels gejag, maar die min slap het hom nie gekeer nie. Na n vinnige koppie koffie is ons veld toe en het sommer vining 10 springbokke gelaai.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160630_091401_zpsmm1cr3uh.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160630_084637_zps9zbth7rm.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160630_084522_zps7rr08pbh.jpg~original
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0048_zpsvi3ba6rw.jpg~original
11h00 gou bokke gaan aflaai, vinnige koffie gesluk en toe gaan gemse soek. Simon was gemaklik dat die man wat n gemsbok wou he, hom met n 87gr VMAX skiet-kopskoot of agter die blad. na so uur se soek het ons troppie van vier gemsbokke gekry en na so 30min binne skietafstand gekom. Skoot loop op so 230m, kon stof naby blad sien slaan. Gems het so halwe steier gegee, toe hardloop hy. Na nog so 30min se rondjaag het ek hom met n 87gr Berger onder die oog gebriek.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/IMG-20160702-WA0049_zps6lkzxmdk.jpg~original
Die VMAX het hom mooi op die anderkantste bladbeen gevang, net net tot in borskas penetreer en klein gaatjie in long gemaak.
http://i1070.photobucket.com/albums/u491/giandupreez/Tokkeltoer%202016/20160704_143039_zps4hmd6che.jpg~original
Die middag daar weg met 15 springbokke en die gemsbok. Een horingskoot en een pensskoot tussen die 4 van ons, maar kon darem albei die bokke maklik kry. Skietafstande gewissel tussen 150m en 350m.
Vrydag het ons laaste bietjie vleiswerk gedoen en begin met die oppak. Saterdag se terugry sonder enige insidente verloop en ons was so 18h00 terug by die huis.