Page 1 of 1

OWNER'S CHOICE COLLARS

Posted: Tue Jul 14, 2009 10:10 am
by MEERKAT
Almal

Meer inligting rakende die "Owner's Choice" collars.

Die collars het ek oorspronklik begin maak slegs vir eie gebruik en met die tyd het ons navrae gekry en toe besluit om hulle op groot skaal te maak en beskikbaar te stel aan kleinvee boere.

Die collars is vervaardig van pvc in drie verskillende grotes nl. 125, 140 en 160mm.
'n Stel boudjie en moertjie laat toe vir 4 tot 5 verskillende grote verstellings aan die collar.
Geen verwerende dele aan die collar met 'n geraamde gebruikstyd van 10 tot 15 jaar afhangende van blootstelling aan direkte sonlig.
Collar se materiaal laat toe om daarop te skryf met "permanent marker" vir rekord doeleindes bv tweelinge ens.
Kleur is blou en opsigtelik in die veld indien lam sou vrek.(geen manier dat collar kan wegraak)
Die collar word op 'n ouderdom van +- 7 dae aan die lam gesit waarna dit vir 3 tot 4 keer verstel word alvorens die lam mark gereed is.
Die doel van die collar is om beskerming te bied aan die doodbyt area van ongediertes.
Lae beskermings koste per lam oor tydperk van gebruik.

Persoonlik gebruik ek die collars vanaf Augustus 2008 en my skaap boerdery laat toe dat aan ander fasette van die boerdery meer aandag gegee kan word. Die beheer en beperking van verliese het 'n dag en nag operasie geword en daarmee saam geweldig duur, die periode tussen skiet en weer skiet het oor die afgelope paar jaar al korter geword agv die toename in ongedierte getalle. Tradisionele kleinvee plase is omskep in wild en natuur reservate wat uiters geskik is vir die onbeheerde aanteel van ongediertes.

Op hierdie staduim het ons +- 7000 collars aan lammers waarvan 'n enkele lam vermoedelik deur 'n Rooikat gevang is. Ons moet ingedagte hou dat die Rooijakkals familie is van die hond en dat hy wel aan lammers kan byt. Die persentasie lammers wat verloor is (aan gebyt 13 lewendig gekry ,dood gekry met collar aan minder as 0.5% van +-7000 lammers) van die lammers kon van natuurlike oorsake gevrek het.

Soos in vorige "post" genoem is skiet ek jakkalse al vir die afgelope 23 jaar. Met die skietery het ons ongetwyfeld verliese afgebring maar nog nie tot 'n aanvaarbare vlak nie. Jakkalse word slimmer en normaalweg is hulle die wat die meeste skade aanrig en so het die gedagte agter die collar ontstaan.

Normaalweg skiet ek by myself in die omgewing van 30 tot 40 jakkalse per jaar. Oor die afgelope 11 maande is op die grond 6 geskiet, en jakkalse wat op hierdie staduim op die plaas kom en gaan +- 5 broeipare.

As 'n proeflopie het ons in 'n kamp 10 lammers se collars afgehaal en binne die eerste 2 nagte is 'n lam gevang.(foto is op forum)


Indien lammers op getalle boek sou kort en die lammers of collars word nie gekry moet na ander "jakkalse "
gekyk word (slegs met nodige gereedskap kan collars afgehaal word), en gewoonlik het daardie "jakkalse " nie baie tyd.

Ek wil geensins aanvoer dat die collar die alfa en omega is teen jakkalse , maar dat die collar sy doel dien in die stryd teen verliese is nie te betwyfel.

Indien enige kleinvee boer 'n jakkals skiet of laat skiet deur 'n professionele jakkalsjagter wat 'n beskermde lam sou vang is geen persoon of instansie by magte  om vinger te wys.

Na my mening poog ons almal om elke boerdery vertakking tot die beste van ons vermoee te bestuur en dit mag nie nodig wees om agv ongediertes daar onder te ly nie.

Knou goggas af en beskerm diere
MEERKAT
DE WAAL NIGRINI
TEL 023 4161 683
[img]http://[/img]Image
[img]http://[/img]Image
[img]http://[/img]Image
[img]http://[/img]Image
[img]http://[/img]Image
[img]http://[/img]Image

Re: OWNER'S CHOICE COLLARS

Posted: Tue Jul 14, 2009 11:04 am
by JACQUES BOTHA
de waal meerkat
kan ons nie n mdeliefie op die mooi blou collar verf nie, dit  sal meer efektief wees dan....noem dit die 'blou'bul van n halsband
asb net nie wit strepe opsit nie,,, dan vrek die skapies sommer self van elende.....

Re: OWNER'S CHOICE COLLARS

Posted: Tue Jul 14, 2009 11:13 am
by Ambessa
Hallo Meerkat

Baie geluk met die BLOU patent van jou. En dan so 'n mooi naam "Owner's Choice Collars".

Behalwe die +-7000 wat julle gebruik (as ek reg verstaan?) hoeveel van hierdie collers word elders deur hoeveel boere gebruik?

Word dit nie bietjie smetterig onder die collar as dit re?n nie? Toegegee, dit re?n nie altyd en orals nie.  :o ;D

Werk dit ook by volskape en sybokke?

Die afleiding is dat julle nou die roofdierskade tot op 'n aanvaarbare vlak afgebring het? Wat is die koste (collars en arbeid) vergeleke met die afname in skade?

Nogmaals geluk met die oulike metode/patent.

Ambessa

Re: OWNER'S CHOICE COLLARS

Posted: Tue Jul 14, 2009 11:24 am
by Ambessa
Hallo Meerkat

..sies en toe vergeet ek. Pragtige skape van jou op die fotos's, geen wonder jy is so erg oor hulle nie! Nie die gewone shieps nie, beslis nie! ;D

Ambessa

Re: OWNER'S CHOICE COLLARS

Posted: Tue Jul 14, 2009 4:30 pm
by JACQUES BOTHA
MEERKAT.
DIE BOTTOM LINE VAN DIE HELE MOOI STORIE IS GEBRUIK ALLE METODES TOT JOU BESKIKKING...
EN MOET NIE OPHOU PROBEER NIE....
STERKTE EN GELUK MAN

Re: OWNER'S CHOICE COLLARS

Posted: Fri Jul 17, 2009 8:55 am
by MEERKAT
Hallo Ambessa

Jammer ek kom nou eers terug , was bietjie besig.

Rakende vrae:
Boere wat die collars gebruik van wie ons terugvoer gekry het.(verliese tussen hakkies.)
1 520  collars (1)
2 210  collars (2)
3 810  collars (4)
4 225  collars (6)
5 1700 collars (11)
6 200  collars (1)
7 380  collars (2)
8 650  collars (0)

Totale hoeveelheid collars versprei tussen kleinvee eienaars +- 8500.

Smetterigheid:
Die collar word so groot as moontlik aan die lam gesit (moet net nie oor kop kan glip) wat meebring dat collar eintlik baie los pas om die lam se nek. Ons het voorsiening gemaak, indien klagtes van die aard gekry sal word , gate in die collars gemaak kan word. Op hierdie staduim wil ons nie die collar verswak deur die proses, indien dit nie werklik nodig sou wees.

Die collars word deur wol en angora boere gebruik.

Koste:
Pryse van collars: 125mm R14.00 , 140mm R15.00 en 160mm R17.00
Pryse: Btw en vervoer uitgesluit
Verpakking: 40 , 40 en  30 collars per karton

Veronderstel huidige verliese beloop +- 20% en met die gebruik van collars word verliese met 3.5% verminder na 16.5% betaal collars hulself binne eerste jaar.
Bring collars verliese af na 5% (vermindering van 15%) op 500 lammers gee dit 'n addisionele inkomste van +-  R26000.00 (koste van collars reeds afgetrek) in die eerste jaar. Hierdie bedrag laat ruim toe om die verdere verliese van 5% goed te hanteer indien dit wel nodig sou wees.

Arbeid:
Normaalweg hanteer 2 werkers +- 100 lammers per uur(Aansit en verstel van collars, maklike proses en enige ongeskoolde persoon kan dit doen)

Jy is welkom met enige verdere navrae
Knou goggas af
MEERKAT

Re: OWNER'S CHOICE COLLARS

Posted: Fri Jul 17, 2009 10:23 am
by boeta
Meerkat

Ek goon di fotos print en dit rondwys vi boere hi,dalk kan ek soort van agent raak vi julle hier sou hier belangstellig wees,sal vi jou laat weet.

Boeta

Re: OWNER'S CHOICE COLLARS

Posted: Fri Jul 17, 2009 11:15 am
by MEERKAT
Boeta
Dankie

Jy is meer as welkom , kan miskien laat weet in die area waar julle woon, is net versigtig dat areas kan oorvleuel.

Knou goggas af
MEERKAT

Re: OWNER'S CHOICE COLLARS

Posted: Fri Apr 01, 2011 9:32 am
by Coenie (Swift)
Ons gebruik ook meerkat se collars en dit saam met kombinasie van skiet, en snags kraal sien ons nou weer kans vir die dorpertjies