Page 1 of 1
Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 9:23 am
by boertjie56
Hallo Jarcal lede,my naam is Jacques Van Der Merwe en ek boer naby Noenieput op die plaas Springbokvlei. Ek is lief vir jag en skiet ook graag teiken. Ek sien uit daarna om my kennis op te skerp en om na al julle goeie raad te luister.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 9:26 am
by Johan Nel
Ek neem aan dat dit nou die boertjie is na wie Gawie verwys is sy onlangse jagverhaal? Baie welkom hier by ons!
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 9:29 am
by boertjie56
Johan Nel wrote:Ek neem aan dat dit nou die boertjie is na wie Gawie verwys is sy onlangse jagverhaal? Baie welkom hier by ons!
Hallo Johan,dit is nou nes jy daar sê.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 9:33 am
by Stephan86
Baie welkom hier.
Mag jy baie leer en ook baie lekker saam met ons strooi praat.
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 9:54 am
by Boesman10
Welkom Jacques
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 10:05 am
by 243Songdaug
Welkom Jacques
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 10:31 am
by Gawie(13mm)
Welkom Jacques.
Gaaf om jou nou hier raak te loop of het swaerrie jou vertel, ek skinder oor jou.
Ek sal nou my opvolgstorie van ons jag erg moet aanpas.

Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 10:42 am
by Wouter Roets
Hallo Jacques
Baie welkom hier op Jaracal en ek hoop regtig van harte jy geniet dit gate uit hier.
Ek sal graag jou net n vraag wou vra as ek mag. Dit smaak my jy het geen keuring vereistes op jou plaas huidig vir jagters nie? Meskien iets om aan te dink vir die toekoms. Jy is seker deur hel met die gespuis wat jy nou daar gehad het? Kan nie glo jy sluit nog hier aan om verder met hulle te verkeer nie.
Groetnis
Wouter
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 11:22 am
by PWV
Welkom Boertjie.
As jy nou weer hierdie klompie (Gawie en pelle) nooi, moet jy hulle net vooraf laat teken dat dit wat alles daar gebeur het, op die plaas bly as hulle ry.
As jy wil prosedeer, is ek bereid om te getuig. Ons kan geld maak met so 'n lastereis!

Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 11:29 am
by joe rocket
Welkom Boertjie ek is bly om te hoor jou plaas staan nog

het kasman jou nie oortuig dat n 7mm roer al roer is wat bestaan nie.

Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 11:51 am
by Gernie
Welkom aan nog 'n Upingtonner
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 11:53 am
by Gawie(13mm)
joe rocket wrote:Welkom Boertjie ek is bly om te hoor jou plaas staan nog

het kasman jou nie oortuig dat n 7mm roer al roer is wat bestaan nie.

Nee wat. Boertjie se 308 maak so:
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20160630_115106.jpg
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 11:56 am
by Gawie(13mm)
Wouter Roets wrote:Hallo Jacques
Baie welkom hier op Jaracal en ek hoop regtig van harte jy geniet dit gate uit hier.
Ek sal graag jou net n vraag wou vra as ek mag. Dit smaak my jy het geen keuring vereistes op jou plaas huidig vir jagters nie? Meskien iets om aan te dink vir die toekoms. Jy is seker deur hel met die gespuis wat jy nou daar gehad het? Kan nie glo jy sluit nog hier aan om verder met hulle te verkeer nie.
Groetnis
Wouter
Ek het hom vertel watter bakgat manne hier rondgang, maar ek gaan nou maar daai uitnodig vir volgende jaar aan jou, wat ek begin tik het verander. Miskien moet ek een van die "Solid" manne saamnooi. Hulle kan dan sommer toets of hy deur 'n sandduin loop.
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 12:42 pm
by ludwichras
jis mnr baie welkom. Waarmee boer jy Ek is hier van ceres en boer vrugte
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 1:21 pm
by twinhunter
Welkom Swaer,jy sal jou lekker klaar lag vir al die goed wat hier vertel/gesê word. En dan sal jy ook uitvind hoe belangrik dit is om jou geweer skoon te moet maak en nie skoon geskiet moet word nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Boertjie van die Kalahari
Posted: Thu Jun 30, 2016 4:37 pm
by kudu375
welkom Boertjie