Page 1 of 1

Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Mon Jun 27, 2016 9:21 am
by Petrie303
Dagse,

Weet jul dalk of mens die punte al in SA kry, waar koop mens dit en koste?

Op papier lyk dat na goeie punte, will graag so pakkie kry om te toets...

Re: Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Mon Jun 27, 2016 9:45 am
by JacquesT (Stompe)
Ek weet van 'n pakkie of 2 in Springs. Dink die kostes was iets soos +-R900 as ek nou nie die kat aan die gat beet het nie.

Laat weet of ek vir jou moet gaan kry of meer moet uitvind.

Re: Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Mon Jun 27, 2016 9:48 am
by Capt. Yoda

Re: Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Mon Jun 27, 2016 9:53 am
by Petrie303
Dankie,

Gan hul bietjie toets, daai bergers raak nou net te duur... daai BC wat hul claim is nogal baie goed!

Re: Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Mon Jun 27, 2016 4:08 pm
by Dirkonius
S&O prys R1,020 - heelwat in voorraad sien ek

Re: Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Tue Jun 28, 2016 8:41 am
by Petrie303
Hi,

Verbeel ek my of het S&O die prys gelig die laaste 2 dae... was om en by R900 toe ek gister oggend gekyk het.

Hornady sy veldtog dat hul punt nie smeld nie klink ma na goeie bemarking foefie ma met daai BC van G1=0.670 G7=0.335 vir hul 208gr punt trek hul definitief mens se aandag, as dit korrek is...

Hul sal lekker meeding met Berger se 210LRBT BC G1=0.625, G7=0.320 (Gebryk tans in my 300WSM F-klas geweer), en Berger 215 Hybrids (As jy kan kry) BC G1=0.691, G7=0.354.

Re: Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Tue Jun 28, 2016 8:59 am
by Capt. Yoda
Safari het laas week n sale gehad so die pryse is seker weer terug na "normaal"

Re: Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Tue Jun 28, 2016 9:34 am
by dsmerrills
Capt. Oblivious wrote:Safari het laas week n sale gehad so die pryse is seker weer terug na "normaal"
Yup back to normal by mid day yesterday

Re: Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Tue Jun 28, 2016 9:41 am
by Capt. Yoda
Petrie, hoekom probeer jy nie daai 210gr JLK van Geno nie? EK is ook nou op my laaste 200 en 215gr Hybrids dan gaan ek ook oor gaan na die JLKs toe. EK is nie seker of die JLK VLD heeltemal so maklik soos n Hybrid sal laai nie maar ek is gatvol om die minste te se om altyd koels te moet soek

Re: Hornady 30 Cal .308 208 gr ELD™ Match

Posted: Tue Jun 28, 2016 10:03 am
by Petrie303
Capt. Oblivious wrote:Petrie, hoekom probeer jy nie daai 210gr JLK van Geno nie? EK is ook nou op my laaste 200 en 215gr Hybrids dan gaan ek ook oor gaan na die JLKs toe. EK is nie seker of die JLK VLD heeltemal so maklik soos n Hybrid sal laai nie maar ek is gatvol om die minste te se om altyd koels te moet soek
Ek stel defnatief belang in daai JLK210, daai BC G1=0.680 is baie goed , als hang af van prys... Ek kan nog so 1000 210LRBT kry teen R870/100 so wag net vir Geno om sy prys op te sit...op einde van die dag gan dit oor rand en sente...

Wag in Spanning...