Page 1 of 1
Haelgeweer manne, help asb
Posted: Fri Jun 24, 2016 8:43 am
by Jay Jay
More,
Hoop dit gaan goed.
Ek het n haelgeweer ge-erf.
Harrington & Richards
12BR
SN: 35L89
Die geweer skiet nog.
Die vraag is, kry Lisensie en werk bietjie aan die geweer of maak onskadelik.
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Fri Jun 24, 2016 2:31 pm
by marco
My buurman het een en hy skiet n barshou met hom... skiet hom...
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Fri Jun 24, 2016 2:39 pm
by Dirkonius
Dit lyk heel gaaf. Laat 'n geweersmid wat jy vertrou kyk of alles nog veilig is, indien wel, doen aansoek vir lisensie en begin dadelik met hom skiet. As jy baie van hom hou (vir skiet), kan jy hom selfs as 'n projek mooi restoureer en nog oorspronklik hou.
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Fri Jun 24, 2016 2:44 pm
by JTM
Lyk ssos my pa se H&R Topper. Hulle is eenvouidig en kannie dood gewere.
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Fri Jun 24, 2016 4:15 pm
by Bass
Skiet hom,hy dra lekker en skiet lekker.
Jag al 35jaar met een,niks fout met hom nie.
Skiet n makou/kolgans/tarentaal ens net so dood soos n silver pigeon maar dra baie beter want hys lig.
Ek het n H&R soos daai en n silver pigeon,soos my pa altyd gese het, " jy het nie daai 2de loop nodig nie",en mens het nie!
Geniet hom!
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Fri Jun 24, 2016 5:16 pm
by Jurgen Visser
Ek net so een , hom laat oorblou en kolf mooi gemaak , lekker geweer , jy moet hom net uitmekaar haal om in kluis te pas , LLAAANNK !
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Fri Jun 24, 2016 7:08 pm
by Hein M.
Ek gaan ook so een erf - binnekort. Hy werk en doen die ding bitter goed. Hou hom beslis!
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Fri Jun 24, 2016 11:26 pm
by Cz_apie
Jay Jay wrote:
Harrington & Richards
12BR
SN: 35L89
Is die SN reg ?
Hoekom ek vra, hulle het gewoontlik met n letter begin
Ek het een van die A reeks, sal nie van hom ontsla raak nie, daai langloop gooi ver

Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Sun Jun 26, 2016 7:14 pm
by Jay Jay
HI cz
Kan nie die nommer op die geweer lekker lees nie - die nommer op lisensie gekry.
groete
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Mon Jun 27, 2016 9:32 am
by Nickvn
Ek het ook so een en skiet baie lekker met hom. Hy pas my soos n handskoen. Sal lekker gewees het as ek gou n tweede skoot kon afvuur, maar moet nou maar net seker maak van die eerste skoot. Ek sal hom hou.
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Mon Jun 27, 2016 9:39 am
by Nickvn
Ek sien my geweer is ook n A model van 1940.
Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Mon Jun 27, 2016 11:08 am
by Cz_apie
Nickvn wrote:Ek sien my geweer is ook n A model van 1940.

Min mense van 76 jaar oud is nog so vol lewe soos hierdie model, geniet myne net so, kom van my oupa af

Re: Haelgeweer manne, help asb
Posted: Mon Jun 27, 2016 11:21 am
by Cz_apie
Jay Jay wrote:HI cz
Kan nie die nommer op die geweer lekker lees nie - die nommer op lisensie gekry.
groete
Op myne kom die nommer twee plekke voor, een is op die gedeelte agter die sneller beul wat in die kolf ingaan en die tweede sien jy net as jy die geweer knak en met die naamplaat gedeelte na jou gewys, net soos in die foto wat jy opgesit het, dan is die nommer op die kant van die dik gedeelte onder die loop waar die "ejector rod" in is