Page 1 of 1
Paralax verstelling
Posted: Sun Jul 10, 2011 3:55 pm
by Cobus(Cobb)
Wil iemand nie asb vir my verduidelik wat dit is nie?
Ek het net 'n Nikon scope sonder so verstelling...my Gammo se Airking het 'n "afstand"vestelling van 5m tot 200m en infinitum....is dit dieselfde ding?
Re: Paralax verstelling
Posted: Sun Jul 10, 2011 4:09 pm
by raychell
Cobb
Ek ken nie die Gammo teleskoop nie maar glo dat die "afstand" verstelling wel Paralaks verstelling is
Kortliks is dit die vermoee van 'n teleskoop om die teiken en kruishaar in dieselfde vlak te kry.As jy na 'n teiken kyk deur jou teleskoop en jy beweeg jou oog en die kruishaar beweeg nie rond oor die teiken nie is die paralaks reg vir daai afstand,bring die teiken nader of verder en daar sal paralaks wees.maw die kruishaar sal beweeg al le die geweer stil
Raynie
Re: Paralax verstelling
Posted: Sun Jul 10, 2011 4:15 pm
by Cobus(Cobb)
Mmmm, dit klink bekend ja...my scope s'n(kruishare) beweeg effens as ek my kop/oog skuif.....hoe oorkom medns dit dan sonder die Paralax verstelling??....of verseker jy net jou oog bly op selfde plek??
Re: Paralax verstelling
Posted: Sun Jul 10, 2011 4:29 pm
by raychell
100%
Meeste is vir 100yds gestel en sal eers na so 12 vergroting 'n praktiese probleem word.Piet het die Rudolph wat tot 16x gaan, geskiet en as ek reg afly het net die fokus op kort afstand geplae
Raynie