Page 1 of 1

DIY ligmontering vir scope

Posted: Sun Jul 10, 2011 12:38 pm
by Pvdw
Manne ek het Vrydag aand so effe pak gekry omdat my beligting nie reg was nie en ek nie so mooi na raad op die forum geluister het nie :'( :'( :'( Ek het die eerste 2 jakke vir die aand onder 100m verloor :P :P

Wel dis nou agter my en ek hoop hierdie nuwe plan van my gaan werk. Ek het so paar goetertjies uit die rommel kas  gehaal, die draaibank aan die gang gekry en die montering gebou.

Lig is verstelbaar na link, regs, op en af. Alles sluit ook mooi positief en behoort na dit in plek gesluit is nie weer te beweeg nie. Die lig klamp aan die scope vas met 'n Weaver basis wat onderstebo aan die scope vas is.

Al wat ek nie oor seker is nie is dat die lig so 5-6cm. ho?r as die LF is wat gemaak is vir 'n teleskoop. Sal dit nog werk op die effe ho?r posisie of moet ek plan maak om hom te sak?

Ek behoort meestal onder 150m te skiet. Op watter afstand moet ek die scope en lig laat saamval vir maklikke gebruik?

Hier is so paar foto's.

Die montering op die scope

[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_0403.jpg[/img]


Lig  op scope reg vir aksie

[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_0407.jpg[/img]


Maklik om af te haal en net so weg te sit

[img width=360 height=480]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_0408.jpg[/img]


Peet

Re: DIY ligmontering vir scope

Posted: Sun Jul 10, 2011 1:36 pm
by baboonstalker
Peet,
Lyk na 'n bakgat plan wat jy daar het.
Probeer die volgende:

Draai die weaver basis 90 grade anti kloksgewys om die scope tube
Draai die boonste metaal bracket 90 grade anti kloks om sy bout.
Draai die silinder met bout 180 grade om sy as.
Nonteer nou sie lig dat sy handvatsel horisontaal oor die scope l? met die lig regs bo die scope.

Groete
Pieter

Re: DIY ligmontering vir scope

Posted: Sun Jul 10, 2011 2:01 pm
by Louis102
AITSA!!  Boer maak 'n plan!

Mooiskoot
Louis

Re: DIY ligmontering vir scope

Posted: Sun Jul 10, 2011 7:45 pm
by theedge
Netjies

Re: DIY ligmontering vir scope

Posted: Sun Jul 10, 2011 10:18 pm
by .::Alwyn-U::.
Rerig baie oulik! bakgat!

Re: DIY ligmontering vir scope

Posted: Thu Jul 14, 2011 7:33 pm
by Piet Breedt
baboonstalker wrote: Peet,
Lyk na 'n bakgat plan wat jy daar het.
Probeer die volgende:

Draai die weaver basis 90 grade anti kloksgewys om die scope tube
Draai die boonste metaal bracket 90 grade anti kloks om sy bout.
Draai die silinder met bout 180 grade om sy as.
Nonteer nou sie lig dat sy handvatsel horisontaal oor die scope l? met die lig regs bo die scope.

Groete
Pieter
Sekelstert, jy klink nou soos die Indi?r wat ek nou die dag rigting vra

"You go down this road and at the first trafic light, you turn left "right", then you carry on for 200m, then you turn right "right" then you turn left again at the next trafic road "right"

Re: DIY ligmontering vir scope

Posted: Fri Jul 15, 2011 8:45 am
by Biltongjagter
Piet, hoop jy het die knaap toe 'straightaway' in sy m@&r in gestuur, "right"!

Nogtans, na BS se aanwysings sal daai lig straks ook om 'n hoek kan lig, "right"  :laugh:

Re: DIY ligmontering vir scope

Posted: Fri Jul 15, 2011 8:47 am
by JPS
Biltong,
Is dit nou regs om die hoek of links om ???

Re: DIY ligmontering vir scope

Posted: Fri Jul 15, 2011 1:08 pm
by Biltongjagter
Volgens die aanwysings klink dit of dit linksom kan wees  ;)
Nonteer nou sie lig dat sy handvatsel horisontaal oor die scope l? met die lig regs bo die scope.


Ek dink BS moet ons non-tech ouens maar help verduidelik met 'n mooi skets of twee wat hy bedoel.

Re: DIY ligmontering vir scope

Posted: Fri Nov 04, 2011 8:55 pm
by Ponkie
Peet

(Jammer ek sal nie weer Oom se nie...) :P

Dankie vir die idee. Ek het nog ou weaver ringe by die huis en glo ek sal erens paar platysters so gesweis en gesny kry dat dit op die mount kan pas. Ek is redelik gatvol vir die lightforce mount wat heeltyd rondskuif en na 'n skoot eers weer getik moet word dat die ligkol en my scope op diesele plek kyk.

Hierdie lyk na 'n bakgat plan.

Groetnis
Ponkie