Page 1 of 1
Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Tue Jun 21, 2016 9:05 am
by win270
Wil net gou iets met jul deel . . . dalk baat die inligting iemand op hierdie forum.
Ons was twee weke gelede dagbesoekers by die Kruger Wildtuin. Eerste dag Phabeni-hek ingegaan (naby Hazyview) en by Orpen-hek uit. Ons het via Skukuza en Satara deur die wildtuin gery.
Tweede dag weer by Phabeni-hek in en toe suidwaarts na Berg-en-Dal kamp gery en by Malelane-hek uit.
Beide dae BITTER MIN diere gesien. Dis ontsettend droog. Slegs Sabie-rivier het water, ook nie eers veel nie. Res van rivierlope is kurkdroog, selfs sommige van die watergate waarheen mens ewe hoopvol ry.
Lyk my daar moet tans ander dele wees waar mens meer sukses sal behaal . . . vertel gerus wat jou ondervinding was as jy onlangs daar rondgery het.
Re: Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Wed Jun 22, 2016 7:32 am
by win270
Was niemand van ons forumlede onlangs in die Kruger Wildtuin nie? Indien wel, gesels gerus saam van jul ervaringe daar.
Re: Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Wed Jun 22, 2016 7:49 am
by Hein22
Ek was in April daar. Het vir 'n week lank by Berg-en-Dal gebly en die hele Suide van die park vol gery. Ons het baie baie wild gesien. Die diere beweeg ook maar na dele wat ontoeganklik vir toeriste is maar weer beter weiding bied vir 'n tydjie. Ek onthou daar was bv tye wat jy weke lank niks troppe buffels in 'n sekere area gesien het nie net dagga boys hier en daar maar dan op 'n dag daag die troppe op en sien jy elke dag buffels en nog buffels.
Daar is voldoende water al lyk die rivier beddings droog. Die riviere soos die malambane, Biyamiti en matjulu wat jy tussen skukuza en Berg-en-Dal kry vloei slegs tydens vloede maar het "altyd" water beskikbaar. Dit is die plantegroei, veral die gras, wat nie reen gekry het nie wat die diere gaan laat vrek.
Re: Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Wed Jun 22, 2016 7:59 am
by Nickvn
Ek was vir n week in die Kruger twee weke gelede. Meestal in die suide. Die droogte is maar sleg. Die area soos jy inkom by Krokodilbrug. lyk of daar n oorlog was, bome is omgestoot en waar daar altyd groot troppe diere was is daar nou net individuele diere so ver soos jy kan sien. Baie min diere in troppe omdat daar nie gras is nie. Hulle staan so een een onder van die bome wat nog regop staan. Die erste area is om die Sabie rivier, veral die noordekant wat so n ruk terug n brand gehad het. Daar is dit letterlik n woestyn, die seekoeie en ander diere langs die rivier het alles opgeeet. Oral kan jy karkasse en bene sien le in die veld. Ons het verskeie seekoeie gesien wat dood was. Die buffels was in swak kondisie, maar die koedoes was weer in goeie kondisie. Die graseters suffer maar die blaareters lyk nog goed omdat daat darem nog redelik kos is aan die bome.
Die area om Pretoriuskop het maar soos gewoonlik baie lang gras en ons het maar min diere daar gesien. Die area om Berg en dal lyk ook nog nie te sleg nie. Ons het redelik baie diere gesien maar hulle was baie wyd versprei. Ons het geen van die groot olifant bulle gesien nie, heelwat kleiner teel troppe. Baie renosters gesien en dit was interessant hoeveel seekoeie buite die water gele het. Die damme was maar leeg en die wat water gehad het was die vlak baie laag.
Aasvoels en hyenas was daar baie van en die aasvoels kon jy oral op die bome sien sit. Die hyenas het sommer lands die damme in die koelte gele met hulle duk pense.
Dit is die slegste wat ek die wiltuin nog gesien het, ek kan my net indink hoe dit in September en Oktober gaan lyk. Ek sien hulle het nou begin van die seekoeie en buffels cull om die druk bietjie minder te maak. Ek glo nie hulle het n keuse nie.
Re: Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Wed Jun 22, 2016 1:46 pm
by OomMatt
Ek stem , het baie lank laas die Kruger so gesien.
Ek en gesin was by Talamati vir 4dae (1 - 5 Junie) , in by Kruger hek , en uit by Orpen. Die verste waar ons was op noord was Olifants en suid tot by Skukuza , en glo my maar , al die paaie gery en nie een rivier gekry met water nie. Baie , baie water gate gekry wat droog was , en soos julle ander maar , min gesien. Daar was groot areas wat lyk of jy in Khalahari rond ry , veral die pad van Satara tot by picnic plek teen die ooste kant , Sweni Hide , teen of naby die grens. Twee damme naby Talamati was ons gelukkig om Luiperd te sien suip , en seekoei wat so half lyf daar gele het , net om nie die volgende dag daar kon kry nie , en by ander gat trop Leeus van 7 met welpies te kon sien. Natuurlik baie bosveld Mc Donald's (Rooibokke) , maar nie in die groot troppe wat n mens gewoontlik kry nie. Die watergat by Talamati was redelik , met die seekoei , vermoedelik die een wat weg geloop het by die ander gat , een oggend by die dam sien by Talamati.
Manne , ons moet reen kry.
Re: Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Wed Jun 22, 2016 4:14 pm
by win270
Dankie vir julle bydraes, dit strook met ons onlangse ondervinding. Hulle behoort mens dienooreenkomstig in te lig by die hekke as mens daar besoek, voel ek. Mens besef jy kom op eie risiko en die sien van wild is maar dikwels 'n gelukskoot in die algemeen. Die erge droogte maak sake egter baie anders en deesdae moet 'n besoeker eintlik gereed wees vir 'n teleurstelling, veral as jy nie veel tyd het om daar te spandeer nie.
Re: Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Wed Jun 22, 2016 4:48 pm
by Nickvn
Die diere in nog daar, maar net soos met jag sal jy bietjie anders die park moet abenader en op ander pleke gaan soek. Ons het heelwat diere gesien.
Al sien ons ook niks nie is dit vir my altyd n plesier om in die park te kom. Dis maar soos jag ook. Jy skiet nie altyd wat jy grag wil nie, maar die jag bly lekker.
Re: Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Wed Jun 22, 2016 7:30 pm
by Parker
Was nou saterdag daar. In by Orpen en na Satara. Van die syvertakkings paaie gery en sodoende weer by Orpen uit. Wat lekker was, is die olifante wat sommer hier teen die heining by Satara kom staan en ore wapper het. Redelik baie wild gesien. Olifante en selfs n trop wildehonde asook n luiperd. Maar ja die droogte knyp erg in daai gedeelte en by Satara omtrent net grond, geen gras. Lyk baie sleg. Hulle gaan baie swaar trek hier by September en Oktober.
Re: Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Wed Jun 29, 2016 2:45 pm
by koos 2
Ons het Donderdag die 16 Junie tot Saterdag die 18 Junie in Skukuza gekamp.
Ons het regrtig baie diere gesien, leeus 4 keer, luiperds 3 keer, hyenas 2 keer, olifante buffels te veel om te noem.
Maar ja die is baie droog. Met minder blare help dit om wild makliker te sien , glo ek.
Re: Droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin
Posted: Thu Jun 30, 2016 9:38 am
by DriesdlR
Ons was vir 10 dae in Kruger in April
Letaba - Baie min diere gewees en is besonder droog. Die rivier het wel gevloei na die reen vrooe maar was duidelik dat basie nog nodig was. Enigste opwinding was Kleinkol Muskeljaatkat kat wat vir hom maandete in die boom reg voor ons braaiplek kom vang het. Ekhoring was op sy spyskaart sowel as n |Swaty Mamba wat n muis gevang het langs die Petrol stasie vroeg die volgende oggend.
Satara - Baie wild gesien. Groot 5 ingesluit. 9 x leeus gesien of by n vangs of sommer net luilekker rondgele. Interressant was dat 4 sightings buffel vangste was.
Skukuza - Baie wild ingesluit n wildehondvangs. Net jammer dat al die Toer operateurs altyd so n ondervinding bedonner met hulle selfsugtigheid
Ek gaan elke jaar Kruger toe en het nog nooit die park in so droogte ervaar nie.
Bly lekker om daar te gaan draai!!