Page 1 of 1

Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 8:19 am
by ruaanb
More manne,

Terwyl ek vir die kaartjie wag begin ek maar solank kyk na 'n nuwe scope vir die outjie.
Daar is 'n scope op maar dit is bitter oud omtrent so oud soos die geweer self!(1956!)

Ek wil nou nie 'n hubble opsit nie. Enige voorstelle?

By voorbaat dank.

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 8:32 am
by joe rocket
Daai zeiss wat Geno verkoop.

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 9:19 am
by Koos Barnard
As jy belangstel, ek het 'n Lynx 2.5-15x50 met NATO-kruishaar (dink dis wat hulle dit noem). Dit het 'n floating dot met addisionele afmikmerkies. Die scope het al gewerk maar is 100% reg. R2500 plus posgeld. Kontak my maar as jy sou belangstel.
Mooi loop

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 9:58 am
by ruaanb
Dankie sover manne ek doen bietjie navorsing.

Koos is die reticle die SAH(SA Hunter) of die RF(Range Finding) een?

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 9:59 am
by Koos Barnard
Ruan dis die rangefinding ene. Laat maar so gou moontlik weet want ek het klaar 'n definitiewe koper as jy nie belangstel nie.
Mooi loop

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 10:08 am
by ruaanb
Koos ek bevestig gedurende die loop van die dag as dit reg is met jou?

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 10:15 am
by ruaanb
Koos ek vat hom baie dankie! Ek pm jou!

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 1:30 pm
by joe rocket
Bargain!!

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 1:43 pm
by Jake1
Koos Barnard wrote:As jy belangstel, ek het 'n Lynx 2.5-15x50 met NATO-kruishaar (dink dis wat hulle dit noem). Dit het 'n floating dot met addisionele afmikmerkies. Die scope het al gewerk maar is 100% reg. R2500 plus posgeld. Kontak my maar as jy sou belangstel.
Mooi loop
Vat hierdie een Ruaan jy het daai vergroting nodig

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 2:50 pm
by Hein22
Koos Barnard wrote:As jy belangstel, ek het 'n Lynx 2.5-15x50 met NATO-kruishaar (dink dis wat hulle dit noem). Dit het 'n floating dot met addisionele afmikmerkies. Die scope het al gewerk maar is 100% reg. R2500 plus posgeld. Kontak my maar as jy sou belangstel.
Mooi loop
Ruaan, as jy hom nie vat nie sal ek hom vat. Laat weet maar indien die koop nie deurgaan nie... ;D

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 2:56 pm
by ruaanb
Sopas betaal manne hands off!

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Tue Jun 21, 2016 2:59 pm
by JohanvanZyl
Dit is hoekom mens dag en nag op hierdie forum moet wees. Bargain

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Thu Jun 23, 2016 2:54 pm
by ruaanb
Die manne wat ook Sako 222's het en teleskope met 30mm buise op het watter ringe gebruik julle en die hoogte asb?

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Thu Jun 23, 2016 3:01 pm
by Trompie
ruaanb wrote:Sopas betaal manne hands off!
Nice koop daar!!

Re: Lekker teleskoop vir .222

Posted: Thu Jun 23, 2016 4:06 pm
by Mukiwa
ruaanb wrote:Die manne wat ook Sako 222's het en teleskope met 30mm buise op het watter ringe gebruik julle en die hoogte asb?
Ruaan,

Ek het self een die Sako L461 en in my mening oorweldig n 30 mm buis so bietjie die geweertjies behalwe as jy die Varminter het.

Kyk beslis na Sako Optilock Ringe met daai scope sal "low" of even "Xtra low" werk in die Optilocks wat aparte basis en ringe het andersins die "low" net in ringe.

Groete,