Page 1 of 1
45acp 185gr Holpunt laai data
Posted: Mon Jun 20, 2016 10:20 pm
by Konnies
Goeienaand
Ek is opsoek na laai data vir my HK45 45acp pistool met 'n 113mm loop. EK wil graag S121 gebruik om 'n 185gr Nosler Custom Competition holpunt te skiet met CCI 300 slagdoppies.
Ek sal dit werklik waardeer as iemand my kan help met 'n veilige begin en maksimum lading.
Baie dankie
Re: 45acp 185gr Holpunt laai data
Posted: Tue Jun 21, 2016 4:31 am
by tripodmvr
Somchem gee data vir 175 en 201gr Josyd met S121. As mens interpoleer dan behoort 'n lading van 5,7 - 6,2gr veilig te wees. Vir druk sou ek na maks spoed oor chrony kyk van 1000vps - aangepas vir jou korter loop.
Re: 45acp 185gr Holpunt laai data
Posted: Tue Jun 21, 2016 7:12 pm
by Konnies
Goeienaand tripodmvr
Baie dankie vir die terugvoering.
Somchem se laai data vir die 175gr en 201gr is altwee vir Josyd "Gegote" lood koeels. Ek verstaan dat die lading vir 'n lood koeel heelwat laer moet wees as vir 'n koeel met 'n koper mantel agv die graveer druk verskil tussen die twee metale. Sou jou aanbeveling die bogenoemde in ag neem aangesien die koeel wat ek wil laai 'n koper mantel holpunt is?
Ek waardeer jou inset.
Dankie
Re: 45acp 185gr Holpunt laai data
Posted: Tue Jun 21, 2016 8:26 pm
by tripodmvr
Speel liefs veilig en chrony die ladings en kyk ook of hulle die aksie behoorlik laat werk. Jy kan altyd oplaai, maar teruglaai is gewoonlik te laat.