Page 1 of 1
Hoe om te verhoed dat Land Cruiser gesteel word
Posted: Mon Jun 20, 2016 9:09 pm
by Frikjordaan
My seun se diesel Cruiser is laas week gesteel
Ek verstaan dat mens 'n plaat kan kry wat voor die pedale vasgesluit kan word.
Sou graag wou verneem waar mens so iets kan kry of fotos so dat ons dit dalk self kan maak.
Verstaan verder dat Gearlocks nie meer beskikbaar is nie want dit word maklik gebreek. Kan nie dink dat dit waar is nie.
Soek 'n manier om te verhoed dat die bakkie met die hand weggestoot word en ook manier om te verhoed dat die diesel enjin aan die gang gesit kan word.
Baie dankie en enige raad sal waardeer word
Frik
Re: Hoe om te verhoed dat Land Cruiser gesteel word
Posted: Mon Jun 20, 2016 9:35 pm
by BeesBreet
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160620/dde5e946e6662c7ad747668defcb69ce.jpg
Re: Hoe om te verhoed dat Land Cruiser gesteel word
Posted: Mon Jun 20, 2016 9:36 pm
by BeesBreet
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160620/96fade9c5e74fb03d8454d1a69bd14d4.jpg
Re: Hoe om te verhoed dat Land Cruiser gesteel word
Posted: Mon Jun 20, 2016 9:39 pm
by BeesBreet
Ek het die fotos op n veiligheid groep gekry... Nie self gesien nie
Re: Hoe om te verhoed dat Land Cruiser gesteel word
Posted: Mon Jun 20, 2016 9:43 pm
by Jurgen Visser
Ek het 'n fuel solenoid gaan koop en in my Isuzu bakkie se diesel lyn onder die voertuig ge-installeer met klein weggesteekte toggle skakelaar , as hulle die bakkie hot-wire en daai skakelaar is nog af gaan hulle nerens heen nie , daar kan nie diesel kom by die engin nie , met hot-wire start hulle hom , maar so 15meter verder vrek hy , hulle los hom maar net daar staan
Re: Hoe om te verhoed dat Land Cruiser gesteel word
Posted: Mon Jul 11, 2016 8:59 am
by Jan-Hendrik
Daardie staal kontrapsie werk moer mooi. Daars n oom in kilnerpark wat hulle bou en dink ek dit is omtrent die beste anti-theft device wat daar is(as dit ordentelik gedoen word sodat n ou nie oor tien jaar met roes probleme sit nie
Sent from my Vodafone Smart Tab 3G using Tapatalk
Re: Hoe om te verhoed dat Land Cruiser gesteel word
Posted: Mon Jul 11, 2016 4:05 pm
by ThinusD
BeesBreet baie dankie vir die fotos! Dit lyk na n netjiese manier om jou pedale veilig weg te steek. Gaan hulle n rukkie vat om daai Monster safe af te kry! LOL
Enigste ding waarvoor ek bang is, as mamma my dronk boude wil huis toe vat na so kampvuur braai en ek het die sleutels vir daai Pedale kluis loop verloor!

Grappie!!
Re: Hoe om te verhoed dat Land Cruiser gesteel word
Posted: Mon Jul 11, 2016 4:43 pm
by Hein M.
Jurgen Visser wrote:Ek het 'n fuel solenoid gaan koop en in my Isuzu bakkie se diesel lyn onder die voertuig ge-installeer met klein weggesteekte toggle skakelaar , as hulle die bakkie hot-wire en daai skakelaar is nog af gaan hulle nerens heen nie , daar kan nie diesel kom by die engin nie , met hot-wire start hulle hom , maar so 15meter verder vrek hy , hulle los hom maar net daar staan
Dit is 'n uitstekende opsie. Werk baie goed!
