Page 1 of 1
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Fri Jul 08, 2011 9:50 am
by pietjacobs
Hi Piet,
Ek is nou juis besig met presies dieselfde oefening. Ek skiet die 140gr Accubonds, maar will graag die Ballistic Tips gebruik daai in die Vrystaat op die springbokke en Ribokke want dit raak maar duur met die Accubonds.
Soos Ludwig se, ek het ook gesien die lengte verskil. Tans is my TPL vir die Accubonds 84.50mm. Ek het in die verlede 130gr Ballistic tip gelaai en sy TPL was 84.00mm Akuraatheid op daai Noslers is ook BAIE goed. Ek sal nie sommer na 'n ander punt toe skuif nie.
Sal seker die week die 140gr Ballistic tip mee begin speel.
Groete,
Piet
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Mon Aug 15, 2011 1:00 pm
by 3006
Middag Manne
Net my 2c opinie oor die BT Hunting, ek het die afgelope naweek 2 rooibikke platgetrek maar met geweldig baie vleisskade toegegee die een skoot was van voor af op die blad deur maar die 2de bok is agter die blaaie deur die longe en steeds was daar baie kneusing gewees. Ek het al heelwat minder kneusing met n soortgelyke skoot met 155g palma punte gehad.
Groete.
Cobus
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Mon Aug 15, 2011 2:21 pm
by Brno308 jagter
Hi Pieter
Ek skiet beide die Nosler Accubond en Ballistic Tip 150gr in my 308 en ek moet jou vertel dat my ladings min of meer dieselfde is.
Met die Accubond laai ek 42gr S335 en met die Ballistic Tip laai ek 42.5gr S335.
Altwee groepeer 1 MOA op 'n 100m - wat in my opinie uitstekend is.
MAAR as dit by jag kom, bly by die Accubond anders as jy met die Ballistic Tip jag het jy nie eers 'n mincer nodig nie.
Groete,
Brno
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Mon Aug 15, 2011 10:01 pm
by erx
Hi Brno308jagter
Ek het so rukkie terug met die 150 Accubonds begin speel. Dok Neels het vir my my geweer 'n spoed van 2820ft/sek met TPL=72mm of 2828ft/sek met TPL 74.5mm deur QL aanbeveel. Ek het toe my spoed van 2828ft/sek bereik met TPL=74.25 met 43.2grein S335. Goeie groperings ook gekry.
Ek het nou onlangs met S&O se Nosler specials 2 pakkies 150 Ballistic tips gekoop en dieselfde resep probeer as die interbonds, want al wat tussen die twee verskil is die lengte van die punt, BC is presies dieselfde. Die spoed is toe 2842 met die Btips en 2822 met die Accubonds. Op 100,200 en 300m gooi hulle wragtig na aan mekaar as dit by hoogte kom.
Ek het ook 'n pak Nosler doppies gekoop wat ek volgende gaan try. Watse doppies gebruik jy, is hulle gewigs gesorteerd?
Wat is jou geweer se loop lengte en twist?
Goed julle se my ek moet maar die Accubonds mee jag en net papier bokke met die Btips skiet!
Groete
erx
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Tue Aug 16, 2011 8:15 am
by Brno308 jagter
Hi Erx
My 308 se twist is 1:12. Ek laai my Ballistic tips en accubond met PmP doppe wat ek gewig's gesorteerd hou en ook almal terug sny na dieselfde lengte toe.
My TPL op beide die Accubon en Ballistic Tips is 72.5mm (Anders pas hulle nie in my magasyn nie) maar hulle groepeer uitstekend in my geweer.
Die ballistic Tips het ek met 42.5gr S335 deur die Chrony gedruk vir 'n spoed van 2800 ft/s.
Ek laai tans vir jag doeleindes my Accubond in PmP Doppe met CCI 200 Large Rifle Primers met 42gr S335 en TPL van 72.50MM.
Met die lading en punt het ek nog geen moeilikheid gekry nie, ook nie 'n punt herwin uit 'n karkas nie..
Laat weet indien jy nog meer details wil he.
Groete,
Brno
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Tue Aug 16, 2011 11:37 am
by Nico Harris
ERX hoe is die bc dieslefde as die koeels verskillinde lengtes het?
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Tue Aug 16, 2011 3:08 pm
by erx
Thanks Ludwig, dis maar waar ek dit ook gelees het, sien self dat hul "sectional density" dieselfde is.
Groete
erx
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Tue Aug 16, 2011 4:59 pm
by Nico Harris
het nou my data gecheck! dis wragtig so...dis mos nie reg nie

Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Tue Aug 16, 2011 6:16 pm
by Nico Harris
ek prt van die bc!
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Tue Aug 16, 2011 9:00 pm
by erx
Hi PietSkiet
Hang die sd nie af van hoe die punt binne lyk nie, persentasie lood en die jacket se materiaal om dit te bond ens?
'n Bonded punt se persentasie lood is mos effens minder as 'n lood core met jacket om?
Weti, my 2c
Groete
erx
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Wed Aug 17, 2011 7:35 am
by 300Winmag
Ek is nie 'n kundige nie, maar dis hoe ek dit verstaan.
Die BC word bepaal deur al die goed soos die vorm, lengte en die spoed.
Sit 'n plastiek punt op die punt en die bc word beter. Maak dit round nose word die bc
slegter - vat die round nose en gee hom boat tail en bc word weer beter.
Maak die round nose spitser en bc word nog beter maar nog nie so goed soos plastiek punt nie.
So ja die bc kan die selfde wees van verskillende lengtes met die selfde gewig want dit is nie
net die lengte wat die bc bepaal nie .
Die SD bly die selfde vir die selfde gewig en kaliber koeels. Al bg. se SD sou die selfde gewees
het as hulle 180gr .308 koele was.

Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Wed Aug 17, 2011 8:58 am
by Biltongjagter
Die SD kwessie, is dit feit of fiksie of oordrewe faktor?
Lees hierdie volgende
artikel aandagtig deur en gee jou mening oor die
Snaakse
Ding!
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Wed Aug 17, 2011 9:10 am
by 300Winmag
Ek het nog nie dit gelees nie maar ek dink persoonlik BC (die "drag" van my spesifieke koeel) is vir my die een
wat maar die meeste saak maak.
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Wed Aug 17, 2011 9:18 am
by Beretta
Biltongjagter
Nee hel man ek ek gebruik liewers net die rooi boksie punte klaar punt

.Nog geen klagtes oor die punte/ koels gekry nie.
Beretta
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Wed Aug 17, 2011 9:45 am
by Wouter Roets
Manne
Waar SD se waarde vandaan af kom is in die ouer tyd. Die konstruksie op koeels was relatief eenders en die dikte van die koperwande was maar die grootste faktor as dit gekom het by terminale verrigting. In daai era het die SD faktor n redelike goeie indikasie gegee van penetrasie op eenderse koeels. In vandag se tyd en ons enorme spronge in koeel konstruksie en ontwerp het dit die SD faktor grotendeels op die agterpunt geplaas. Dit kan wel weer van waarde wees indien mens eenderse konvensionele kontruksie koeels met mekaar vergelyk en n mens wil n indikasie van penetrasie he. Blu eintlik n ingewikkelde gesprek met baie veranderlikes wat n rol speel. Goeie artikel van Gerhard daai.
Groetnis
Wouter
Re: Nosler accubond en ballistictip
Posted: Wed Aug 17, 2011 9:54 am
by 300Winmag
Spring Wouter my voor met die konstruksie van die koeels. Die rede hoekom ek gese het die SD
gaan nie so groot rol in my lewe speel nie is 'n 160gr koeel in my 6.5 se SD is beter as 'n 200gr uit my
300.
Maar as ek besluit om 'n MR. eland te gaan skiet gaan ek hom nie met die
6.5 skiet oor die SD grooter is nie.