Page 1 of 1

Watter spotting scope?.........

Posted: Mon Jun 13, 2016 8:46 am
by 1250bandit
Dag Almal

Ek kyk nou al n geruime tyd na spotting scopes en lees al wat ek kan. Ek het my begroting al twee keer aangepas hahahaha ;D . Dit is om my langafstand skiet projek by te staan.
Watter spotting scope sal julle kies? :)

Nikon Fieldscope ed 82
Kowa tsn82sv

Die Nikon het goeie reviews werelwyd, is al lank in produksie, maar die Kowa word baie vir skiet doeleindes aangewend. Ek is bewus dat die Kowa het standaard glas, maar blyk om nogsteeds goed te wees. Het enige van julle al deur die Kowa tsn82sv deurgekyk? Al wil ek ....kan ek nou nie by die Kowa Prominar se prys uitkom nie.......hahaha

Ek het nog nie deur die kowa self gekyk nie, maar in my soeke wel deur vele ander make en hier staan die Nikon vir my uit, sy detail en beeld is mooi en helder vir my.
Groete

Re: Watter spotting scope?.........

Posted: Mon Jun 13, 2016 8:51 am
by JPS
Op die bisley baanis Kowa by verre die mees gebruikte Spotting scope. Dit behoort sy eie store te vertel.

Re: Watter spotting scope?.........

Posted: Mon Jun 13, 2016 8:54 am
by 1250bandit
Dankie JPS dis hoe ek dit verstaan ja. Hulle blyk om helder te wees en taai genoeg. Dis juis hoekom ek nou worstel met die besluit.....

Re: Watter spotting scope?.........

Posted: Mon Jun 13, 2016 9:00 am
by Smitstertjies
Ek kyk ook na die Bushnell Legend Ultra HD 20-60x80. Lyk of hy darem redelik goed doen.

Re: Watter spotting scope?.........

Posted: Sat Jun 18, 2016 1:57 pm
by 1250bandit
Ek het nou ook na die Bushnell Legend Ultra HD 20-60x80 gekyk. Dis ook n opsie wat goed lyk. Ek sal moet by n bisley skieter moet uitkom wat n Kowa tsn82sv het om te sien hoe daai glas lyk....