Nuwerige lid
Posted: Thu Jun 09, 2016 8:46 am
More manne!
My naam is Petrus, ek is van Pretoria omgewing(bly op 'n plot buite Rayton).
Ek is baie lief vir gewere, sportskiet, jag en kamp, en geniet die buitelewe graag saam met my vrou, twee seuns,
dogter en vriende - waneer ons 'n kansie kry.
Ek het 'n goeie vriend op die dorp wat ook die passie deel, en ek leer ook baie ivm boog jag, jakkals jag, gewone jag en bosvark jag by hom. Ek voer tans (op sy aanbeveling)vir bosvarke so 100m onder my huis in 'n klein bloekom bos, en wag nou in spanning vir hulle om die voer te ontdek. Wil hulle dan met 'n boog bykom.
Ek is ook 'n toegewyde sportskut by SA Jagters en woon elke maand die takskiet by, asook addisionele kompetisies.
Sien baie uit na President skiet hierdie jaar, en is baie dankbaar om te kon kwalifiseer.
In die kluis is daar:
.308 Howa SS Varmint met GRS Hunter kolf, met Nightforce NXS MOART 8-32x56 - baie lekker en akkurate kombinasie.
.30-06 Winchester pre '64(original) met Rudolph T1 6-24
.25-06 Tikka T3 Super Varminter met Nightforce NXS MOART 8-32x56 - baie lekker jakkals geweer en sportskiet.
Voorlaaier, ou geweer wat ek by my pa gekry het.
9mm Walther PPQ
.22 LR Beretta Pistool
Wag nog vir lisensies vir:
.22 LR Mauser
.410 CBC Haelgeweer
6.5x55 Swedish Tikka T3 Super Varminter
Opgewonde om deel te wees van die forum en te leer by almal.