Page 1 of 1

Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Tue Jun 07, 2016 7:24 pm
by Karooklong
Hi manne kan julle die scope aanbeveel vir jakkalsjag.

Ek vra die vraag namens 'n vriend. Ek is 'n Meopta fan ! Maar die kêrel vra baie vrae !

Help asseblief manne.

Dankie

PJ

Re: Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Tue Jun 07, 2016 8:17 pm
by Williel
My bietjie ondervinding is nee, sal nie aanbeveel nie. Dit is klaar nie so duidelik in die dag nie. Id gaan sukkel en moet byse ek is gewoont aan z5.

Re: Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Tue Jun 07, 2016 8:42 pm
by Tertius Steyn
Wil ook graag weet. Kyk ook na een maar is bly jy vra die vraag

Re: Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Tue Jun 07, 2016 8:56 pm
by Karooklong
Dankie Willie, is reg Wulf -ek hoop die manne kom vertel sommer lekker !

Re: Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Tue Jun 07, 2016 9:18 pm
by tripodmvr
Ons het Vrydagaand 'n nagskiet gehou en selfs met my 5-20 by 50 Nikko Sterling kon ek op 180m 21/25 skiet. Teleskope versterk die lig wat vanaf die teiken weerkaats en daarom sien mens baie goed in die nag daarmee. Ek dink die begrip van 'n 8x56 vir nagskiet is gebore vanaf die Europese gebruike waar uit 'n hochsitz geskiet word in baie swak ligtoestande. Met ondier skiet en uitdun het jy 'n helder lig op die teiken en kan jy selfs met 'n 32mm objektief baie duidelik sien.

Veldwydte help met die vinnige optel van die teiken en 'n te groot vergroting is partykeer lastig tydens die werklike skietproses. Ek het Vrydag op 20x geskiet en teiken opsporing vat dan baie tyd. 'n Kleiner vergroting en breer veld sou baie gehelp het 10x ?

Re: Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Tue Jun 07, 2016 9:38 pm
by Dawie
Ek het heel paar ongediertes in die nag geskiet met een op my AR15 en het goed gewerk.

Was nie so duidelik soos my NF NXS op my 22-250. Het hulle langs mekaar getoets tot op 350m in die nag.

Re: Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Wed Jun 08, 2016 5:33 am
by Geno
tripodmvr wrote: Met ondier skiet en uitdun het jy 'n helder lig op die teiken en kan jy selfs met 'n 32mm objektief baie duidelik sien.
Ook nie altyd nie. Ligsku jakkalse word ket 'n flou lig geidentifiseer en geskiet. Glaskwaluteit en objektoewe lens grootte tel punte in die nag.

Wys my een voltydse jakkalsjagter wat 'n scope met 'n lens kleiner as 50mm skiet?

Re: Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Wed Jun 08, 2016 9:55 am
by Boesman10
In lae lig toestande veroorsaak die liggie in die Eliminator scope vir my 'n probleem in dat ek moeilik die teiken kan sien. Al verminder ek die intensiteit van die liggie is dit 'n probleem. Sodra jy die soeklig aanskakel dan het ek nie 'n probleem gevind met die Eliminator nie en het hy goed gewerk vir my.

Re: Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Sat Jun 11, 2016 10:07 am
by johans
Williel wrote:My bietjie ondervinding is nee, sal nie aanbeveel nie. Dit is klaar nie so duidelik in die dag nie. Id gaan sukkel en moet byse ek is gewoont aan z5.
stem saam willie.ekt met die burris geskiet in die dag,hoewel die rangefinder baie goed werk is die glase nie naastenby so goed soos jou middelklas scopes nie.ek dink jy gaan sukkel om te id in die nag

Re: Burris Eliminator 3 vir nagjag

Posted: Sat Jun 11, 2016 10:57 am
by ruaanb
Dit is nogal iets wat ek oor wonder rondom die Eliminator. seker maar iets te doen met die elektronika.