Page 1 of 1

Hulp met 308 Win en 168gr Sierra Matchkings

Posted: Tue Jun 07, 2016 3:31 pm
by MrFive
Hello,

Kan ek asseblief vra of iemand kan bevestig, of ek of die regte plek met my Nodes, op so 2500ft/sec (Node 1.292) en 2610 ft/sec (Node 1.212), soek.

Ek skiet 'n CZ550 308 Win

602mm Loop lengte
Lapua doppe met 56.12gr H2O
TPL 72.1mm
Koeël - Sierra Matchking 168gr (2200)
S335 - Lot 699

Ek het Saterdag gou gaan skiet waar ek 40.2gr 335 (lot 699) gebruik het en gemidelde spoed van 2478ft/sec met my Magneto gekry het. (2484, 2471, 2486, 2465, 2484).

Ek sal dit waardeer as iemand net kan se of ek op die regte spoor is.

Baie Dankie

André

Re: Hulp met 308 Win en 168gr Sierra Matchkings

Posted: Tue Jun 07, 2016 3:48 pm
by PWV
Ek noem maar net ek gebruik S355 agter die 168 gr SMK's en kry 'n spoed van 2660 vt/s.
Vir my werk die S355 beter agter swaarder koele as die S335 in my Howa .308 Varminter.
Vra vir Tripodmvr mooi om jou te help - hy is 'n boffin met QL.

Re: Hulp met 308 Win en 168gr Sierra Matchkings

Posted: Tue Jun 07, 2016 4:47 pm
by tripodmvr
My berekeninge toon die volgende :-

40,7gr = 2510vps
42,8gr = 2620vps

Hierdie lot S335 is stadig in jou geweer.

Re: Hulp met 308 Win en 168gr Sierra Matchkings

Posted: Wed Jun 08, 2016 10:03 am
by MrFive
Dankie vir die terugvoer,

Ek sal oom Marius se ladings probeer en sal laat weet wat gebeur.

As die 335 ladings nie werk nie, sal ek met 'n blik 355 ook probeer.

Andre

Re: Hulp met 308 Win en 168gr Sierra Matchkings

Posted: Wed Jun 08, 2016 3:24 pm
by DawieKotze
MrFive wrote:Dankie vir die terugvoer,

Ek sal oom Marius se ladings probeer en sal laat weet wat gebeur.

As die 335 ladings nie werk nie, sal ek met 'n blik 355 ook probeer.

Andre
Moet net nie Lot 11 S355 koop nie - ek gooi 'n klip vinniger as wat daai kruit kan skiet! :laugh: :laugh:

Re: Hulp met 308 Win en 168gr Sierra Matchkings

Posted: Mon Jun 13, 2016 9:19 am
by MrFive
Hi Oom Marius,

Baie baie dankie vir jou hulp met my ladings

Hier onder is nou die 5 skoot groep met die spoed so tussen 2620-2630ft/s in my 308.

Natuurlik is ek baie gelukkig hiermee so ek se weer vir oom baaie baaie dankie.

Ek kon nie vir beter gevra het nie.