Page 1 of 1
9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Tue Jun 07, 2016 11:15 am
by JPL
Dagsê,
Ek is nie seker of ek hierdie nou op die regte 'groep' doen nie, so laat weet maar as ek verkeerd is. Of as daar reeds so 'topic' is.
Ek is opsoek na die lading vir 9mm S121 met 115gn Josyd Casted (daai lelike grys lood punte met die slootjie op die onderkant) punte.
As daar dalk iemand is wat met hulle herlaai, laat my asb weet man!
Groete,
JP
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Tue Sep 13, 2016 4:19 pm
by LongWolf
Ek sal bietjie kyk wat ek het en jou laat weet.
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Tue Sep 13, 2016 4:25 pm
by Plaashaas
Gaan jy weeg of die lee charge disk gebruik?
Ek gebruik die 3.4 disk van LEE. Ek gaan nie nou raai wat die gewig is nie.
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Tue Sep 13, 2016 5:05 pm
by Hein M.
JPL wrote:Dagsê,
Ek is nie seker of ek hierdie nou op die regte 'groep' doen nie, so laat weet maar as ek verkeerd is. Of as daar reeds so 'topic' is.
Ek is opsoek na die lading vir 9mm S121 met 115gn Josyd Casted (daai lelike grys lood punte met die slootjie op die onderkant) punte.
As daar dalk iemand is wat met hulle herlaai, laat my asb weet man!
Groete,
JP
Kyk ook op Somchem se blad.
http://www.somchemreload.com/
Daar stel hulle voor dat jy vir 115gr (roundnose) by 3.4 kan begin en maks. 4.6gr (plated) kan laai. Dit is omtrent 988vps - 1145vps) . Ek het destyds 4.2gr. S121 agter 'n 115gr. Jossyd gegooi en dit het mooi geloop in my ou Star Mod. 30 B.
Maak net die loop mooi skoon na die tyd. Dit is maar 'n gemors op sy beste, maar jy skiet goedkoop

Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Tue Sep 13, 2016 10:00 pm
by LongWolf
Jammer, my laaste batch is met MS 200 gelaai.
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Tue Sep 13, 2016 10:09 pm
by JPL
Naandsê,
Ek't by 3.2gr begin en 0.2gr op gegaan tot by 4.0gr. Niks het ge-cycle in my CZ 75P07 Duty nie, 4.0gr het dit vir die 1ste keer gewerk sonder probleme.
Toe besluit ek om 4.1gr te laai, werk goed nog geen storings gehad nie.....maar....daai storie skop soos n 375H&H!! Hy recoil so erg dat ek my grip na 3 skote weer moet posisioneer, hy skop homself uit my vrou se hande. My doppies val letterlik 7meter van my af...weg in die gras!
iPhone slow-motion video wys die blou rook wat die S121 veroorsaak!
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Wed Sep 14, 2016 8:47 am
by LongWolf
JPL wrote:Naandsê,
Ek't by 3.2gr begin en 0.2gr op gegaan tot by 4.0gr. Niks het ge-cycle in my CZ 75P07 Duty nie, 4.0gr het dit vir die 1ste keer gewerk sonder probleme.
Toe besluit ek om 4.1gr te laai, werk goed nog geen storings gehad nie.....maar....daai storie skop soos n 375H&H!! Hy recoil so erg dat ek my grip na 3 skote weer moet posisioneer, hy skop homself uit my vrou se hande. My doppies val letterlik 7meter van my af...weg in die gras!
iPhone slow-motion video wys die blou rook wat die S121 veroorsaak!
Nee, jys n yster as jy nog so laai en skiet, ek sal nie.
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Wed Sep 14, 2016 7:10 pm
by gbvl
Watter fabrieks ammunisie het jy al geskiet en werk dit reg?
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Wed Sep 14, 2016 10:16 pm
by Hein M.
JPL wrote:
iPhone slow-motion video wys die blou rook wat die S121 veroorsaak!
As jy met cast koeëls (soos Jossyd) skiet, is die blou rook wat jy sien, as gevolg van die loodwrywing in die loop en nie die kruit se ontbranding nie. Pistole se kamers, net soos gewere s'n, verskil ook en joune verkies dus beslis 'n laer lading.
Terloops - jy sal 'n blou rook altyd met 'n cast koeël waarneem. Daardie is deel van die oefening. Dit is hoekom hierdie tipe patrone nie by binneshuise skietbane toegelaat word nie, want daardie "rook" is looddampe wat dodelik kan wees met inaseming...
Groetnis!
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Wed Sep 14, 2016 10:17 pm
by Hein M.
LongWolf wrote:JPL wrote:Naandsê,
Ek't by 3.2gr begin en 0.2gr op gegaan tot by 4.0gr. Niks het ge-cycle in my CZ 75P07 Duty nie, 4.0gr het dit vir die 1ste keer gewerk sonder probleme.
Toe besluit ek om 4.1gr te laai, werk goed nog geen storings gehad nie.....maar....daai storie skop soos n 375H&H!! Hy recoil so erg dat ek my grip na 3 skote weer moet posisioneer, hy skop homself uit my vrou se hande. My doppies val letterlik 7meter van my af...weg in die gras!
iPhone slow-motion video wys die blou rook wat die S121 veroorsaak!
Nee, jys n yster as jy nog so laai en skiet, ek sal nie.
Stem 100% saam!
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Wed Sep 14, 2016 10:39 pm
by JPL
So wat sê julle nou eintlik? Wat moet ek doen / nie doen nie?
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Wed Sep 14, 2016 10:55 pm
by Hein M.
JPL wrote:So wat sê julle nou eintlik? Wat moet ek doen / nie doen nie?
Begin by die
beginlading (wat ek hierbo voorgestel het) en werk dit met inkremente van .3gr op (3 patrone) en kyk wat werk vir jou pistool, met die 115gr Jossyd koeël, die beste. Met watter lading "cycle" jou pistool en kry jy -
vanaf 'n rus - die beste groeppering op 10m.
Sterkte!
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Thu Sep 15, 2016 7:22 am
by LongWolf
Hein M. wrote:JPL wrote:So wat sê julle nou eintlik? Wat moet ek doen / nie doen nie?
Begin by die
beginlading (wat ek hierbo voorgestel het) en werk dit met inkremente van .3gr op (3 patrone) en kyk wat werk vir jou pistool, met die 115gr Jossyd koeël, die beste. Met watter lading "cycle" jou pistool en kry jy -
vanaf 'n rus - die beste groeppering op 10m.
Sterkte!
+1
Jy kan ook ander kruit toets.
Wat jy daarbo beskryf se vir my op een of ander stadium gaan daar groot fout kom.
Dit klink of jou lading tans "warm++++" is
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Thu Sep 15, 2016 7:34 am
by JPL
Ek het dan reeds by 3.2gr begin en niks het gecycle nie, by 4gr het dit eers gecycle. Voor ek begin herlaai het, het ek S&B en Magtech geskiet sonder issues.
Vriend van my skiet met sy P07 Duty 4.1gr MS200.
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Thu Sep 15, 2016 7:38 am
by Hein M.
Ek skiet ook deesdae net met MS200 en CMJ's in my Glock - hoewel daar nie fout is met MP200 of met 121 nie...
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Thu Sep 15, 2016 8:35 am
by gbvl
As jy op die regte plekke koop kan jy Frontier CMJ (copper plated) vir onder R1 stuk kry. Werk mooi en baie minder hassles.
Vinnige toets om te kyk of jy reg laai is om die loop uit pistool te haal en paar rondtes in die kamer te toets. Moet los inval en uitval as jy omkeer. Gebruik fabrieks rondte as verwysing.
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Thu Sep 15, 2016 11:39 am
by Eduard Venter
gbvl wrote:As jy op die regte plekke koop kan jy Frontier CMJ (copper plated) vir onder R1 stuk kry. Werk mooi en baie minder hassles.
Het laasweek R770 vir 1000 betaal by Hailstorm in Lynnwood. Dit is 124gr met die ronde neus.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: 9mm Lading S121 met 115gn Josyd Casted Punte
Posted: Thu Sep 15, 2016 3:53 pm
by LongWolf
N vraag:
Krimp jy en as jy doen, hoeveel krimp sit jy op.
Krimp het n groot invloed op jou druk.