Page 1 of 1

Prado 120 ?

Posted: Mon Jun 06, 2016 2:35 pm
by vossie1
Ek het so paar maande terug vir die gesin vir naweeke en vakansies so n 2005 VX 4L Prado gekoop die wa het maar 125000km op en is absoluut spotless met vol diens geskiedenis. Hy is wit met room kleur leer bekleedsel, ek het so R220000 vir hom betaal en ek persoonlik dink daar is maar min karre wat soveel bied in daai prysklas. Die kar is n absoluute droom om te ry hy is wel swaar op brandstof maar hy gaan maar so 12000km n jaar doen. Ek het hom al gery dat ek so 7,2km/l kry en hy het oorgenoeg krag,wie het so n voertuig en wat dink julle? Ek het in n 2011 fortuner gery en kan eerlik se dat daar nie regtig n vergelyking is nie die Prado is baie sagter en voel meer solied. Ek wou nie die Fortuner roete gaan nie juis omdat die vrou hom sou gebruik en hulle hijack en steel die goed baie erg.

Re: Prado 120 ?

Posted: Mon Jun 06, 2016 3:44 pm
by Apie
Puik voertuig.

Min km's vir daai jaar model ook!

As daar iets is wat pla is dit wanneer jy met cruise control aanry rat hy altyd 2 ratte terug teen enigeiets wat soos n bult lyk.

Geniet hom!

Re: Prado 120 ?

Posted: Mon Jun 06, 2016 4:03 pm
by vossie1
Ja dit is bietjie iriteerend maar onder normale omstandighede is daai ratkas seepglad

Re: Prado 120 ?

Posted: Mon Jun 06, 2016 10:23 pm
by JJV
Ek het een gery vir so 4 jaar, nie dag se probleme gehad nie, myne EFS suspensie laat opsit want hy was bietjie laag met vier mense en hul goed. Mis hom maar ek mis nie die brandstof verbruik nie. Ek is met myne standaard sonder probleme oor Van Zyls pas in Nam.//uploads.tapatalk-cdn.com/20160606/c4559fe0678b126b28032e183b16873d.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Prado 120 ?

Posted: Mon Jul 11, 2016 9:02 am
by Jan-Hendrik
Ek dink nie daar is enigeiets in daardie prysklas wat gaan bied wat daardie voertuig jou bied nie, en boonop is dit n verskriklike mooi en timeless shape

Sent from my Vodafone Smart Tab 3G using Tapatalk

Re: Prado 120 ?

Posted: Mon Jul 11, 2016 9:42 am
by PWV
Beaam almal se lofsange oor die Prado, behalwe die brandstofverbruik. Het vir my te duur geword sodat ek later net in hom kon sit en radio luister.

Re: Prado 120 ?

Posted: Mon Jul 11, 2016 9:05 pm
by Willem Grobler
Tussen 160-180k km vervang jy die waterpomp. Ongeag. So ver my kennis strek is dit d enigste potensiele probleem... Myne is n 2006 met 167 000 absoluut foutlose kilos op. Myne word slegs as n "padkar" gebruik maar ek het tog lugsakke agter ingesit. Dit werk baie goed. Selfs al gaan jy "offroad" kan jy dit eers probeer voor jy duur suspensie insit.