Page 1 of 1
Browning Citori B525
Posted: Mon Jun 06, 2016 11:53 am
by Forester
Goeie dag almal,
Soos baie mense sit ek op twee stoele tussen die Beretta SP en bogenoemde Browning Citori. Is daar moontlik enige iemand in die Kaap wat wel so haelgeweer het en dalk bereid sal wees dat ek 'n skoot of 2 met hom skiet (ek sal my eie patrone bring) net om te kan voel hoe hy pas? Ek het al 'n kans gekry om met die Beretta te skiet en hy is bietjie kort vir my. Enige ander raad sal ook waardeer word!
Groete
Wynand
Re: Browning Citori B525
Posted: Mon Jun 06, 2016 5:56 pm
by Johan van Wyk
Koop die Browning. Eenvoudigste raad wat ek jou kan gee. My 525 het duisende skote op die klok en die enigste probleem tot dusver is 'n paar krappe op die hout wat my pla.
Die Beretta is 'n goeie geweer maar die Browning se balans en kolfdimensies is met deesdae se gewere die Beretta se meerdere.
Re: Browning Citori B525
Posted: Mon Jun 06, 2016 6:21 pm
by blaser
nee wat die beretta is baie beter en onderdele is beskikbaar die italianers bou die beste haelgewere in die wereld
Re: Browning Citori B525
Posted: Mon Jun 06, 2016 7:39 pm
by Supacow
Ek dink die langermanne sal die brownings like en ons kortgatte die berettas.
Re: Browning Citori B525
Posted: Mon Jun 06, 2016 9:02 pm
by BeesBreet
Ek is n lang ou en het die berreta gevat... Hy was daai tyd op special...
Ek geniet hom...
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 5:45 am
by obasch
blaser wrote:nee wat die beretta is baie beter en onderdele is beskikbaar die italianers bou die beste haelgewere in die wereld
Browning het nie onderdele nodig nie, hulle breek nie!

Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 7:02 am
by blaser
wonder dan hoekom ek weet van 2 ouens wat hulle dood sukkel om parte vir hulle brounings te kry
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 7:19 am
by BeesBreet
Ons hoef op hierdie topic regtig nie te stray nie, my mening is dat hul altwee grênd scatter pipes is!
Op n ernstige noot, Ek sou liewer die berreta in field wou vat oor die sporter wat Ek het...
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 7:21 am
by Forester
Hoekom eerder die field? Ek kyk juis na 30" sporters...
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 7:35 am
by Boersonderroer
Jy kan seker solank in die geweer winkel een "fit" om te sien hoe hy pas? Indien dit voel of hy glad nie lekker sit nie hoef jy nie verder moeite te doen nie. Of gaan na die naaste kleiduif skiet klub. Een van my mede skuts by my klub het 'n Browning (weet nie watter model nie) wat te kort vir my gesit het maar die Beretta SP het weer baie beter gepas. Ek is 6'3" en 'n Aya het vir my die lekkerste ooit gepas.
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 7:46 am
by Forester
Ek het hom reeds in die winkel gepas en hulle vergelyk. Alles dui daarop dat ek met die Browning moet gaan, maar sou hom net eenkeer graag wou toets voor mens die "sneller trek"... Die LOP is 0.25" langer, bietjie swaarder en drop is bietjie meer.
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 8:55 am
by Johan van Wyk
blaser wrote:wonder dan hoekom ek weet van 2 ouens wat hulle dood sukkel om parte vir hulle brounings te kry
Dalk oor hulle op soek is na "brouning" parte. My vriende is gelukkig slimmer as dit.
Soos Oscar opgemerk het, Brownings breek nie regtig nie.
Daarenteen weet ek tans van drie stukkende Beretta Silver Pigeons waarvoor die agente nie parte kan kry nie. Al drie het probleme met die boonste loop se ejector en sukkel om toe te bly. Nogal lastig as mens na iets wil skiet.
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 9:27 am
by gillie
My 2 cent... Ek het beide, alhoewel die beretta in 12 boor is en die ou S56E is, hy is in 1975 gekoop ek dink, nuut, tot vandag toe geen probleem nie, al wat sukkel is partykeer as dit koud is, is die een ejector beitjie "sticky", hy kort n goeie skoonmaak. Die geweer is baie gebruik op wilde makoue teenaan Baberspan, so hy het gewerk ! Edit - As dit nie was dat die geweer aan my pa behoort het nie, het ek hom al verkoop en vir my n browning 12 boor gekoop.
Ek het die 20boor citori 525 nuut gekoop, lieflike geweertjie, nog nie naastenby so baie skote soos die beretta geskiet nie, so moeilik om die twee se durability te vergelyk.
As ek oor moes begin en van voor af nuut moes koop, either 12 of 20 boor, sal ek die Browning vat, geen spesifieke rede hoekom die een bo die ander nie, ek hou net meer van die Browning, so ja dit gaan als oor persoonlike keuse.
Ek is lank, 6'4'', die 12 boor moes ek laat langer maak, die 20boor skop minder en sien nie die doel daaraan om hom langer te laat maak nie, veral as die kinders een van die dae met hom gaan begin skiet.
As jy of die beretta of Browning gaan koop, ek dink nie jy sal spyt wees oor enige een van die twee nie.
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 9:43 am
by obasch
obasch wrote:blaser wrote:nee wat die beretta is baie beter en onderdele is beskikbaar die italianers bou die beste haelgewere in die wereld
Browning het nie onderdele nodig nie, hulle breek nie!

Hierdie was tong in die kies gesê en nie om enige geweer te "knock" nie. Nie nodig dat enigeen moeilik raak oor sy gunsteling nie.
My 20Br 525 Sporter 30" het ek laat invoer omdat ek 'n linker kolf wou hê en sou waarskynlik net so gelukkig gewees het met 'n Beretta met linker kolf. Dan moet ek bysê dat die smaller rib van die 525 Hunter my keuse vandag sal wees. Maar ek moet ook bieg dat my gunsteling tans 'n Winchester SX3 20Br met 28" loop is.
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 1:18 pm
by BeesBreet
Forester wrote:Hoekom eerder die field? Ek kyk juis na 30" sporters...
Omdat Ek meer jag as wat Ek sport skiet, en dit is van gaanse tot duiwe, so Ek sal korter en ligter met die smaller rib verkies. Kan hom makliker rond swaai en vinniger op die teiken kom en dan deur volg... Dit is wat Ek dink
Re: Browning Citori B525
Posted: Tue Jun 07, 2016 2:12 pm
by obasch
BeesBreet wrote:Forester wrote:Hoekom eerder die field? Ek kyk juis na 30" sporters...
Omdat Ek meer jag as wat Ek sport skiet, en dit is van gaanse tot duiwe, so Ek sal korter en ligter met die smaller rib verkies. Kan hom makliker rond swaai en vinniger op die teiken kom en dan deur volg... Dit is wat Ek dink
Dis wat mens se verstand vir jou sê maar dit werk nie so nie hoor.
Ek het begin met 'n 32" SxS en toe hy ondiensbaar raak oorgeskakel na 'n 26" SxS maar sy hantering was maar net nie dieselfde nie. Selfs nie 'n 28" O/U hanteer vir my lekker nie. Toe die 525 30" gekry en dit hanteer weer na aan wat ek gewoond was met die 32". As dit beskikbaar was sou ek 32" gegaan het.
Gebruik ook hoofsaaklik vir jag eerder as kleie en glo my 'n langer loop is geensins 'n negatief nie. Meeste jagte is op tarentale (walk-ups) in bosveld omstandighede en genoeg duiwe en watervoëls, uit 'n skuiling uit. Selfs op die Skeet baan, Compac en Sporting hanteer die 30" O/U en 28" semi-outo gemaklik genoeg om skaflike tellings te skiet..