Page 1 of 1
Nuwe lid.
Posted: Fri Jun 03, 2016 11:34 am
by Joubert778
Hallo almal. My naam is Francois. Ek is redelik nuut. Mal oor gewere, asook jag. Ek jag al saam my pa en oupagrootjie vandat ek n klein "tjokkertjie" is. Besit self nie op die oomblik n geweer nie maar ek is van plan om binnekort my versameling te begin. Ek deel saam my broer n 30-06, en jag al van kleins af met my pa se .375 H&H, .22Lr asook my oupa grootjie se gewere.
Re: Nuwe lid.
Posted: Fri Jun 03, 2016 11:40 am
by Philip J
Baie welkom Francois. Wat is die beplanning vir daai eerste roer?
Re: Nuwe lid.
Posted: Fri Jun 03, 2016 11:42 am
by Joubert778
Ek kyk nou tussen n .308 win en n 25-06. Gesien Camdix het n goeie special aan. Was van plan om n 2de handse een te koop met al die extras, maar ek kon nie een kry na my wense nie.
Re: Nuwe lid.
Posted: Fri Jun 03, 2016 11:44 am
by Philip J
Hehehe. Dis 'n lekker probleem om te hê. Sterkte met die besluit.
Re: Nuwe lid.
Posted: Fri Jun 03, 2016 5:47 pm
by Eduard Venter
Welkom Francois. Hier sal jy lekker leesstof kry.
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: Nuwe lid.
Posted: Sat Jun 04, 2016 10:31 am
by tripodmvr
Joubert778 wrote:Ek kyk nou tussen n .308 win en n 25-06. Gesien Camdix het n goeie special aan. Was van plan om n 2de handse een te koop met al die extras, maar ek kon nie een kry na my wense nie.
Baie welkom. Ek wil met jou kop smous en die 6,5mm voorstel as aanvulling vir 'n .30 maat. Dit is 'n Baie beter jaggeweer (koeëls vanaf 80-160gr) en hulle is vandag baie meer verkrygbaar as die .257 komponente.