Page 1 of 1
Items in bring van Amerika
Posted: Fri Jun 03, 2016 8:18 am
by Boersonderroer
Ek benodig bietjie advise ivm items wat ek van Amerika af wil in bring. Ek het 'n vriend wat elke 2de jaar Amerika toe gaan en altyd vir my paar goedtjies saam bring. Ek het met die soek funksie uit gevind dat ek maar moet weg bly van telescope en doppe. Hierdie items is goed wat ek nie plaaslik kan kry nie dit gaan nie so seer oor die prys nie maar meer oor beskikbaarheid. Ek het by 3 wapen winkels gevra om vir my te bestel maar nou ja na 2 jaar se wag en geen terug voer het ek nie ander keuse nie. Ek soek silwer teleskoop ringe en bassisse en magasyn onderstuk. Ek het op volgende
https://www.bis.doc.gov/index.php/polic ... e/firearms af gekom en dit is as EAR99 geklassifiseer. Volgens
https://www.bis.doc.gov/index.php/licen ... umber-eccn behoort daar nie 'n problem te wees nie. Ek wil net nie he my vriend moet in die moeilikheid kom nie. As daar enige iemand al sulke items in gebring het met of sonder probleme hoor ek graag. Ek sal ook graag wil weet van matryse (dies) en koeels. Ek sukkel om by amerikaanse website duidelike antwoorde te kry van meeste van die items. En laastens of dit beter is om die goed in hand bagasie of ingehandige bagasie te plaas.
Dankie byvoorbaat
Re: Items in bring van Amerika
Posted: Fri Jun 03, 2016 8:51 am
by Dawie Malan
Hallo Boersonderroer
Sekere items mag jy geensins inbring van Amerika sonder 'n permit nie. Die aansoek vir die permit is tydsaam en moet per geregistreerde pos na Amerika gestuur word. Jy mag byvoorbeeld geen koeëlpunte, parte van semi outo's, geen nagsig, parte van sniper rifles inbring sonder so 'n lisensie nie. Gaan na Cabelas se website. Hulle het gewoonlik die voorwaardes onder hulle verskepingsafdeling.
Maak seker want jy kan jou pél in groot sop laat beland.
Groete
Dawie
Re: Items in bring van Amerika
Posted: Fri Jun 03, 2016 9:40 am
by Chris Swart
Cabellas sal items wat nie onder die uitvoer verbod val nie, vir jou courier.
Dit is wel duur, ,aar soos jy sê, die beskikbaarheid is belangriker as die koste.
Re: Items in bring van Amerika
Posted: Fri Jun 03, 2016 8:48 pm
by JPS
Cabelas stuur nie eers swiwel sling studs vir jou nie want dit is ook geklasifiseer as ongeoorloofde produkte.
Jy kan baie min goed van hulle afkry SA toe teleskoop ringe word nie gestuur deur hulle nie. Ook nie deur brownels of enige ander site sk der die nodige permitte nie.
Groete
Re: Items in bring van Amerika
Posted: Fri Jun 03, 2016 11:13 pm
by Boersonderroer
Dankie tot dusver maar let daarop dat die items nie van brownells na my in SA gestuur gaan word nie maar na n adres in amerika. My vriend kry dit Dan by sy dogter. Meeste v d items is nie op hulle probleem lys nie. Ek is net nie seker oor alles nie.
From a Experia far away
Re: Items in bring van Amerika
Posted: Sat Jun 04, 2016 8:35 am
by Hein22
Weet van manne wat al verskeie telleskope en self 'n crossbow gekoop het en net so op die vliegtuig terug gebring het. Dit kan gedoen word maar bly seker maar 'n kaans wat jy vat, jy is dalk net die wenner waar hulle jou items konfiskeer.