Page 1 of 1
Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Thu Jun 02, 2016 6:57 pm
by Philip J
Hallo almal.
Ek wil sommer net my teleurstelling met julle deel.
Ek het vandag my nuwe Winchester doppe vir die 223 gekry en soos dit mos nou maar gaan, moes ek hulle net eers "necksize", net om solank iets te doen.
Uit die 100 doppe, kry ek toe dié een!
Nou wonder ek maar net, is dit die rede hoekom die Winchester doppe soveel goedkoper as ander fabrikate is?
Wie skiet nog Winchester doppe in hulle 223's?
Het een van julle al so iets teë gekom?
Moet mens maar net aanvaar dat dit gebeur?
Selfs die tyd toe ek net PMP doppe kon koop vir my 6mm Musgrave, het ek nooit so iets gesien nie. Ook nie tussen die PMP's vir my 303 nie.
Dankie dat ek so bietjie kon sanik. Voel nou sommer beter.
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Thu Jun 02, 2016 7:08 pm
by Armand Steenkamp
Philip, ek dink jys gelukkig, ekt in 50 doppe ook een gekry wat se nek gekraak het.
Groetnis
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Thu Jun 02, 2016 8:37 pm
by Frikkie Coetzee
Ek skiet winchester in my 223. Het dit ook al gekry.
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Thu Jun 02, 2016 8:56 pm
by GERT vd M
Stuur vir Winchester n e-pos met foto met n beskrywing van jou ontevredenheid en dan wag jy maar om te hoor van hulle kliente diens
Groetnis
Gert
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Thu Jun 02, 2016 9:04 pm
by tripodmvr
Ek het voorheen ook al oor die swak Winchester doppe gekla. Selfs in Australie is daar ook groot hoeveelhede gekry wat nie bruikbaar was nie. Selfs so veel as 10 uit 'n pak van 50. Vir my 223 het ek Sako doppe bymekaar gemaak en is baie gelukkig met hul kwaliteit.
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Thu Jun 02, 2016 9:30 pm
by ruaanb
Het uit 100 300wsm doppe nie een dop met n probleem gekry nie. Dink ek was net gelukkig.
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Thu Jun 02, 2016 9:50 pm
by Smit@50
Ek het n 300 wm Norma dop gekry wat ook baie sleg was. Vir hulle n.mail gestuur met die fotos. Hulle het geantwoord en gaan nou vir my n nuwe pak stuur
20160425_174019.jpg
Sent from my SM-N910C using Tapatalk
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Thu Jun 02, 2016 11:43 pm
by Johnnie De Wet
Ek het al twee gekraakte nekke in n nuwe pak van 50 gekry.
Sent from my Cats Arse
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Fri Jun 03, 2016 7:27 am
by sako 30-06
Ek het 100 Winchester(30-06) doppe, geen probleme.
Dieselfde met die .243, uit 100 doppe geen probleme nie.
Maar ek het ook 100 .243 Lapua doppe gekoop en ek kon hulle sommer uit die pak uit laai sonders enige voorbereiding.
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Fri Jun 03, 2016 7:37 am
by toelie
Het ook so een gagga dop in n nuwe pak win doppe vir die 22 - 250 nou gekry. Het altyd win doppe op my 223 geskiet en het hulle tot soveel as 24 keer per dop al herlaai. As jy die prys in ag neem teenoor ander maak doppe kan mens sekerlik nie kla oor die een of 2 doppe wat sleg en ongebruiklik is nie. Het nou alweer 12 keer per dop herlaai op die 22-250 en nog nie een dop wat kraak of niks nie, so vir die prys vir n pak kan ek nie kla oor een dop wat ek weg gegooi het nie. Ps - het al seker 10 verloor van die nuwe pak op jak jagte so eks meer negatief oor dit as wat ek oor die een is wat in die vulles drom beland het.
Groete
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Fri Jun 03, 2016 7:54 am
by Askari
Ek het so tydjie gelede 2 pakke van 50 nat nuwe Winchester doppe gekry by 'n vriend wat sy 308 verkoop het. My Hornady doppe was al 13 keer gelaai sonder enige probleme (ek anneal na elke 3e skoot) en ek besluit toe om my ou doppe te hou vir die baan en die nuwes vir jag (43.0gr S335, 155gr Berger VLD Hunting, 2760 vt/s). Met die Winchesters kry ek so dan en wan 'n skoot wat sy eie kop volg, maar het dit maar toegeskryf aan die moer agter die roer. Ek het egter die laaste paar maande al 4 doppe weggegooi uit die 50 wat ek laai oor primers wat letterlik uitval na slegs 3 of 4 herlaaie. Dit wil vir my voorkom of die Winchester doppe se primer pockets baie maklik rek.
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Fri Jun 03, 2016 7:55 am
by Askari
Ek het toe maar eerder Lapuas gaan koop
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Fri Jun 03, 2016 7:56 am
by Supacow
My beste is 3 pruldoppe in n 50 pak
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Fri Jun 03, 2016 8:22 am
by tripodmvr
Ek sou vra vir inspeksie by aankoop om dan die pruldoppe te verminder. Doppryse is nie meer 'n grap nie.
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Fri Jun 03, 2016 10:19 am
by Philip J
toelie wrote:Het ook so een gagga dop in n nuwe pak win doppe vir die 22 - 250 nou gekry. Het altyd win doppe op my 223 geskiet en het hulle tot soveel as 24 keer per dop al herlaai. As jy die prys in ag neem teenoor ander maak doppe kan mens sekerlik nie kla oor die een of 2 doppe wat sleg en ongebruiklik is nie. Het nou alweer 12 keer per dop herlaai op die 22-250 en nog nie een dop wat kraak of niks nie, so vir die prys vir n pak kan ek nie kla oor een dop wat ek weg gegooi het nie. Ps - het al seker 10 verloor van die nuwe pak op jak jagte so eks meer negatief oor dit as wat ek oor die een is wat in die vulles drom beland het.
Groete
Ek hoor jou! Vandag voel ek ook nogal so. Gegewe die prysverskil tussen die Winchesters en ander fabrikate, is een dop uit 100 virseker nie so baie om op te offer nie.
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Fri Jun 03, 2016 1:38 pm
by Vlakvark Soldaat
Smit@50, ek het presies dieselfde gehad met my .25-06 se Norma doppe, ook net die een. Niemand in RSA kan (is eintlik bereid) om my te help nie...
Re: Winchester doppe - Kwaliteitsbeheer?
Posted: Fri Jun 03, 2016 3:17 pm
by Umshwati Boy
Ek dink dit maak nie saak nie wie die doppe maak, sulke dinge gebeur. As dit goedkoop Winchesters is, dan is dit seker nie te erg nie.
Ek gebruik/het gebruik:
Winchester in my 243 Win, 270 Win en 300 Win Mag - Nooit 'n Probleem
Norma in my 243 Win en 416 Rem Mag - Nooit 'n Probleem
Hornady in my 416 Rem Mag - 1 uit 100 moes ek weggooi.
Remington in my 375 H&H - te minste 2 uit 50 tot 5 uit 50 moes ek weggooi van 5x50 Pakkies. Hulle was 'n goeie prys teen Norma ensv, so ek het maar vir myself gese dit is seker hoe dit gaan.
Bertram in my 450/400 NE 3" - Ek sal nooit weer die Doppe koop nie. 2 Doppe wou nie eers in die Shell Holder pas nie en 2 was soos die Eerste Foto op die draad. Teen R60/Dop is dit vir my 'n bietjie baie duur. 4 uit 60 moes ek dus weggooi.