Page 1 of 1

Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 9:36 am
by Sangoma (IAN)
My gat jeuk vir so outjie... ++>:

Wie hier ry een? Vertel my bietjie meer asb?

Watse realistiese petrol verbruik kry julle? Ek ry met n maatskappy petrol kaart rond, so is darem nie te veel bekommerd oor die petrol nie.
Enige probleme wat hulle gee?

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 9:57 am
by JacquesT (Stompe)
Hi Ian,

Ek en my broer ry elkeen 'n FJ en sal hul verruil vir niks.

My gemiddelde brandstof verbruik is 12.64L/100km volgens my log boek. As ek my boswa sleep kry ek so tussen 5-6km/L. Die enigste problem wat ek met hom het is hoe daai V6 begin sing as ek my voet neer sit en dit te lekker is om op te hou. Die eerste maand was my petrol verbruik meer in die omgewing van 15L/100km, maar mens kom ook oor dit.

Sy been spasie op die agterste sitplekke is wel baie min, veral as ek (1.9m lank) my sitplek terug skuif. Ek het net 'n vrou en nie kinders nie, en het nie die kar gekoop vir my passesiers se genot nie.

Soos my broer vir my gesĂȘ het, DEAL.

Groete

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 10:25 am
by Capt. Yoda
Ek sal ook nie somer 2 keer dink om so FJ te koop nie.

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 10:41 am
by Ben
Ek dink hulle is baie "under rated" Hulle verbruik is nie so erg nie en hulle is baie capable van die pad af!
In wit of desert beigh......

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 10:46 am
by Capt. Yoda
Ben wrote: In wit of desert beigh......

Is mos hoe Sangoma oor sy "partners" ook voel

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 11:58 am
by Sangoma (IAN)
whahahaha, net so!

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 12:06 pm
by Stefan764
Ek gaan nog so ding koop...

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 12:17 pm
by Wouter Roets
Stefan764 wrote:Ek gaan nog so ding koop...
Hoekom?

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 12:41 pm
by Stefan764
Want ek wil van die een duin na die volgende duin spring in die Namib woestyn

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 2:29 pm
by Wouter Roets
Oo, ok.

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 3:54 pm
by Chevvy SS
Stefan764 wrote:Want ek wil van die een duin na die volgende duin spring in die Namib woestyn
Kry een. 'n Land Cruiser is mos 'n verkenningsvoertuig- hy kry net sy neus ooor die duin, dan moet hy terugstoot.

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 7:38 pm
by JK
As jy normaal weg kry jy so 8km/l. Hy klim uit waar min ander karre kom, en hy ry lekker gemaklik. En het krag om vinnig by n lorrie verby te kom. Ek gebruik hom om mee rond te ry vir werk, so hier en daar ook 4x4 , of dalk n duin of twee so af en toe. Dalk nie die ideale familie kar nie, weens daai agter verkeerdom deure.

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon May 30, 2016 9:11 pm
by Flip Nel
Ek sien niemand noem dit nie maar as hy 'n harde stamp van voor af kry "lock daai deure en kan nie oop nie, 'n jaar of twee terug het mense verbrand oor hulle nie uit kon kom nie. Hy kan alles wees maar ek wil hom nie he nie.

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon Jun 06, 2016 1:02 pm
by Springkudu
Gaan kyk bietjie op http://www.landcruiserclub.co.za, daar is baie info oor die FJ, daar is ook 'n spesifieke plek op die forum waar die manne hulle FJ's "custom", so daar kan jy ook sien wat vir jou sal werk en wat nie. Jy sal ongelukkig moet aansluit maar dit vat net 'n paar minute.

Ek is maar 'n Mazda/Ford man ++>: ++>: :o :o

Geniet!!

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon Jun 06, 2016 2:19 pm
by Frikadel
Die FJ se grootste probleem is dat hy nie uitkom met n 3.0 D4D enjin nie??

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Mon Jun 06, 2016 4:15 pm
by Jaco V
Ek het die oorspronklike Desert Cruiser, dit was so Special Vehicle Program wat in 2011 gerun het, al wat dit beteken is dat ek 2 spots voor op die bumper het, leer sitplekke, paar "desert" decals en Beige van kleur.

Ek besit myne van 17000km af, hy het nou 161000km op. Hy het my nog nooit teleur gestel in werk verrigting of uithou vermoe nie.
My petrol verbruik is ook so tussen 12.5-13l/100km.
Dienste is billik geprys, ek gee net my eie olie, het oorgeslaan vol sinteties toe want ek wil hom nog laaaaank ry. Ek moet bieg ek dink die diens intervalle kon maar 20000km gewees het, my olie het nog skaars caramel kleur teen die tyd dat ek moet ruil.
Ek bly in Roodepoort en werk in Brits, 74km een rigting elke dag, glo my as ek se hy ry gemaklik en het genoeg krag. Die daily commute sluit so 5km grondpad in, dan haak ek 3de op die auto ratkas en sluit 4x4 HR. Gee ongelooflik baie beheer en gevoel van vasvoetigheid.

Grootste issue was die klein petrol tenk op die ouer modelle maar ek het ekstra 100l tenk laat inbou, nou is my range so 1200-1300km op een tenk.
Sal ek hom weer koop, defnitief!!!
Dit is wel NIE 'n voertuig wat jy wil ry as jy baba stoeltjies moet laai of 2-3 jong tieners het nie.
Maak ook seker jou bybetaling op windskerms is bekostigbaar, ek is nou op my 4de een. Die laaste een was so week terug geinstalleer, R17822. Die regop windskerm tel maklik krakies en sterretjies op.
Ook nie almal kan hom suksesvol fit nie, en dan is BAIE wind geraas jou voorland, so wees maar bedag op wie hom installeer. PG in Brits is sover my verkose installeerder, geen issues.

Re: Wie ry FJ Cruiser?

Posted: Tue Jun 07, 2016 8:20 am
by Stefan764
Jaco V wrote:Ek het die oorspronklike Desert Cruiser, dit was so Special Vehicle Program wat in 2011 gerun het, al wat dit beteken is dat ek 2 spots voor op die bumper het, leer sitplekke, paar "desert" decals en Beige van kleur.

Ek besit myne van 17000km af, hy het nou 161000km op. Hy het my nog nooit teleur gestel in werk verrigting of uithou vermoe nie.
My petrol verbruik is ook so tussen 12.5-13l/100km.
Dienste is billik geprys, ek gee net my eie olie, het oorgeslaan vol sinteties toe want ek wil hom nog laaaaank ry. Ek moet bieg ek dink die diens intervalle kon maar 20000km gewees het, my olie het nog skaars caramel kleur teen die tyd dat ek moet ruil.
Ek bly in Roodepoort en werk in Brits, 74km een rigting elke dag, glo my as ek se hy ry gemaklik en het genoeg krag. Die daily commute sluit so 5km grondpad in, dan haak ek 3de op die auto ratkas en sluit 4x4 HR. Gee ongelooflik baie beheer en gevoel van vasvoetigheid.

Grootste issue was die klein petrol tenk op die ouer modelle maar ek het ekstra 100l tenk laat inbou, nou is my range so 1200-1300km op een tenk.
Sal ek hom weer koop, defnitief!!!
Dit is wel NIE 'n voertuig wat jy wil ry as jy baba stoeltjies moet laai of 2-3 jong tieners het nie.
Maak ook seker jou bybetaling op windskerms is bekostigbaar, ek is nou op my 4de een. Die laaste een was so week terug geinstalleer, R17822. Die regop windskerm tel maklik krakies en sterretjies op.
Ook nie almal kan hom suksesvol fit nie, en dan is BAIE wind geraas jou voorland, so wees maar bedag op wie hom installeer. PG in Brits is sover my verkose installeerder, geen issues.
Ek mis dit van die forum, antwoorde soos die...

Dankie Jaco.

Toyota Land Cruiser groete...Stefan