Page 1 of 1

Opsoek vir BarnesX 375 300g TSX punte - wie kan help?

Posted: Fri May 27, 2016 1:10 pm
by ThinusD
Dagse Maats

EK is huidiglik opsoek na 375 BarnesX TSX 300g punte vir my Pa. My ou kerel is nou besig om alles reg te kry vir sy trofee Eland Bul en so hardloop n man nou uit punte uit.

Hy het nou na twee verskillende Jag winkels gery waar die prys per box sommer met R300 verskil. Ek vind ons "Local" Jag winkels is besig om die mark op n verkeerde manier seer te maak as dit jou sak raak.

Kan enige iemand dalk help met BarnesX punte wat my Pa by julle kan oor neem wat dalk nie gebruik word nie. Ons is sekerlik bereid om te betaal. LOL

Dankie maats

Groete

Re: Opsoek vir BarnesX 375 300g TSX punte - wie kan help?

Posted: Fri May 27, 2016 1:52 pm
by tripodmvr
Pryse op Barnes is nou baie styf. Hoekom probeer julle nie 270 of 235gr nie. Heeltemal voldoende vir die eland en dan nog met platter trajek en minder terugslag.

Re: Opsoek vir BarnesX 375 300g TSX punte - wie kan help?

Posted: Mon May 30, 2016 8:34 am
by ThinusD
Hello Tripod

Jong my Pa is bang dit gan hom nie plat trek nie. Ek en jy weet dit sal. Hy is maar n moeilike ou baas. :laugh:

Ek sal hom wel jou voorstelling steeds weer noem en kyk wat hy se.
Baie dankie maat.

Re: Opsoek vir BarnesX 375 300g TSX punte - wie kan help?

Posted: Mon May 30, 2016 8:40 am
by tripodmvr
Om die bok dood te maak het jy 'n 375 gat of groter deur die organe nodig. Ek het al deur die lengte van 'n kudu geskiet met 235gr mono koeƫls. Dit is meer as genoeg om deur die borskas van selfs die grotste eland te skiet. Penetrasie is nooit 'n probleem met monos nie.