Page 1 of 1

Uithaal van binnegoed?

Posted: Tue Jul 05, 2011 8:40 pm
by Pvdw
Manne ek het so vragie rondom die uithaal van binne goed terwyl jy nog in die veld is.

Ek weet van die tegniek on dit te doen as die bok hang in die kamp maar het nog nooit gesien hoe dit gedoen word terwyl jy in die veld is nie.

Ek weet dit sal beter wees om dit te sien maar kan iemand my dalk net so gou vertel hoe dit gedoen word terwyl die dier op die grond l??

Wanneer sal julle aanbeveel om dit in die veld te doen en wanneer kan ek wag tot by die kamp?

Dankie

Peet

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Tue Jul 05, 2011 8:52 pm
by Hugo
Dis inteendeel baie maklik en kan vinnig gedoen word agv die pens wat nog nie opgeblaas het nie, sny van die geslagdeel oop tot by die bord been, trek die pens uit en sny die vliese wat die ingeswande/penss vas hou af en trek die pens uit, sny die dik derm waar hy na die anus toe gan af naby as moontlik aan die anus, trek dit ook kant toe en uit, pasop net die blaas asb, as hy skeur is da probleme, sny dan die sluk derm so ver moontlik na aan die hart long area af en jys gewax, jou bok verloor ook dan sommer 15-20% van sy geswig en is makliker om te laai en vervoer. Let we'll, die mag onsettend baie vliee lok en die bok moet vinnig by koelkamer kom.

Dalk doen ek dit verkeerd, iemand het dalk beter manier.

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Tue Jul 05, 2011 9:07 pm
by BLOUVALKIE
oom hugo

ons doen dit dieselfde manier en het nog nooit probleme gehad nie

party boere hou nie daarvan in die veld nie dan moet ons dit maar by die skuur of slagkamer doen

my pa s? as mens te lank wag dan kan jou vleis na pens mis ruik

groete

BLOUVALKIE

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Tue Jul 05, 2011 9:16 pm
by tripodmvr
As die pens nie stukkend geskiet is nie, sny die buikvel oop vanaf die bors tot agter by die bene. Nou kan die pens uitbult na buite as dit opblaas en die gas besoedel minder van die buikholte. As dit jou erns is maak soos hierbo en haal die binnegoed uit. Met radiokontak en vinnige afhaal van die wild werk die eerste metode baie goed. (Minder as uur vanaf dood na geslag)

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 10:08 am
by MJK
Hugo wrote: Dis inteendeel baie maklik en kan vinnig gedoen word agv die pens wat nog nie opgeblaas het nie, sny van die geslagdeel oop tot by die bord been, trek die pens uit en sny die vliese wat die ingeswande/penss vas hou af en trek die pens uit, sny die dik derm waar hy na die anus toe gan af naby as moontlik aan die anus, trek dit ook kant toe en uit, pasop net die blaas asb, as hy skeur is da probleme, sny dan die sluk derm so ver moontlik na aan die hart long area af en jys gewax, jou bok verloor ook dan sommer 15-20% van sy geswig en is makliker om te laai en vervoer. Let we'll, die mag onsettend baie vliee lok en die bok moet vinnig by koelkamer kom.

Dalk doen ek dit verkeerd, iemand het dalk beter manier.
Hugo nes jy daar se - ek wysig net effens

Breinskoot - kom so vinnig as moontlik by bok en sny nek slagare af - die hart klop nog gewoonlik en bloei dan pragtig uit
Laat die bok altyd op sy regtersy le - haal om een of ander rede makliker uit. haal derms en pens uit met hand.  Ek sny niks nie, te bang ek kry ongewensde sappe in karkas - ryg met hand sover as moontlik die laaste drolletjies terug in derm en trek met hand af. Sny die keel af en trek  die slukderm sover as moontlik ook uit deur die derm te vat aan bokant van maag en vaskop en trek... Werk baie maklik met klein bokkies maar kudu moet maar vasvat. Dit help baie dat geen maagsappe in karkas kom nie.  As nie uitgebloei is nie sny ek die are teen die rugstring oop (oppas net vir die fillets!)

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 10:58 am
by PITSMIT
mjk

ek stem goeie metode daai het ook al daai ding vd regtersy gesien werk goed om een of ander rede.

kan ook byvoeg die manne moet maar versigtig wees vir die galblaas ook hy kan ook groot sports maak as jy hom dalk breek of raaksny ons haal hom sommer net daar in die veld versigtig af

2c

pitsmit

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 12:15 pm
by Christo Els
Ons haal altyd die binne goed in die veld uit en begrawe dit.

Ons vat sommer 'n paar vleis hakke saam wat ons aan die bakkie se tralies haak om die bok op te hang.
Dan staan jy op die grond en haal die binnegoed uit of jy kan hom in 'n boom hang.

Jy moet net die klap toe maak anders is die bak agter ook vol bloed.

Die bok bly sommer so hang en net sy kop en voorlyf word vasgemaak vir die rondswaai aksie as ons ry.

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 3:07 pm
by Ambessa
Hallo MJK
MJK wrote:...Laat die bok altyd op sy regtersy le - haal om een of ander rede makliker uit. haal derms en pens uit met hand. 
Die retikilum (ruitjiespens), rumen (grootpens), omasum (blaarpens) en abomasum (melkpens) van bokke (herkouers) l? almal effens meer aan die linkerkant van die abdomen (buikholte). Die derms (dunderm en dikderm) l? weer maar nader aan die regtersy. Daarom is dit makliker om die pense (groot-, ruitjies-, blaar- en melkpens) te verwyder as die bok op regtersy l?.

Ambessa

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 4:37 pm
by BLOUVALKIE
jinne oom ambessa watse taal het oom nou gepraat ??? ??? :o

ons haal sommer net die bok se gewone pense uit hehehe ;D

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 5:03 pm
by Ambessa
Hallo Blouvalkie
BLOUVALKIE wrote:...watse taal het oom nou gepraat ??? ??? :o ... ...ons haal sommer net die bok se gewone pense uit
...'n man moet maar die tale gooi as hy kan sou ek s?... :angel:

Ambessa

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 5:10 pm
by BLOUVALKIE
ek grap net oom watse werk doen oom is oom dalk 'n dokter

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 6:12 pm
by Pvdw
Dankie almal, dit het makliker gegaan as wat ek gedink het.

Ek wil net 1 ding uitklaar, ek het sevra van die pens en derms, so is ek ook geantwoord. Nou ek neem aan die hart en longe sal dan nog steeds in die dier wees en dan eers by die kamp verwyder word??

Peet

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 7:50 pm
by PITSMIT
peet

heeltemal korrek.  die harslag soos hulle die voorste groceries noem maak niks aan die bok nie.  dis maar net die pens wat moet uit sodat hy nie die vleis bederf met n reuk nie.  die harslag is dan ook gewoonlik die slagters volk se ete en beloning vd slag en hulp hulle hou erg baie van die goed

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Wed Jul 06, 2011 7:55 pm
by Pvdw
Dankie Pitsmit, so leer ons stap vir stap, amper soos die leeu loop ;D ;D ;D

Peet

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:04 am
by DawieKotze
Soos die meeste manne, haal ek ook net die binnegoed in die veld uit. Moet net nie daai vetdermpie heel afsny nie! Ryg sy inhoud na die pens se kant en sny dan daar af. Dis mos nou die pofaddertjie wat jy met lewer in gaan braai! Met voorsitjag, moet jy maar daai karkas onder bos insleep sodat hy nie in die son l? totdat dit opteltyd is nie. Bietjie peper in die oopgesnyde pens help om die brommers weg te hou. Het julle al agtergekom hoe vinning daai goed versamel asof uit n?rens?? Hulle moet bleddie goed kan ruik!

Met 'n hart/longskoot sny ek ook die diafragma sodat al die bloed wat in die borsholte l? ook kan uit.

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Thu Jul 07, 2011 12:19 pm
by MJK
Maskas Ambessa!

Thanks! Nou weet ek ook. Sal egter nog steeds nie kan onderskei nie! Virrie brommers - vat maar swart sak saam en dres die bok daarmee - geen probleem dan verder nie?? Waar gewoonlik jag is te koud met nie daardie probleme nie

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Thu Jul 07, 2011 12:38 pm
by Frikkie Coetzee
Menere
My ondervinding is dat jy nie die pens te groot moet oopsny nie en nie die anus in die veld moet oopsny nie. Dit maak net meer plek wat jou vleis kan vuilmaak.
Ek haal ook nie sommer die harslag( longe hart ens ) uit in die veld nie behalwe as daar rede is soos gaan lank in die veld bly of daar het pensmis ingekom.Die pens en derms moet uit so gou moontlik.
Ek het eendag n koedoe gekry wat gevrek het in n draad terwyl dit sneeu. So dit was vrek koud. Sy het nie opgeblaas sooos n gewone dier nie ( koue?)Teen die oggend toe ons haar kry was sy reeds koud en toe ons haar oopsny kon jy ruik als is nie soos dit moet wees nie.  Dit is asof die pensreuk deur alles trek.

Ek hou ook nie daarvan om die keel af te sny nie. Ek sny die slagaar af binne by die fillets. Pas op dat jy die die fillets stukkend sny nie.My keel bly heel. Iets wat ek by die trofee jagters geleer het.

Dit is nuttig om n "guthook" mes te he.

Die verklaring vir die regter sy maak sin en dit werk regtig makliker.

Vleis wat nie behoorlik uitgebloei het nie raak makliker vrot en het n ander kleur en smaak.

Frikkie

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Thu Jul 07, 2011 3:48 pm
by Vaalboer
Ons haal ook die pensgoed uit in die veld en sny die rugare aan die binnekant. Dit maak definitief 'n verskil aan die kwaliteit van die vleis.

Maar 'n ander ding... het julle gesien hoe werk daai derms nog as die spulletjie uitgeslag is en langs die bok l?? Nou weer gesien met die gemsbokke uit die Kalahari...

Re: Uithaal van binnegoed?

Posted: Fri Jul 08, 2011 10:54 am
by MJK
Vaalboer wrote: Maar 'n ander ding... het julle gesien hoe werk daai derms nog as die spulletjie uitgeslag is en langs die bok l?? Nou weer gesien met die gemsbokke uit die Kalahari...
Yup! Ambessa jy het dalk verduideliking?  ???

Peristaltiese bewegings soos hierdie ouditeur dit verstaan ;)

Groete