Page 1 of 1

Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 8:23 pm
by Ben Remington
Goeie naand...

Ek was weereens bevoorreg om die vier mooi bokke te kon skiet ....

Die ou ram met die af horings ontduik my al vir 4 jaar...dit was net so na 13h00 die middag toe ek hom sien staan en rus onder die Wag-'n-Bietjie wat so half onder 'n Kameelboom ingegroei het...lekker plankdwars...ek was seker so 60m van hom af ...met die skietstokke effe wankelrig in die los sand kon ek hom mooi agter die blad skiet met lekker long bloed wat agter hom in die bosse gehang het...na omtrent 20 minute se soek en met geen bloed nie en agv haakbosse wat die soekery bemoeilik het ek maar die hond laat kom wat so 2km verder was....ek het hom losgemaak waar die bok gestaan het en binne 'n half minuut het hy geblaf...die ram het na die skoot in 'n sirkel agter om my verby gekom en binne 'n vaalbos gaan inkruip....seker so 80m nog gehardloop na die skoot...Die ander ram het ek so 20 minute later geskiet en het ek besluit om met die boog te gaan sit en die mooi ram het net so na 16h00 ingekom en effe skuins gaan staan op 19m ...die pyl het sy teiken getref en is deur die kant van die hart met die ram wat nooit weer behoorlik op sy voete kon kom na die skoot nie.

Die kudu bul het ek die volgende namiddag baie laat raakgeloop en voor die bors geskiet...hy het omtrent geen reaksie getoon na die skoot nie....hy het net bly staan en na paar sekondes net vooroor geval....ook deur die hart en longe.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160520_135436_resizedmmm_zpsuf8apyvm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160520_131758_resized_zpsuazwjygw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160520_155900_resizedmmmm_zpsfu615ie3.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160520_172925_resizedmmm_zpsd4qffpoq.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160523_172255_resizedmmm_zpslicxzlba.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160523_173449_resizedmmm_zpsnk6flagu.jpg

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 8:40 pm
by JPS
Geluk Ben.

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 8:41 pm
by ruaanb
Ben jy maak nie mooi nie....netjies man en pragtige fotos soos altyd.

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 8:50 pm
by Maanboef
Geluk man!

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 8:51 pm
by Pieterburger
Netjies Ben. Ek gaan darm ook die naweek bietjie kalahari toe vir n paar springbokke

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 9:09 pm
by ricus 1
Baie baie mooi. Die wereld is nou mooi daar.

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 9:11 pm
by Johan Nel
Ben,
Soos gewoonlik stel jou fotos en jou vertel van die jagverhaal nie teleur nie. Dankie vir die deel daarvan met ons.

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 9:12 pm
by Gernie
Dit net ek of is Kudu baie swart in sy gesig?

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 9:36 pm
by PWV
Geluk, Ben. Mooi bokke!

Vertel bietjie van die geweer en ammunisie!

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Tue May 24, 2016 9:48 pm
by Andre308
Daardie Kudu met die donker gesig laat die wit oor die neus baie uitstaan. Pragtige bok daai!

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Wed May 25, 2016 5:51 am
by Ben Remington
Baie dankie aan almal

PWV,

Remington Mod700 VLS .308
Loop twist is 12 en lengte 26 duim
Punt : 165gr Sierra Game King
S335 Dryfmiddel
Lading : 38.5gr
Spoed : 2450ft/s
Gebruik CCI200 of Remington slagdoppies
Doppe: PMP doppe wat se nekwanddikte gesny is ...ek het 150 doppe wat se gewig nie meer as 1gr tot 3gr van mekaar verskil nie. Ek skiet nie regtig op die baan nie ...maar die kere wat ek wel gaan skiet ek gereeld tussen 15mm tot 25mm drieskoot groeperings. Die geweer doen ook goed met 165gr Hornady Interlock op dieselfde lading.

Groetnis

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Wed May 25, 2016 7:06 am
by VdWalt
Baie geluk!! Myburg was seker nie te gelukkig met die jag sonder hom nie...

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Wed May 25, 2016 11:26 am
by tau
Geluk.

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Wed May 25, 2016 11:36 am
by Balljoint
En die Jack Russel se naam is…?

Mooiste dier op al die foto's.

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Wed May 25, 2016 12:12 pm
by Ben Remington
Balljoint wrote:En die Jack Russel se naam is…?

Mooiste dier op al die foto's.
Balljoint haar naam is Roxy.

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Wed May 25, 2016 1:38 pm
by FrancoisW
Geluk Ben. Dankie vir die deel.

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Wed May 25, 2016 1:58 pm
by Balljoint
Ek het ook 'n Roxy… en 'n Schumi, en 'n Macki, en 'n Lexi en 'n Mitsi… almal opreg geteelde Jack Russels. :): ;D

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Wed May 25, 2016 4:17 pm
by koos 2
Baie geluk , sommer groen van jaloesie.

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Wed May 25, 2016 10:07 pm
by theedge
Netjies mmaat geluk

Re: Twee lekker dae in die veld.

Posted: Thu May 26, 2016 4:55 pm
by Vlakvark Soldaat
Dankie Ben, binnekort kan ons stadsjapies ook weer fotos posit...