Page 1 of 2

Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Mon May 23, 2016 4:36 pm
by PWV
An industry source with extensive knowledge of the motor industry said that the top three most stolen cars in South Africa currently were:

1. Toyota Hilux
2. Toyota Fortuner
3. VW Polo

http://businesstech.co.za/news/motoring ... th-africa/

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Mon May 23, 2016 4:46 pm
by Chevvy SS
Dit is ook die 3 topverkopers- met goeie rede!

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Mon May 23, 2016 4:57 pm
by Windpompspook
Niemand steel n Land Rover nie! So ek is veilig


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Mon May 23, 2016 9:03 pm
by henning
Het nog nooit van n Volvo gehoor wat gesteel is nie.

Groete
Henning

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Mon May 23, 2016 9:14 pm
by PWV
henning wrote:Het nog nooit van n Volvo gehoor wat gesteel is nie.

Groete
Henning
Daar is so min Volvo's dat die diewe nie kans kry om hulle nie in die hande kry nie.

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 6:56 am
by sako 30-06
Chevvy SS wrote:Dit is ook die 3 topverkopers- met goeie rede!
Ja want hulle word elke keer gesteel.
En die arme eienaars is so slim om dieselfde fout weer te maak. ;D

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 7:19 am
by Carl
Soos met alle statistiek - lies damn lies. ;)

Is die verslag gebaseer op % of totale eenhede? Maw 5% Hilux'e is 5% Volvo's maar daar is net 'n halwe Volvo dan gesteel.

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 10:11 am
by M98mauser
Toyota is maar altyd hoog in aanvraag parte maklik bekombaar deur die hele afrika.

Polo is net baie goeie waarde vir geld, en betroubaar en skels weet dit ongelukkig ook hulle gaan nie n kar steel wat jou dalk langs die pad kan los nie,

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 10:19 am
by RUPERT
Ek het al by baie skoue gesien waar jy vir secure parking betaal dat hulle die Toyotas reg by hulle by die hek laat park omdat hulle so gewild is onder die skelms.

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 10:26 am
by Viking
PWV,

Dis verder interresant dat die voertuie se versekering dikwels ook duurder is as ander soortgelyke voertuie - juis omdat hulle so dikwels gesteel word!

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 11:13 am
by LoveHenties
henning wrote:Het nog nooit van n Volvo gehoor wat gesteel is nie.

Groete
Henning
Niemand meld dit aan nie, want verkoop kan jy nie. Dis goedkoper om net die paaiement te betaal... Ten minste geen regmaak koste nie.

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 4:53 pm
by henning
Ek weet hoekom hulle Volkswagen steel, want die parte is te duur om self te koop. Ek het nou net n Volkswagen Kombie van my werk se steering rak laat vervang vir R48 000.

En so tydjie gelede n clutch vir R24 000.

Weet nie of Toyota se parte ook so duur is.

Groete
Henning

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 5:01 pm
by LoveHenties
henning wrote:Ek weet hoekom hulle Volkswagen steel, want die parte is te duur om self te koop. Ek het nou net n Volkswagen Kombie van my werk se steering rak laat vervang vir R48 000.

En so tydjie gelede n clutch vir R24 000.

Weet nie of Toyota se parte ook so duur is.

Groete
Henning
Vriend se 2005 Merc 240E het adaptive shocks in. Moes vervang... R120k, tweedehand waarde van die kar, R95k. Hoe de hel?

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 5:08 pm
by PWV
Waterbottel van die X-trail (ruitwasser) het gekraak. Nuwe een kos R4800.00.
"Daylight robbery"

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Tue May 24, 2016 5:17 pm
by henning
Pieter, het jy al die X-Trail verkoop?

Wat is volgende?

Groete
Henning

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 6:29 am
by Willem Grobler
En dan doen Toyota nie veel om d gedagte by hulle kliente te verander dat hulle as vervaardiger "daarvan hou" as hulle goed gesteel word nie: d jare oue "jamming" v d remote werk nog steeds op d nuwe Hilux - self getoets. As hulle enigsens ernstig is oor diefstal kon hulle sekerlik darem dit reggemaakhet. Laat mens wonder...

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 7:11 am
by OomMatt
Dan moet ek net gelukkig wees dat ek nie deel is van die statistieke as dit kom by Toyota's nie.

Sit nou met my 5de een , en het nog nie pogings gehad van steel op hulle nie. In 1999 n 2.2 Double Cab , 2003 die 2.4 DC , 2008 die 3.0 KZTE . 2012 n 2009 Fortuner en nou 2015 Fortuner.
En dit alles in Gangland (Gauteng) , not bad record nie.

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 7:22 am
by Wouter Roets
Manne

Met die nuwe Hilux sal die boef homself eers moet blindoek om dit oor sy hart te kry om een te steel. Of kom ek stel dit so hy sal nie die Hilux van die kant af benader in sy poging nie.

Groetnis
Wouter

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 7:25 am
by Carl
Willem Grobler wrote:En dan doen Toyota nie veel om d gedagte by hulle kliente te verander dat hulle as vervaardiger "daarvan hou" as hulle goed gesteel word nie: d jare oue "jamming" v d remote werk nog steeds op d nuwe Hilux - self getoets. As hulle enigsens ernstig is oor diefstal kon hulle sekerlik darem dit reggemaakhet. Laat mens wonder...
Willem dit werk op meeste karre. My seun het dit al op my 2 Subaru's getoets ;D Wat min gesteel word.

Maar ek stem saam daar is 'n conspiracy oor Toyotas en diefstal-Toyota SA kan beslis meer doen, maar dit is asof die wil nie daar is nie. Ons almal het al gesien hoe maklik hulle die vorig Hilux/'Tuner se enjin kap net oplig om die alarmstelsel te de-aktiveer. My Hilux het darem 'n effe beter spaarwiel beskerming gekry van die handelaar af - 2de handse bakkie.

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 7:41 am
by PWV
henning wrote:Pieter, het jy al die X-Trail verkoop?

Wat is volgende?

Groete
Henning
X-trail verkoop. Het nou 'n Rav4 diesel. Baie gelukkig met hierdie voertuig. Nog ligter op brandstof as die Nissan.

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 8:22 am
by OomMatt
+ 100 Pieter vir Toyota Rav

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 8:25 am
by Chevvy SS
PWV wrote:
henning wrote:Pieter, het jy al die X-Trail verkoop?

Wat is volgende?

Groete
Henning
X-trail verkoop. Het nou 'n Rav4 diesel. Baie gelukkig met hierdie voertuig. Nog ligter op brandstof as die Nissan.
Hy sal nie gesteel word nie. Geen dief wil in 'n RAV gesien word nie, hulle het ook hulle trots! :laugh:

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 8:56 am
by Carl
In ander nuus
Toyota ramps up Durban capacity http://www.bdlive.co.za/business/indust ... n-capacity
Car maker ploughs R6.1bn into boosting Hilux and Fortuner output.

Daar gaan genoeg wees om te koop en gesteel te word!

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 9:57 am
by jamalley
Wat moet ek nou sê - ek het 2 van die drie?

Re: Wie ry een van die volgende drie?

Posted: Wed May 25, 2016 10:06 am
by Chevvy SS
jamalley wrote:Wat moet ek nou sê - ek het 2 van die drie?
Verkoop!!!