Page 1 of 2

Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 1:10 pm
by Balljoint
Vind deesdae ek praat lekker met myself.
Geleerdes reken dis amper ok SOLANK jy nie jouself begin antwoord nie… :laugh:

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:16 pm
by Boesman10
Ek doen dit gereeld want dit is die enigste manier hoe ek ekspert advies kan kry. :-)

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:17 pm
by Herman Huyser
en dit raak gevaarlik as die ander jy die argument wen

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:27 pm
by Chris Swart
Dit is partykeer die enigste sensible geselskap beskikbaar >:D

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:29 pm
by Heinz Petersen
Dan "back chat" ek nie myself nie

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:34 pm
by henning
Dit is die stress van vandag se vinnige lewe wat julle beet het, maar ek ly ook daaraan.

Groete
Henning

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:36 pm
by Chris Swart
Tel dit as "met myself praat" wanneer ek myself vloek omdat ek die eerste twee skote gesny, en geflinch het op die derde skoot?

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:42 pm
by DawieKotze
Baie!!!! Veral op die golfbaan!

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:43 pm
by tripodmvr
Chris Swart wrote:Tel dit as "met myself praat" wanneer ek myself vloek omdat ek die eerste twee skote gesny, en geflinch het op die derde skoot?
Tel nie as gewone praat nie - jy spreek jou dan aan!!!!

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:44 pm
by JacquesT (Stompe)
My pa sê altyd dis die enigste intelegente gesprekke wat hy in 'n dag het.

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:51 pm
by win270
Hulle sê as twee mense die heeltyd saamstem oor alles, is minstens een van hulle onnodig.

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 2:53 pm
by Jaco vdW
Dis fine om met jouself te praat, jy moet net nie begin stry nie!

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 3:19 pm
by Jean Marais
As jy "Aan my, van my" aankope kan doen, kan jy seker maar met jouself praat ook.

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 3:20 pm
by JTM
My vrou baklei met my oor ek net met myself praat en nie met haar nie. Ten minste het ek en myself nie 'n "kommunikasie" problem nie.

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 4:18 pm
by PWV
Ek het al baie ouens wat op hul koppe geval het, met hulself sien praat.

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 4:39 pm
by 243Songdaug
Baste geselskap - praat met myself.

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 6:41 pm
by Balljoint
PWV wrote:Ek het al baie ouens wat op hul koppe geval het, met hulself sien praat.
Die ouetehuis is vol van hulle…

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Mon May 23, 2016 10:08 pm
by wlm
Wanneer ek se^, "self, ons is in die bollie" dan is dit laat in die dag.

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Tue May 24, 2016 8:25 am
by Springkudu
Ek praat gewoonlik net met myself in S&O, Wildman en VGK, gewoonlik wen ek die argument

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Tue May 24, 2016 2:00 pm
by Gawie(13mm)
Nee, maar myself val my gereeld in die rede, dan vergeet ek wat ek wou sê. ;D

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Fri Aug 12, 2016 4:47 pm
by Afrika Inboorling
Hang seker af wat "jy" vir "jouself" sê

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Fri Aug 12, 2016 4:54 pm
by Giepie
As jy nie met jouself praat nie, dink jy nie.

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Fri Aug 12, 2016 7:05 pm
by Dirkonius
Al die tyd.

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Fri Aug 12, 2016 7:10 pm
by kwagga
Patykeer hoor ek 'n ander ou wat eerste met my praat en as ek dan begin terugpraat wil my vrou my vir observasie stuur. Ek dog dis heel normaal....... :confused:

Re: Praat jy met jouself???

Posted: Fri Aug 12, 2016 10:43 pm
by joe rocket
Balljoint wrote:
PWV wrote:Ek het al baie ouens wat op hul koppe geval het, met hulself sien praat.
Die ouetehuis is vol van hulle…
Oom Pieter is al amper 110 maar hy nog nie in die ouetehuis nie hy vir sy ouderdom nog wawyd wakker! Hy kan nog sien skiet baie lekker!