Page 1 of 4
243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 1:16 pm
by 2.1
Goeie dag
Ek wil graag vir my 'n geweer koop
maar kan nie besluit tussen 'n Sako 85 varmint 243 of Tikka T3 270 nie. Enige kommentaar?
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 1:26 pm
by tripodmvr
As jy jou beoogde toepassing verskaf sal jy heelwat raad kry. Wil jy jag (wat se grootte wild), ongediertes skiet of wil jy skyfskiet?
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 1:27 pm
by .::Alwyn-U::.
Welkom op die forum, stel jouself bietjie voor.
Ek was persoonlik nie mal oor 'n Tikka nie, al is hy amper identies aan 'n Sako.
Sy aksie was vir my ietwat growwer as die Sako en die Tikka is ook ligter soos ek kan onthou. Ek verkies altyd 'n swaar geweer voor ek 'n ligte een vat, ek glo persoonlik dat ek meer akkuraat skiet met die swaarder roer, ek weet nie of dit so is met almal nie?
As ek moet kies oor die kaliber. verkies ek die 270 bo die 243. Ek skiet meestal met my 243 maar wens soms ek het net daai ietwat ekstra slaankrag soos wat die 270 bied.
Uiteindelik sal ek die 243 Sako vat.
As ek 'n geweer optel dan weet ek sommer of hy vir my is of nie, ek kry daai gevoel
Groete
Alwyn
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 1:42 pm
by 2.1
Dankie vir die verwelkoming. Ek het op 'n plaas groot geword so ken biekie gewere. Sal maar koedoe op die grootste skiet, miskien springbok op +/- 300m. 270 het lekker slaankrag, maar 243 het platter trajek en sal die job doen met goeie skoot plasing. 270 gan dit net makliker doen. 243 het ek herlaai geriewe. Albei het hul voordele en nadele.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 1:47 pm
by Dawid
Jy kannie kies tussen n 243 en n 270 nie
Jy MOET beide he
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 1:55 pm
by 2.1
Dawid wrote:
Jy kannie kies tussen n 243 en n 270 nie
Jy MOET beide he
As ek 2 gewere kon kies sou hulle nie so naby mekaar gewees het nie. 243 en 308, of 270 en 223 of so iets.
Ek besit nie my eie geweer nie en wil my eerste aankoop sodra my papier werk reg is.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 2:12 pm
by 2.1
Ludwig wrote:
Split the difference en kry 'n 25-06

Grap net. Nee, daai is maar moeilike keuse maar as jy jou eerste, en vir eers jou enigste wil koop, sal ek dalk gaan vir iets wat jou bietjie meer opsies en veelsydigheid gee as die 243, so ek sal s? 270. Maar dan, jou idee van 243 en 308 as 2 gewere is beslis ook 'n wen resep. So wat van eerste die 308 en dan daarna die 243?
Die voorbeeld van die 2 gewere is net om my punt te stel dat die 2 te naby mekaar is om al2 te koop. Vir eers sal dit maar net die een geweer wees. 243 Kan my heelwat goeekoper uitkom op ammunisie as 'n 308 aangesien ek kan herlaai. Goedkoper noem ek oor ek nog aan die begin van my loopbaan staan. (snr. student)
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 2:20 pm
by spekieries
Dags? 2.1
As jy 'n algemene jaggeweer koop is ek van mening die .270 is 'n beter koop. Sien ook die nuwe voorgestelde wetgewing i.v.m projektiel gewig en tipe wild wat gejag mag word. Dit is vir my 'n raaisel hoe hulle hierdie wetgewing gaan toepas, behalwe as hulle 'n "bulletpuller en skaaltjie " gaan saamry om die gewig te kontroleer.
Groete
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 2:22 pm
by tripodmvr
Ek was ook student en weet van geldknyp. Jy oortuig jouself alreeds dat die 243 voldoende is. Bly by daardie besluit en herlaai premium koe?ls wanneer jy jag maak op bokke. Skiet baie en leer om skote akkuraat te plaas. Die kan jy met goedkoper ammunisie doen om jou vaardigheid te verbeter.
Ek het al 2 kudus met my 243 platgetrek. Altwee kere het ek monometaal koeels gebruik en ek gebruik dit nou deurentyd wanneer ek wild jag (Barnes TSX, Impala, GS Custom, Frontier SPARTAN)
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 3:06 pm
by 2.1
tripodmvr wrote:
Ek was ook student en weet van geldknyp. Jy oortuig jouself alreeds dat die 243 voldoende is. Bly by daardie besluit en herlaai premium koe?ls wanneer jy jag maak op bokke. Skiet baie en leer om skote akkuraat te plaas. Die kan jy met goedkoper ammunisie doen om jou vaardigheid te verbeter.
Ek het al 2 kudus met my 243 platgetrek. Altwee kere het ek monometaal koeels gebruik en ek gebruik dit nou deurentyd wanneer ek wild jag (Barnes TSX, Impala, GS Custom, Frontier SPARTAN)
My eerste bok het ek met my pa se 243 geskiet op 300m+. Lae nek skoot het amper soos 'n mis skoot gelyk. Slaan krag was amper te min.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 3:27 pm
by James Wilson
Balisties gesproke en teoreties kan n 270 alles en nog meer doen as n 243, maar n 243 kan nie alles doen wat n 270 kan doen nie. as die keuse net tussen n 243 en 270 is en dit is jou eerste geweer, dan is my keuse baie gemaklik op die 270. as n een geweer eienaar gaan die 270 net meer vir jou kan doen. n 270 werk baie mooi as n varminter en skiet gemaklik groot goed ook.
persoonlik beveel ek altyd n 30 kaliber vir n eerste geweer aan. daar is nog steeds jagplase asook provinsiale reels wat nie onder n 30 kaliber toelaat nie.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 3:51 pm
by .::Alwyn-U::.
Ja sien julle almal neig nou na die 7mm...
2.1 - is 'n 243 en 270 jou enigste keuse? anders gaan bietjie groter soos almal aandring. 7mm is 'n baie goeie alrounder! Lekker slaankrag, plat trajek, skiet maklik op 300m! en jy kan beslis 'n springbok met hom skiet.
Groete
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 3:55 pm
by pietjacobs
2.1,
Ek skiet .270 en 220 Swift. Ek is eerlik as ek vir jou se ek kan nie onthou wanneer laas ek daai .220 Swift uit die kluis gehaal het. Ons het verlede naweek gaan Springbokke skiet in die Suid vrystaat, alles 300m+ en hulle het mooi geval sonder te veel moeite met die .270. Maand terug het ek in die bos gaan skiet, blouwildebees, Kudu en daai .270 het hulle mooi plat getrek.
My 2c.
Groete,
Piet
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:02 pm
by .::Alwyn-U::.
Piet
Ek stem ook saam jou, as die keuse beperk is tot daai twee kalibers dan moet jy maar die 270 vat.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:07 pm
by Raven
2.1
As dit jou eerste geweer is, koop die Tikka .270 en jy het nog genoeg geld oor vir 'n ordentlike scope, voor jy by die prys van die Sako kom.
Ek het met my Pa se .270 vir jare geskiet en alles het geval voor hom, binne perke natuurlik(geen buffels en olifante

)
As jy bereid is om na ander kalibers te kyk, vat die 7RemMagTikka............ Ek glo in Tikka !!!!
RAven
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:07 pm
by Francois Briedenhann
243!!!!!het al koedoe en gemsbok met myne geskiet dit gaan net oor skootplasing.
Welkom. Groete FB
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:08 pm
by .::Alwyn-U::.
Raven is reg! mens wil nog geld he vir 'n lekker zeiss

Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:13 pm
by Raven
.::Alwyn-U::. wrote:
mens wil nog geld he vir 'n lekker zeiss
Nee man, ek is mos 'n Tasco "fan"
RAves
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:18 pm
by GERT vd M
N gekwesde koedoe wat wegkom gaan jou meer geld uit die sak jaag as wat jy nou wil spaar omdat jy vir die 243 kan laai. Luister gerus na die manne en gaan vir 270 of nog beter die 7x64. Die 7x64 is baie naby aan die 270 maar kan so bietjie meer doen omdat hy swaarder koels kan skiet.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:26 pm
by BLOK
My raad soos almal se 270 hy mag maar, en soos gese kwes een bok en jy betaal in, ook as jy baie skiet gaan sy loop n raps langer hou, en as die wind waai gaan jy bly wees, en as jy eland persent kry om te skiet gaan jy nie ander man se geweer moet leen.
Ek verstaan jy herlaai nie self nie maar by iemand anders maw tensy die persoon toegewyd jou help gaan jy nie veel baat daarby nie so jy kan net sowel 270 rak ammo koop.
Tika is in elk geval n baie goeie geweer vir dit wat jy betaal
Maar wat week ek
Blok
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:27 pm
by 2.1
Kan groter gan. dink net dis on nodig groot. 270 kan als plat skiet wat ek wil. Ek dink ook tikka is n goeie keuse, dalk beter waarde vir geld as sako. Maar n Tikka is darem nie n Sako nie. Vir n Sako sal ek nog moet spaar en oorweeg dit.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:50 pm
by tripodmvr
Die manne laat jou nou rond dans op 'n warm plaat. Jy het 2 keuses genoem en toe na die 243 geneig. Kyk wat onder aan my post staan. Ek het baie respek vir my 7x64. Hy kan alles doen wat jy vereis - van springbok tot eland en hy herlaai baie maklik met goeie akkuraatheid. Ek sal hom kies bo albei jou vorige keuses. Gaan kyk wat se koe?lgewigte hy kan gooi en teen watter spoed.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 5:44 pm
by 2.1
tripodmvr wrote:
Die manne laat jou nou rond dans op 'n warm plaat. Jy het 2 keuses genoem en toe na die 243 geneig. Kyk wat onder aan my post staan. Ek het baie respek vir my 7x64. Hy kan alles doen wat jy vereis - van springbok tot eland en hy herlaai baie maklik met goeie akkuraatheid. Ek sal hom kies bo albei jou vorige keuses. Gaan kyk wat se koe?lgewigte hy kan gooi en teen watter spoed.
Die rede hoekom ek die topic gemaak het is oor ek centre tussen die 2 gestaan het met my keuse. Ek het aanvangklik die 270 baie sterk oorweeg, maar hoor net goeie goed van 243, en dit is 'n gewild kaliber in die omgewing. Kan dus nie ignoreer word nie.
Ek is seker on ingelig maar 7x67 ken ek nie.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 5:55 pm
by tripodmvr
Die 7x64 is die 7x57 op steroids. Kan van 110gr tot 175gr skiet. Dus meer aanpasbaar as 270 met swaarder punte. PMP maak ammunisie en ander soos Highland, Sellier & Bellot en Norma kry mens heel geredelik. Dies is ook geredelik beskikbaar omdat die' kaliber baie gewild is in Europa.
Re: 243 of 270
Posted: Tue Jul 05, 2011 6:03 pm
by Armand Steenkamp
Luister na tripodmvr. Vir n eerste geweer vat eerser een van die 7mm.
Alhoewel my eerste geweer n 243 is gan ek nie koedoes en gemsbok skiet nie.
Let wel ek se nie die 243 kan nie grooter wild skied nie, ek dink maar net jou ''margin of error''
is baie kleiner met die 243
Groetnis