Page 1 of 1
Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Sun May 22, 2016 6:35 pm
by Balljoint
Wat is u ondervinding en aanbevelinge?
Re: Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Sun May 22, 2016 7:43 pm
by Capt. Yoda
Ja
Re: Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Sun May 22, 2016 9:04 pm
by LoopSoosStroop
Capt. Oblivious wrote:Ja
Daar is nie einde aan jou nie nê?

Re: Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Sun May 22, 2016 9:30 pm
by tripodmvr
Ek sou ook se ja as dit die persoon sal tevrede stel. Vir my maak dit nie saak nie - ek sal 168gr vir skyfskiet gebruik en 'n ander gewig vir jag - dit wil die meeste egter nie he nie. Teleskope stel so presies deesdae dat ek maklik tussen 2 gewigte kan verstel.
Re: Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Mon May 23, 2016 7:03 am
by Balljoint
Dankie. Watter (goedkoper) punte kan mens gebruik vir lading ontwikkeling en om die geweer en teleskoop in te stel?
Daarna die (duurder) Bergers laai en seker maak dis nog in die kol?
Of werk dir nie so nie?
(Hierdie is vir 'n vriend van my, nog nuut in die storie).
Re: Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Mon May 23, 2016 7:07 am
by Baasvark
Balljoint jy kan jou teleskoop binne 5 skote op die kol hê so goedkoper punt net vir dit is onnodig.
Wat lading ontwikkeling aanbetref - dit moet jy spesifiek doen vir elke punt wat jy gaan skiet....
Re: Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Mon May 23, 2016 11:34 am
by Capt. Yoda
Hang af wat jy wil doen met daai koel in jou geweer, as jy net op die baan nou en dan bq papierbokke skiet en dan so 2 keer n jaar gaan jag kan jy so veel koels gebruik en skiet soos jy kan bekostig maar as jy jou geweer gebruik om erenstig tussen ander mesne te skiet en gereeld diere moet skiet wil ek net een koel of DALK max 2 koels in daai geweer skiet. Ek was daar en het die Tshirt en dit raak regtig n pyn in die dinges om elke keer eers te moet zero of rond te krap voor jy kan gaan skiet. As jy verder en meer kompiterend skiet wil jy ook jou geweer/koel leer ken oor verder afstande, al het jy n RF en n ballistic app wil jy nog steeds weet wat daar aan gaan en om met n klomp koels te skiet en elke keer jou scope oor te moet stel raak n lang storie. Nou het jy n zero stop met een koel wat jy van hou maar die ander een se zero wat jy die naweek gebruik is dalk net 2 clicks anders, in die middel van n skiet of n komp gaan jy erens terug draai zero toe en al jou harde werk oor die laaste paar weke en op die dag tel vir niks.
As ek 2 koels moes gebruik het vir baan speel en dan erenstig skiet in die 155gr klas sou dit maar Nosler se Custom Competitions wees en dan Berger se 155gr. Jy sal vir al 2 n lading moet uit werk jy gaan ongelukkig nie net die koels kan ruil nie maar jy behoort darem nie baie ver uit te wees tussen die 2 koels in jou geweer nie. Ongelukkig is daar nie meer regtig n ding soos n goedkoop koel nie....die Custom comps kos nou al by die R700 en die 155gr Bergers kan mens nog kry vir tussen R700 en 850 per 100 so vir my is dit n no brainer ek skiet die koel wat ek elke keer wil skiet al is hy nou R1.50 of R2 n koel duurder
Re: Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Mon May 23, 2016 1:03 pm
by Balljoint
Dankie Capt.
Re: Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Sat May 28, 2016 8:46 pm
by JPL
Naand Capt
Wat van Lapua Scenars 155gn? R620 per 100
Re: Beste 308 150gr punte vir teikenskiet en jag? Bergers??
Posted: Sat May 28, 2016 10:04 pm
by twinhunter
Ek skiet tans in my 308 die Lapua Scenars 155gr vir teiken en oefen en dan gebruik ek die Hornady GMX 150gr punt vir jag. Eks met albei baie tevrede en sal defnitief die Scenars aanbeveel vir teiken en oefen en dan kan jy maar gerus ook kyk na die Nosler CC 155gr punt wat so onder R5000 vir 'n 1000 is.
Sent from my iPhone using Tapatalk