Page 1 of 1
Verskil in Savage aksies
Posted: Sun May 22, 2016 5:08 pm
by henning
Ek het op die internet gesoek maar kry nie n bevredigende antwoord nie.
Kan julle my se wat is die verskil in die verskeie Savage aksies, model 110, 11, 12.
Ek weet dat party is lang aksie en ander is kort aksie en die loop profile of kolf wat verskil maar wat ek eintlik wil weet is of die basiese konstruksie van die aksie dieselfde is?
Groete
Henning
Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Thu May 26, 2016 6:08 pm
by henning
Kom nou, ek glo nie daar is so min kennis op die forum nie.
Groete
Henning
Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Thu May 26, 2016 8:51 pm
by slagdop
Neewat ou Henning, ons hou ons nie op met barbare nie.

Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Fri May 27, 2016 8:56 am
by henning
slagdop wrote:Neewat ou Henning, ons hou ons nie op met barbare nie.

Neewat Deon hierdie barbaar skiet mooi maar ek wil n ander loop op sit.
Wonder net of die aksie die moeite werd is en of ek moet kyk na n ander aksie.
Groete
Henning
Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Fri May 27, 2016 9:06 am
by Eugene
henning wrote:slagdop wrote:Neewat ou Henning, ons hou ons nie op met barbare nie.

Neewat Deon hierdie barbaar skiet mooi maar ek wil n ander loop op sit.
Wonder net of die aksie die moeite werd is en of ek moet kyk na n ander aksie.
Groete
Henning
Wat wil jy doen met die geweer? Ek het 2 Savages en altwee skiet bitter mooi as ek my kant bring. Dis verseker nie die beste aksie op die mark nie, maar teen die prys is ek meer as tevrede met die verrigting. Ek het ook al probeer kyk vir die verskille en dit lyk vir my of die verskillende modelle meer te doen het met die tipe sneller en waar die bolt release geplaas is....
Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Fri May 27, 2016 9:28 am
by henning
Eugene my geweer is akkuraat maar ek wil onder halwe MOA he. Om pasmaak geweer van voor af te bou is duur en ek het gewonder of ek dit kan doen met die huidige aksie.
Groete
Henning
Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Fri May 27, 2016 9:33 am
by Ben
henning wrote:Eugene my geweer is akkuraat maar ek wil onder halwe MOA he. Om pasmaak geweer van voor af te bou is duur en ek het gewonder of ek dit kan doen met die huidige aksie.
Groete
Henning
Henning,
As jy met enige geweer 0.5 MOA kan skiet kan jy enige bok en enige gong raakskiet.
Ons het gister hieroor gepraat.
As jy n MOA skiet en jy projekteer dit se maar 500m op n gong baan af en jy vergelyk dit nou met 0.5MOA is daar werklik amper geen verskil.
Wind maak baie meer verskil!
Watse Savage het jy?
Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Fri May 27, 2016 9:36 am
by Supacow
Kry n ander aksie. Jy is nie 100% oortuig met die huidige aksie. As jy geld gaan blaas moet man darem 100% tevrede wees met die eindproduk.
Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Fri May 27, 2016 9:37 am
by henning
Ben wrote:henning wrote:Eugene my geweer is akkuraat maar ek wil onder halwe MOA he. Om pasmaak geweer van voor af te bou is duur en ek het gewonder of ek dit kan doen met die huidige aksie.
Groete
Henning
Henning,
As jy met enige geweer 0.5 MOA kan skiet kan jy enige bok en enige gong raakskiet.
Ons het gister hieroor gepraat.
As jy n MOA skiet en jy projekteer dit se maar 500m op n gong baan af en jy vergelyk dit nou met 0.5MOA is daar werklik amper geen verskil.
Wind maak baie meer verskil!
Watse Savage het jy?
Ek het die 11 FNCS.
Groete
henning
Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Fri May 27, 2016 10:29 am
by Andre308
henning wrote:Ek het op die internet gesoek maar kry nie n bevredigende antwoord nie.
Kan julle my se wat is die verskil in die verskeie Savage aksies, model 110, 11, 12.
Ek weet dat party is lang aksie en ander is kort aksie en die loop profile of kolf wat verskil maar wat ek eintlik wil weet is of die basiese konstruksie van die aksie dieselfde is?
Groete
Henning
Henning,
Wat ek kan uitmaak vanaf die "Americans" se forums en web tuistes:
Twee syfer model: 10, 11, 12 is kort aksies.
Drie syfee model: 110, 111, 112 is die lang aksies.
Die aksies tussen hulle klink of dit dieselfde is, die model verskille is dan slegs op die loop proefiel bv swaar loop, ligte loop, fluted ens.
My inligting mag verkeerd wees want al my navorsing moes ek in Brits lees.
Re: Verskil in Savage aksies
Posted: Sat May 28, 2016 8:07 am
by henning
Dankie Andre, dit is soos ek hom af gelei het.
Het gewonder hoekom party van die rak af so goed skiet en ander nie.
Dit lyk of jy nie veel kan doen aan die aksie om beter te laat skiet maar wel aan die loop en bedding.
Groete
Henning