Page 1 of 4

Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 11:59 am
by M98mauser
Manne ek weet nie van julle nie maar iemand is besig om ons te spyker en nie op n goeie manier nie.

Die Rand het verswak met minder as 20% maar as ek na pryse kyk van ons ingevoerde produkte is alles 100% op. Meeste goed kom van die VSA en daar is inflasie rondom 1-2% so prys stygings in baie beperk.

Net n paar goed wat ek opgemerk het oor die laaste paar maande,
Barnes 55gr TSX van R420 na R725 72% styging.
N Harris Bipod Minder as n jaar terug R1300 nou R2800
Hornady punte het ook amper verdubbel van laas jaar af.

Miskien kan ons die lyse bietjie uitbrei en miskieen kan iemand ons n antwoord gee.

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 12:11 pm
by musgrave270
Mauser

Ek voel ook soos jy maar jy moet onthou. Die verhoging in kostes van die produk word nie net bepaal deur die verswakking in die Rand nie. Veral nie produkte wat ingevoer word nie.

Groete
Ruan

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 12:17 pm
by cassie_calvinia
ek kan ook nie daardie som lekker maak nie.
bv 'n 20x SHV het 10maande terug R18k gekos, nou al meer as R26 000.
daar is mos redes, maar daai klink darm bietjie rof

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 1:57 pm
by gbvl
Nou die dag 260 rem lapua doppe gesien vir R2000. Pryse raak rof.

Sent from my SM-G900H using Tapatalk

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 2:00 pm
by Capt. Yoda
Ja ek verstaan ook nie so lekker die goed nie, gelukkig hoef ek nie binnekort koels of scopes te koop nie

243 Lapua doppe het van R990 na R1280 na R1480 na oor die R2100 toe geggaan die lasste 4 maande, hoe in die lewe werk dit?

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 3:35 pm
by FCLoretz
Manne as jy iets gaan koop, vat maar jou eie vaseline saam. Die winkel gaan jou extra charge vir dit!!

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 3:44 pm
by Jean Marais
Op 1 Jan 2015 was die Rand R11.5642 vir 'n Dollar

Dis nou vandag R15.7167 vir 'n Dollar.

'n Nightforce 5-20x56 SVH kos by Cabelas $1,171-00

Met 1 Jan 2015 se wisselkoers = R13,541.68
Met vandag se koers = R18,404.26

Stem saam - iemand skroef ons hard, en ja, ek weet daar is invoerkostes ens. betrokke, maar dit KAN NIE 100% styging veroorsaak nie.

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 4:07 pm
by cassie_calvinia
#stopthemadness

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 4:09 pm
by joe rocket
En onthou om nie die koekie seep in die winkel optel nie, want daai winkels het hoe oorhoofse kostes.

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 8:28 pm
by JGZ
Ek spaar vir n nxs. Net soos ek genoeg geld het en ek kom by die manswinkel dan is die prys op. Dit is nou al so hoog dat ek nie meer dink dit is die moeite werd om die nxs te koop siende ek voel ek kan nie die koste regverdig nie. Koop mens maar dan n shv? #stopthemadness

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 8:53 pm
by Armand Steenkamp
Die scope is mos nie R10 000 beter as wat hy 4 jaar terug was nie... Ek kan ook nie daai som maak nie. My kop is te plat

Groetnis

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 9:34 pm
by JGZ
Presies Armand. Die ergste van als is as jy 4 jaar terug kyk, dink ek was die prys om en by R23k. Dit is om en by R39k nou. Dit is R15k verskil. Ek weet regtig nie wat om te sĂȘ nie. Dit maak my bitter depresief.

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 9:43 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het maar afgesien van die NXS agv pryse wat bly klim en vir my n Sightron S3 gekoop by Ian. Daar is R 23 000 prys verskil. Ek kan nie n R40k scope regverdig nie.

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Fri May 20, 2016 10:03 pm
by Arnold
Frikkie Coetzee wrote:Ek het maar afgesien van die NXS agv pryse wat bly klim en vir my n Sightron S3 gekoop by Ian. Daar is R 23 000 prys verskil. Ek kan nie n R40k scope regverdig nie.
JGZ, hierdie is wat ek ook sou doen. Koop n Sightron SIII

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Sat May 21, 2016 7:03 am
by Rasmus
Ek stem saam met die manne hierbo. Ek self het n Sightron en is baie gelukkig.

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Sat May 21, 2016 2:40 pm
by Arnold
Dit is n jammerte wat besig is om te gebeur. Skiet was duur maar nou raak dit mal.

Ek dink nie ek sal weer n geweer kan bekostig nie. Ek weet nie wat ek gaan moet verkoop as ek my 260 se loop moet vervang oor n jaar of twee nie : (

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Sun May 22, 2016 7:51 pm
by Capt. Yoda
Ekt gedink die gevaarlike pryse is hier in GP by die groot winkel maar ek sien die naweek n pak TTSXe vir 375 in n winkel weet nie eers watse gewig nie, R1190 vir 50!!!!! In my lewe sal ek dit nie eers vir Bergers betaal wat Bryan Litz een vir een vir my geweeg het nie

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Sun May 22, 2016 8:03 pm
by Dries101
cassie_calvinia wrote:ek kan ook nie daardie som lekker maak nie.
bv 'n 20x SHV het 10maande terug R18k gekos, nou al meer as R26 000.
daar is mos redes, maar daai klink darm bietjie rof
Middel Feb verlede jaar was hulle, R14900, net voor Huntex R28500- darem nou weer R3000 minder.... Ek se niks want ek het teen R14900 gekoop

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Sun May 22, 2016 8:12 pm
by Jake1
Almal stem saam maar jou vraag is eintlik hoekom die pryse buite verhouding met die wisselkoers opgegaan het?

Ek sal ook graag wil weet?

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Sun May 22, 2016 8:16 pm
by Hein22
Capt. Oblivious wrote:Ekt gedink die gevaarlike pryse is hier in GP by die groot winkel maar ek sien die naweek n pak TTSXe vir 375 in n winkel weet nie eers watse gewig nie, R1190 vir 50!!!!! In my lewe sal ek dit nie eers vir Bergers betaal wat Bryan Litz een vir een vir my geweeg het nie
Capt. Jy gaan dalk nog swaar aan daai woorde sluk met die trant van dinge huidiglik.

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Mon May 23, 2016 9:09 am
by swc-tr
Daar is deesdae moes net 2 groot invoerders, wat ook meeste van die groot wapenwinkels in die Noorde besit.
Laat my onwillekeurig dink aan woorde soos monopolie, price fixing, ens????

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Mon May 23, 2016 10:17 am
by karoo.vellies
swc-tr wrote:Daar is deesdae moes net 2 groot invoerders, wat ook meeste van die groot wapenwinkels in die Noorde besit.
Laat my onwillekeurig dink aan woorde soos monopolie, price fixing, ens????
Teen die tempo wat hulle pryse opjaag gaan hulle een vd dae nie meer skuts he wat die produkte koop. S&O is mos op die forum, hulle kan ons mos kom vertel wat gaan aan en hulle is ook een vd groot invoerders.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Mon May 23, 2016 11:42 am
by ruaanb
nie meer nie.......

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Mon May 23, 2016 12:37 pm
by Jake1
swc-tr wrote:Daar is deesdae moes net 2 groot invoerders, wat ook meeste van die groot wapenwinkels in die Noorde besit.
Laat my onwillekeurig dink aan woorde soos monopolie, price fixing, ens????
wie is die 2 grotes?

Re: Is iemand besig om ons te.....

Posted: Mon May 23, 2016 12:45 pm
by Capt. Yoda
Safari en Wildman se mense as ek dit nie mis het nie