Page 1 of 3

Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 8:30 am
by Ivan Schultz
Seker die vraag is al baie gevra maar nog nooit n antwoord nie.

Wat sou julle manne en dames se sou jou kaliber wees as jy net een geweer kon he.
Veld skiet, gong skiet, teiken en jag tot Kudu grote bok.
Kom ons hou dit kalibers wat jy amunisie oor die toonbank koop of met standaard toerusting kan laai

Sal interresant wees om te hoor wat julle mening is

Groete

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 8:36 am
by JPS
Ivan, jy sal orals hier lees op die forum een geweer is net nie voldoende nie. Nooit,ooit nie ++>:

As ek nounregtig net een geweer moes gehad het volgens jou bogenoemde kriteria sal dit dan my Tikka 260Rem wees.

Het al basies alles wat jy hierbo noem met hom gedoen.

Maar gelukkig het ek oor genoeg gewere om alles met sy eie een te doen wat meer geskik is vir elkeen ;)

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 8:42 am
by Jean Marais
'n 375 Holland & Holland sou my keuse wees, as jy regtig net EEN geweer mag besit.

Jy kan hom laai met swaar koeëls vir die bos, en grootwild, maar ook met ligter koeëls vir die vlaktes op kleiner wild.

En dis 'n "Classic" kaliber

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 8:45 am
by kudu375
375 H&H

vir presies Jean se redes.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 8:47 am
by Chevvy SS
Topic closed.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 8:48 am
by Hein22
Stem saam JPS. Sal moet een van die 6.5mm wees as gonskiet en veldskiet saam met jag gedoen moet word. Kies net die dop wat jy soek - 6.5 x 55, 260, Creedmore ens. Oor die toonbank ammo sal die 6.5 x 55 seker makliker keuse wees.

Hoeveel gongskiete en teiken skiete word geskiet met 'n 375? Dit is onprakties en te duur.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 8:51 am
by joe rocket
N 30 nul 6, 6.5x55 as jy moet ammo koop. Persoonlik sal ek nie ammo koop nie. As jy laai n 300 winmag of 300WSM. As jy eers n kudu geskiet het gaan jy later n eland ook skiet, maar met die nul ses en 6.5 sal jy ook eland kan skiet met premier koele. As dit ek was wat net een geweer besit sou dit die 300 wees.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 8:58 am
by Chris Swart
308
As jy tot kudu grote wild beperk word.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:00 am
by Capt. Yoda
Hein22 wrote: Hoeveel gongskiete en teiken skiete word geskiet met 'n 375? Dit is onprakties en te duur.

Eks nie seker nie maar dink ek wil dit probeer met n 300gr Aframe, klink soos n lekker manier om jou saving te blaas op n Saterdag ogend

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:07 am
by Supacow
Kan ek dit maar se?

270 jou lekker ding!

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:09 am
by hennief
My kop sê 260 rem, maar my hart sê 300. Dink my hart mag dalk die rondte wen...

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:09 am
by Rooster1089
270 al die pad!

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:11 am
by mossie
Sal maar my 300 wees

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:15 am
by FrancoisW
375 H&H. Ja sy ammo is duur, maar vir all rounder kies ek hom verseker.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:20 am
by Capt. Yoda
Net een geweer sal dit maar my 06 wees.

Vir Veldskiet of SA jagter tabelle 155gr Berger Hybrid teen 3050fps
Vir jag in die karoo as jy nou nie n Range Finder het nie 168gr Berger Hybrid teen 2900fps
Vir naby jag in die bos n 230gr Berger Hybird teen 2400fps
Vir gonge skiet tot op 1000m 185gr Berger Juggernaut teen 2800fps
Vir verder as dit of vir al die bo genoemdes in my geval n 215gr Berger Hybird

Doppe is volop, enige koel van Monos/bonded tot van die beste LR koels op die mark is volop, laai is maklik en met al daai kombinasies gaan jy dop he wat propvol kruit is en net wil skiet

As jy nog n Varmint of oes geweer soek kan jy 110gr Vmaxe of 125gr BT in hom skiet teen vinniger as wat n 243 n 80gr skiet

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:25 am
by Hein22
Is julle 375 manne van plan om kompeterend in kompetisie formaat te wees of net soos capt se julle savings weg te gaan skiet? Of is dit te maklik om gonge te skiet en wil julle dus die uitdaging moeliker maak? :P

30-06 bly ook 'n goeie opsie as 'n all rounder.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:35 am
by 6mmMusgrave
Ek sal se die 300weaterby. Kan hom hel vinnig laai vir gong en kleinwild op lang afstande en weer swaarder en stadiger vir groter wild

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:43 am
by Carl
;D Nee manne julle het dit verkeerd!! (Kyk dis mos meestal net ons mans wat hier praat ;)

Die EEN geweer is dit wat jy vir jou vrou sê jy gaan koop! As dit dan goedgekeur is en jy stap met die papiere (wat sy geteken het) by die wapen winkel in kan jy maar jouself verlustig in al die ander kalibers en gewere. Jy gaan in die toekoms nog kry - dis dan net bekend as "Net die 2de geweer vir:.............." ;)

Maar andersins is die 30-06 met silencer die beste opsie (jy gaan nie herlaai nie). Of 'n 9.3x62 as jy alles wil skiet behalwe groot 5.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:47 am
by Hein22
Carl wrote:Of 'n 9.3x62
Carl, ek sien jy hou ook van 'n uitdaging. ;)

Kyk mooi na die oorspronklikke plaser se kriteria..
Ivan Schultz wrote: Veld skiet, gong skiet, teiken en jag tot Kudu grote bok.

Groete

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 9:58 am
by Jaco vdW
My Tikka 7x64.
Het dit alles al met hom gedoen, en sal met n geruste hart dit weer aanpak.
Ammo vrylik beskikbaar oor die toonbank, en n magdom herlaai komponente ook.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 10:21 am
by joe rocket
.......,.Daar bestaan nie n een geweer kaliber nie.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 10:41 am
by Wouter Roets
Manne

Ek help huidiglik my nege jarige seun in die aande om voor te berei vir toetse. Ek wil my beste onderrok beskuit as hy nie luister na die vraag wat ek hom vra nie. Ek gaan vanmiddag hom n helse druk en sommer verskoning ook aanbied angesien ek nou tot die besef kom hy geensins so sleg doen op die gebied nie.

Fokus boys! Fokus!

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 10:56 am
by Gawie(13mm)
Die een in my kluis.

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 11:01 am
by PWV
Ivan, my vriend, ek vra nederig om verskoning namens die analfabete hier op die forum.
Volgende keer moet jy jou vrae nommer sodat dit uitstaan. Dan sal hulle dalk verstaan wat jy vra.

My Tombi kwalifiseer nie, maar my .308 wel!

Re: Wat is die EEN GEWEER

Posted: Fri May 20, 2016 11:13 am
by Peter OMoore
30-06