Page 1 of 1

Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Thu May 19, 2016 11:42 am
by Springkudu
More Manne,

Dit is my eerste "post" so verskoon as dit nie met al die standaarde voldoen.

Ek dink daaraan om vir my 30-06 'n sussie te kry met die naam Howa 6.5x55. Ek was aanvanklik opsoek na 'n 243 maar met ure se oplees en navorsing het dit vir my begin lyk dat die 6.5x55 'n beter opsie is want volgens wat ek kan lees is die vleis skade minder op die 6.5x55 as wat dit is op die 243 (Alhoewel iemand gister weer vir my gesê het dit hang af watter tipe punt jy gebruik wat my weer laat begin twyfel het :-\ :-\ ). Ek wil nou nie weer die kan wurms oopmaak, ek weet dit was al verskeie kere bespreek.

My vraag:

Daar is verskeie opsies in die Howa, watter een is die beter een vir my. Bull Barrel / Stainless Steele. Ek jag maksimum 5 - 7 diere per jaar, skiet glad nie kompetisie nie dus sal ek slegs 3 maande voor die jag seisoen die skietbaan betree en myself regkry vir die jag. Ek is dus glad nie jou "oes jagter", net 'n gewone outjie wat hou van skiet en biltong.

Dan moet ek ook bysê, ek hou nie van sukkel nie, so as ek moet sal ek liewer iets kry wat 'n "overkill" is as wat ek met die goedkoopste gaan net omdat dit bietjie goedkoper is. Ek ry nie baie info oor die verskillende opsies nie.

Julle hulp sal waardeer word.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Thu May 19, 2016 11:55 am
by Jean Marais
Howa maak ongelukkig nie 'n "bull barrel" weergawe van die 6.5x55 nie. Jy kan ook dalk die 6.5 Creedmoor oorweeg. Hy kom wel met 'n 24" "bull barrel" uit. Beide kalibers is goeie keuses, wat jou met min moeite, goeie groepe sal laat skiet.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Thu May 19, 2016 1:28 pm
by Giepie
Stem saam met Jean. Gaan jy stap of is dit bakkie/voorsit jag? Die bull barrel is bietjie swaarder om te dra.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Thu May 19, 2016 1:55 pm
by Springkudu
Dankie vir die terugvoering. Net om seker te maak, so die 243 kom in Bull Barrel maar nie die 6.5 nie?

Giepie, 70% voorsit jag / 30% Walk & Stalk. Is die bull barrel se lewensduur baie langer as die gewone?

Jammer as die vrae dom klink manne, ek leer maar nog.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Thu May 19, 2016 1:59 pm
by Jean Marais
As jy wel die dikloop roete wil gaan, sou my keuse op sie 6.5 Creedmoore val. Baie groter verskeidenheid koeëlgewigte om van te kies, en baie akkuraat, self oor die langer afstande.

My aanname sal wees dat hy sagter op die loop is as 'n 243, maar die 243 manne moet dit maar kom bevestig.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Thu May 19, 2016 4:38 pm
by Giepie
Soos Jean sê. Sover ek weet kom die dik loop Howa, die Varminter, uit in die standaard lengte aksie, dus 243 en 6,5 Creedmor. Die 6,5x55 vra en lang aksie, daarom is dit nie beskikbaar in die dik loop weergawe nie.

Persoonlik sou ek eerder gaan vir die 6,5 Creedmor as die 243, maar dit is persoonlik smaak. Tussen die 6,5x55, 6,5 Creedmor en selfs die 260Rem is daar nie noemenswaardige verskil in werkverrigting nie. Almal potensieel baie akkuraat en relatief min verskil in spoed.

Dikte van die loop behoort nie 'n verskil in lewensduur te hê nie, dit gaan meer oor die verbranding by die keel van die loop. Dit is net die manne wat regtig baie skiet, soos kompetisie en jakkals uitskiet, waar die loop "gou" uitskiet. Met die hoeveelheid wat jy sê jy gaan skiet sal jy jare moet skiet om die loop uit te skiet.

Gewere kies is ook maar 'n baie persoonlik saak.

Geniet die besluitneming. ;D

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Thu May 19, 2016 8:24 pm
by hpbreiten
Naand Springkudu. Nes jy het ek ook n 30-06. My 30-06 word my walk and stalk geweer en my 6.5x55 kry een van die dae n bull barrel. 30-06 gaan ek die 180gr - 200gr (moet nog besluit) roete en die 6.5x55 120gr.

Glock Gen4 G26
Smith & Wesson M&P 15 22
Smith & Wesson M&P Sport
Howa 6.5x55
Musgrave 30-06
Weatherby 30-378
Mossberg 12ga

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 7:30 am
by Springkudu
Baie dankie vir almal se terugvoer. Lyk vir my ek sal nog bietjie navorsing moet doen en meer informasie kry op die Creedmoor.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 7:43 am
by Gian_dP
Gaan jy herlaai? Bitter min tot geen rakammunisie vir die creedmore tans beskikbaar nie

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 8:03 am
by JohanvB
Hmmm...as jy die Creedmoor roete gaan en self herlaai is daar heelwat koeëls beskikbaar vir herlaai.

Doppe tans beskikbaar is Hornady en Nosler.

Dink dit hang ook af van waar jy skiet, bedoelende, hier in die Wes Kaap is wind nie jou maat nie, dan soek jy iets wat daai "punch kan vat...243 en wind is nie maats nie...so dink die 6.5 Creedmoor...ja is my keuse ;D ;D ;D

Ja is my keuse..het hom en hy loop soos stroop...

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 8:53 am
by Springkudu
Ek en een van my vriende dink daaraan om saam te herlaai in die toekoms, hy het ook 'n 30-06, maar om eerlik te wees dink ek nie dit gaan vining gebeur nie alhoewel ons nou al alles navors.

Ek wil nie meer winkel ammunisie koop nie, kry nie baie goeie resultate, dus dink ek herlaai is die roete om te gaan. Soos ek verstaan is daar iemand hier in Brcackenfell wat kan help met herlaai?

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 10:18 am
by Rasmus
Jean Marais wrote: sou my keuse op sie 6.5 Creedmoore val. Baie groter verskeidenheid koeëlgewigte om van te kies, en baie akkuraat, self oor die langer afstande.
Jean

Hoekom sê jy so? Al die 6.5'we op die mark gebruik mos dieselfde koël? Maw of dit nou n 260, 6.5 x 55, 6.5 x 47, 6.5 x 284 of creedmoore is hulle almal skiet 6.5 koëlle?

Dat sommiges van hulle skere gewigte beter hanteer as ander is wel so.

In my opnie is die creed se komponente ongelooflik duur teenoor die ander 6.5'we en sou ek hom net daaroor nie koop nie. Ek praat nou van dies en doppe.

In daai opsig is die 6.5 x 55 en 260 n beter opsie.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 10:23 am
by Jean Marais
Rasmus wrote:
Jean Marais wrote: sou my keuse op sie 6.5 Creedmoore val. Baie groter verskeidenheid koeëlgewigte om van te kies, en baie akkuraat, self oor die langer afstande.
Jean

Hoekom sê jy so? Al die 6.5'we op die mark gebruik mos dieselfde koël? Maw of dit nou n 260, 6.5 x 55, 6.5 x 47, 6.5 x 284 of creedmoore is hulle almal skiet 6.5 koëlle?

Dat sommiges van hulle skere gewigte beter hanteer as ander is wel so.

In my opnie is die creed se komponente ongelooflik duur teenoor die ander 6.5'we en sou ek hom net daaroor nie koop nie. Ek praat nou van dies en doppe.

In daai opsig is die 6.5 x 55 en 260 n beter opsie.
Ek stem 100% saam met jou. Die rede is dat Howa se enigste 6.5 kaliber met 'n "bull barrel" net in 'n Creedmoore uitkom.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 10:59 am
by Fishaman
Springkudu wrote:...... Ek jag maksimum 5 - 7 diere per jaar, skiet glad nie kompetisie nie dus sal ek slegs 3 maande voor die jag seisoen die skietbaan betree en myself regkry vir die jag. Ek is dus glad nie jou "oes jagter", net 'n gewone outjie wat hou van skiet en biltong.
.
In daardie geval dink ek nie jy sal spyt wees as jy die standaard 6.5x55 koop nie. Jou keuse tussen hout / sinteties / gelamineerde kolf.

Vir gewone jag en af en toe baanskiet gebruik, sien ek nie die noodsaaklikheid in 'n dik loop nie. Inteendeel, ek dink baie van ons sal beter vaar in "veldskiet" omstandighede met 'n ligter geweer wat makliker hanteer.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 11:35 am
by Springkudu
Goeie informasie, dankie. Miskien moet ek wel die kan wurms oopmaak en nou die vraag vra wat my steeds pla, is dit dan nou so dat die 243 baie meer vleis skade versoorsaak as die 6.5 of is die bepalende factor maar watter punt jy gebruik teen watter spoed?

Op die einde van die dag is ek 'n biltong jagter en vleis skade is tog iets wat soveel moontlik vermy wil word.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 12:03 pm
by Jean Marais
Ek sou, en het steeds die 6.5x55 gekies bo die 243, nie oordat die 243 sleg is nie. Ek voel net dat ek meer koeëlopsies beskibaar het met die 6.5 as met die 243.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 12:42 pm
by Gian_dP
Springkudu wrote:Goeie informasie, dankie. Miskien moet ek wel die kan wurms oopmaak en nou die vraag vra wat my steeds pla, is dit dan nou so dat die 243 baie meer vleis skade versoorsaak as die 6.5 of is die bepalende factor maar watter punt jy gebruik teen watter spoed?

Op die einde van die dag is ek 'n biltong jagter en vleis skade is tog iets wat soveel moontlik vermy wil word.
Vleisskade word onder andere bepaal deur impaksnelheid, konstruksie van koeel en skootplasing(veral hoeveel been getref word) .243 skiet ligter koeels teen hoër trompsnelheid as 6.5x55. So vir selfde afstand skoot, soortgelyke plasing en selfde koeel, gaan jy waarskynlik meer skade met .243 kry. Gaan dit dramaties verskillend wees tussen die twee? Dink nie so nie.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 12:53 pm
by 375fanatic
Die 6.5 x 55 howa is perfek jy skiet te min om n bull barrel te regverdig ek skiet soms 30 skote met myne dan skiet hy nog presies waar ek mik sal well die howa met die thumbhole stock vat .

Maar net my 5c as jy hom eendag moet dra sal jy dankbaar wees

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 3:06 pm
by Rasmus
375 Ek stem saam met wat jy sê. My ruger het n 22" loop en is voor by die kroon maar 14.5mm. Hy skiet hou vir hou op dieselfde plek sonder dat sy skote begin loop.

Re: Howa 6.5x55 - Watter Een

Posted: Fri May 20, 2016 3:57 pm
by Springkudu
@375 - Baie dankie vir jou tyd op die foon, waardeer dit