Page 1 of 1
Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 9:16 am
by DWB
Hallo Manne,
Ek en Marno het so bietjie in 'n gesprek betrokke geraak oor skootplasing oefen en groepe skiet etc...
S? my bietjie hoe oefen julle met jul jaggewere?
Ek spandeer redelik tyd in die indoor range en dan ook as ek kan by die jagtersvereniging skietbaan.
Nou daar verskil die teikens en die maniere hoe jy skiet mos maar.
Maar hoeveel ouens is daar wat werklik 'n goeie groep kan skiet uit die normale, sit, kniel of staan posisies?
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 9:23 am
by marno
Ek dink dit is belangrik om uit elke posisie uit te oefen want jag is 'n snaakse ding. Jy het nie altyd tyd of plek in die jag veld om dooie rus te vat ens nie.
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 9:31 am
by Hein M.
marno wrote:
Ek dink dit is belangrik om uit elke posisie uit te oefen want jag is 'n snaakse ding. Jy het nie altyd tyd of plek in die jag veld om dooie rus te vat ens nie.
Dit is hoekom jy 'n tipe skietstok / tweepoot / driepoot moet kry wat vir jou gemaklik is en met dit moet oefen. Ek is is self besig met hierdie proses en dit is lekker om die goete 'n bietjie te ondersoek en uit te toets. As jy kan, is dit goed om met 'n windbuks, met 'n groot vergroting teleskoop, sommer in die agterplaas te oefen - elke dag - dit verbeter jou skietkuns ongelooflik. As die windbuks 'n goeie sneller het, is dit nog meer sinvol.
Dit help natuurlik ook om fiks te wees. My asem jaag as ek net 'n paar trappe klim - wat te se nog moet skiet as ek in die veld op ongelyk terrein moet stap en dan 'n akkurate skoot moet skiet...
Hein
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 9:33 am
by BLOK
Ek vat baie as ek gaan stap al wil ek niks skiet nie die geweer ipv die verkyker. Alles wat jy dan wil kyk is dan soos jy sou skiet.
Blok
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 9:39 am
by Hunter xxx
WEL EK OEFEN MET N .22 CAL DIT IS GOEDKOOP EN LEKKER OOK MET DIE JONG SPAN.
H
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 9:48 am
by .::Alwyn-U::.
Blok het 'n goeie manier van "oefen", dit maak jou ook gewoont aan die gewig van jou geweer en om met hom lang afstande te stap. Ek moet se ek doen amper die selfde as Blok, ek gaan stap soms net met my geweer op die plaas vir "oefening"..
Groete
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 9:57 am
by 300Winmag
Wonder wat gaan hulle by Virgin Active s? as ek met full camo, Freek se keppie en die 300 op die skouer op daai treadmill klim ....

Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 10:02 am
by tripodmvr
Ons in die stede moet maar tussen die werk deur ons skiete organiseer. Ek skiet groepe tydens ladingontwikkeling en meer prakties by die jagtersvereniging se skiete. Dit gee my 'n idee van my praktiese jaggereedheid. Indien ek swak skiet probeer ek meer oefening van beide inkry om terugslag, snellertrek ens behoorlik te oefen.
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 10:08 am
by BLOK
VD Walt
Jy lag, n maat van my het buffel gaan jag eers in Moz en toe in Cameroen. Met sy ronde lyf moes hy stapfuks raak en dis toe presies wat hy gedoen het. Sy dagsak vol klippe en vol gecamo gaan gym. Was nogal die joke van die tyd. Beste van als was hy het drie blokke van daar gebly so hy het nog gedress soontoe gestap ook. Ek belowe jou hy het n paar mense met wille oe gehad wat kyk.
Blok
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 10:22 am
by DWB
Hehehe, ja dit kon interresant gewees het
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 10:45 am
by .::Alwyn-U::.
Blok , Daai is nou 'n toegewyde jagter!

Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 10:55 am
by Pumba30-06
More manne, julle mag nie lag nie maar ek oefen gereeld met my windbuks, in die erf op teikens en vo?ls soos bosduiwe, Minhas en muisvo?ls, die res is beskermd. Ons boer met so bietjie vo?ls so daar kom kuier n rot of twee en dan is dit maar spotlight vat en hulle soek in die hokke. Mens moet vinnig skiet en uit die vuis so dis lekker sport.Verder kom mens maar so veel moontlik op die skietbaan en skiet uit verskillende posisies op die papier bokke en verskillende afstande.
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 10:59 am
by PRIVATE RYAN
Ek skiet so drie sighters 'n week
voor die tyd.
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 11:00 am
by .::Alwyn-U::.
Almal het maar hulle eie ding wat werk ne...
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Tue Jul 05, 2011 11:32 am
by MJK
Oppas net met die windbukse in die stede/ dorpe! Dis onwettig...

(al skiet ek en my seuns...)
Sal nie lekker wees as die polisie met 3 vangwaens opdaag voor jou huis en al jou wapens konfiskeer nie...
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Thu Jul 07, 2011 6:58 pm
by Piet Breedt
Kom skiet die SA Jaggeweer Skietvereniging se veld skiete as jy jag redelik wil naboots, en beslis verskillende skiet posisies en hulpmiddels wil leer skiet. Dit is baie meer leersaam en uitdagend as baanskiete soos ons dit ken by ons verskillende Jagters verenigings.
Kyk hier:
http://www.sahuntingrifle.co.za/
Kyk gerus onder die foto afdeling
Re: Hoe oefen jy met jou jaggeweer?
Posted: Thu Jul 07, 2011 7:23 pm
by Cobus(Cobb)
Ek doen alle toetse/ladings, scope ens binneshuis...
Buite warm ek op oor 100m oor skietsak/tafel...so 5-10 skote
Dan plaas ek teikens van diere (daardie Garipani cc targets) op 100 en 200m..alles word dan oor die stokke geskiet, staan en kniel.
Ook hou ek en Dewie(my seun), skiet komps in die agtertuin met die Gammo
'n Makker het eendag vir my ges? ....vir elke skoot in die veld, wil jy 20 skote op die baan oefen
Ek loop genoeg op die golfbaan rond en sou nou en dan Hike trails...dit hou my loop fiks