My 1ste Kudu op Steenkampspan
Posted: Mon May 16, 2016 8:35 am
Halo manne.
Ekt vrydag uptington toe gevlieg vir n begrafnis, saterdag na die begrafnis het ek en my broer besluit om plaas toe tery.
Ons het my broer se hide gaan opsit in die springbokkamp waar hy n bok met die wil skiet. Toe is ons deur die plaas om die waters tekyk en so. Die gemsbokke was nogal baie naby en ekt deur die 14 bokke gekyk, daar is 3bulle tussen hullle wat seker teveel is. Daar sal seker later die seisoen een geskiet word.
Lekker hout by mekaar gemaak en toe die vuur aan gesteek. Ons het lekker gesels oor die dinge van die lewe en toe die lig en gewere reg gekry.
Ons ry toe somer met die bubbel kajuit bakkie aangesien die plaas bakkie se brieke nie lekker gewerk het nie.
Ek soek nou al 2 jaar vir n kudu op die plaas. My pa en broer het al elkeen een geskiet.
Ons kry toe 4kudus maar hulle as net tever vir die aand om teskiet. Ons het toe eers n ander draai gery. Toe ons weer verby hulle kom het ons in die veld ingery in hulle rigting. Soos ons nader gekom het, het ek gesien dis n mooi bul.
Ek skiet toe my 1ste kudu op die plaas met die 223 op 160m. Maar toe ons by die bul kom besef ek eers hoe mooi en groot die bok was. Die skoot het net so voor 12 geklap en die bul was so teen 2uur geslag. Ons het bietjie gesukkel om hom op die bakkie tekry. My broer het vanoggend die bok geweeg, 171kg.
Ons het darm nog n grougat oppad huis toe tussen die skaap ook geskiet.
Groete