Page 1 of 1

Kinders van Israel

Posted: Fri May 13, 2016 9:09 am
by tripodmvr
"Meneer", sĂȘ Klein Jannie, "daar is iets wat ek nie verstaan nie."

"En wat is dit, Jannie?" vra Meneer.

"Volgens die Bybel het die kinders van Israel die Rooisee oorgesteek, reg NE?"

"Ja, dit is so."

"En die kinders van Israel het teen die Filistyne oorlog gemaak, reg?"

"Ja, Jannie."

"En die kinders van Israel het die Tempel gebou, reg?"

"En die kinders van Israel het teen die Egiptenare en teen die Romeine geveg, en die kinders van Israel het altyd iets belangriks gedoen,

Reg?"

"Wat is jou vraag?"

"Wat het die grootmense gedoen?"

Re: Kinders van Israel

Posted: Fri May 13, 2016 9:18 am
by Chevvy SS
:laugh: :laugh: :laugh:

Re: Kinders van Israel

Posted: Fri May 13, 2016 10:08 am
by alecjohnson
Baie skerp!!!