Page 1 of 1
S355 vir 'n 30-06
Posted: Wed May 11, 2016 7:32 am
by Morne Van Der Merwe
Môre Almal,
Het nou my kruit,punte en slag doppies ontvang. Ek so na somchem se webwerf gaan kyk, kan 'n mens bv net 130gr en 150gr punte laai met S355 kruit?
En dan die ander vraag, die pmp proamm 150gr punte is baie korter bv as 180gr, met die 180gr het hom 0.020" van "lands" afgelaai, maar nou die vraag, met die 150gr punt gaan my "jump" na die "lands" heelwat meer wees, moet ek dit probeer te korrek om die punt so vlak as moontlik te seat? Ek het hornady OAL gereedskap om te help.
Groete
Morne
Re: S355 vir 'n 30-06
Posted: Wed May 11, 2016 9:17 am
by tripodmvr
'n Dop se nek is daar om die koeël vas te hou om dit mooi te belyn en ook om begin druk te verseker sodat die dop uitsit en die gasse afseël. Benut dus die nek en laat die basis van die koeël net bo die skouer-nek aansluiting wees. Jy skiet met 'n jaggeweer en skiet nie bankskiet nie. Patrone val maar uit mens se hande uit en moet ook uit die magasyn uit tot in die loop. Die kragte wat inwerk moet nie die koeël kan skeefdruk nie, so greep op die skag is belangrik. Sprong na die lande is minder belangrik vir jou toepassing.
Re: S355 vir 'n 30-06
Posted: Wed May 11, 2016 9:23 am
by DawieKotze
Morné - dis al 'n paar keer genoem op die forum dat dit glad nie nodig is om die lande te jaag vir akkuraatheid nie.
Sorg dat ten minste 80-90% van die koeël se dravlak in die dop se nek is. Met die korter 150 gr gaan die sprong na die lande natuurlik meer wees, maar "so what"? As jy uit die magesyn skiet gaan jy in elk geval probleme optel met "skewe" patrone as jy te vlak seat.
Ek sien Marius het ook reeds geantwoord.
Groetnis
Re: S355 vir 'n 30-06
Posted: Wed May 11, 2016 10:09 am
by Morne Van Der Merwe
Baie dankie vir die terug voering oor diepte van die punt, waardeur dit baie.
As iemand vir kan sê oor S355 kruit, is dit net gepas vir 130gr en 150gr punte?
Groete
Morne
Re: S355 vir 'n 30-06
Posted: Wed May 11, 2016 4:11 pm
by Fritz
Morne Van Der Merwe wrote:Baie dankie vir die terug voering oor diepte van die punt, waardeur dit baie.
As iemand vir kan sê oor S355 kruit, is dit net gepas vir 130gr en 150gr punte?
Groete
Morne
Ek self sou nie S355 vir swaarder as 155gr in die 30-06 gebruik nie en verkies S365 vir 155gr. S355 sal werk maar jou dop is meer leeg en jy gaan dalk nie die spoed kry wat jy soek nie (as maksimum spoed 'n vereiste is). S365 werk nou maar net soos 'n bom in die 30-06. Al wanneer ek weer S355 sal gebruik in die 30-06 is met GSHV koeels
Re: S355 vir 'n 30-06
Posted: Wed May 11, 2016 9:47 pm
by Morne Van Der Merwe
Fritz Hagen wrote:Morne Van Der Merwe wrote:Baie dankie vir die terug voering oor diepte van die punt, waardeur dit baie.
As iemand vir kan sê oor S355 kruit, is dit net gepas vir 130gr en 150gr punte?
Groete
Morne
Ek self sou nie S355 vir swaarder as 155gr in die 30-06 gebruik nie en verkies S365 vir 155gr. S355 sal werk maar jou dop is meer leeg en jy gaan dalk nie die spoed kry wat jy soek nie (as maksimum spoed 'n vereiste is). S365 werk nou maar net soos 'n bom in die 30-06. Al wanneer ek weer S355 sal gebruik in die 30-06 is met GSHV koeels
Dankie vir die advies Fritz,
Groete
Morne
Re: S355 vir 'n 30-06
Posted: Wed May 11, 2016 10:17 pm
by Reloader270
Die minimum wat die koeël in die dop se nek moet wees, is die kaliber se grootte. Vir 30-06 dus .308" of 7.62mm.
Re: S355 vir 'n 30-06
Posted: Thu May 12, 2016 7:55 am
by Morne Van Der Merwe
Dankie Reloader270.
Groete
Morne