Page 1 of 1
Watter geweer is die beste
Posted: Sun Jul 03, 2011 10:31 pm
by Hugo Vermaak
Ek skiet .303 in die bos en het nou besluit op n .270 vir die vlaktes. Daar is twee gewere beskikbaar maar soek raad watter een is die beste . Een is n Bruno ZKK 600 en die ander ene 'n Ruger .270. Wat moet ek koop .Die prys is dieselfde .Groetnis.
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 8:46 am
by PRIVATE RYAN
Sit 'n poll op, en ek stem vir die
Bruno.
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 9:03 am
by baboonstalker
Hoop net ek sal my lisensie kry. Daai twee is mar bitter naby an mekaar dink ek.
Hoe het jy by daardie antwoord uitgekom? Jy het immers self besluit om die .270 te koop al het jy 'n .303
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 9:15 am
by .::Alwyn-U::.
Ek is ook meer gerus met 'n Brno..
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 10:18 am
by 222
Brno
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 1:16 pm
by tripodmvr
Hugo Vermaak wrote:
Ek skiet .303 in die bos en het nou besluit op n .270 vir die vlaktes. Daar is twee gewere beskikbaar maar soek raad watter een is die beste . Een is n Bruno ZKK 600 en die ander ene 'n Ruger .270. Wat moet ek koop .Die prys is dieselfde .Groetnis.
Albei gewere is goeie make en bekend in RSA.
Kan jy die gewere hanteer en selfs moontlik daarmee skiet ook? Voel of hulle maklik aanl? en of die sneller glad trek en breek. Hoe werk die slotaksies - glad of hakkerig? As albei gelyk is met die' werkings laat jou hart en oog vir jou besluit. Dit is baie soos vrou kies.
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 1:23 pm
by PITSMIT
hugo
ek het self die zkk600 in n 270 en ek het niks probleme nie
dis gewere daai wat goed afgerond is en baie akkuraat skiet.
myne laai ek 52.1gr s365 met n 140gr sst punt en kry 2920 vt per sek met n tpl van 82mm op die kop
skiet nou drieskoot groepe op 100m van 16mm
jy sal nie fout maak met hom nie
sterkte met jou keuse
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 1:27 pm
by BLOK
Driepoot
Daai stelling van amper soos vrou kies man het ek nou lekker gelag, voel hoe le hulle aan, en as jy die sneller trek breek hy glad, en nogal skiet hulle eers as jy kan en kan jy hulle hanteer, en hoe werk die slotaksie (ek dink dit is die belangrikste maak hy gewillig oop en toe).
Lyk vir my ek moet weer begin vrou soek.
Blok
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 4:45 pm
by Armand Steenkamp
Hahahaha Ou grapgat!
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 4:50 pm
by MJK
Watter een pas jou die beste, waarvoor gaan gebruik? ek dink die Ruger is ligter as die CZ en die maak verskil na 'n dag se stap in die berge...
Watter een begeer jou hart - koop hom! of haar...

Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 6:31 pm
by 222
Koop sommer nou altwee. Jy het een nou gaan jy twee h?, dan nog een dan nog een dan nog een.
Nee wat die probleem wat jy nou het sal nie weggaan nie dit word erger.
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 9:21 pm
by tripodmvr
BLOK wrote:
Driepoot
Daai stelling van amper soos vrou kies man het ek nou lekker gelag, voel hoe le hulle aan, en as jy die sneller trek breek hy glad, en nogal skiet hulle eers as jy kan en kan jy hulle hanteer, en hoe werk die slotaksie (ek dink dit is die belangrikste maak hy gewillig oop en toe).
Lyk vir my ek moet weer begin vrou soek.
Blok
Het nie bedoel dat my eerste aanhalings by die laaste gevoeg moes word nie, maar baie skerp Blok. Ek dink julle moet tog saamstem dat vrou- en geweervat baie ooreenstem.
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 9:23 pm
by Monrique (SJ)
Tripod
Soos bv. As jy eenkeer vat moet jy klaar vat, of koop!!!
Groetnis
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Mon Jul 04, 2011 9:30 pm
by tripodmvr
SJ wrote:
Tripod
Soos bv. As jy eenkeer vat moet jy klaar vat, of koop!!!
Groetnis
Korrek. Ek het eenmaal gevat. Nog al my gewere na 25 jaar en dieselfde vrou na 33 jaar.
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Tue Jul 05, 2011 8:01 am
by BLOK
Tripod
Nee ek verstaan wat jy bedoel het, maar dit was baie dubbelsinnig snaaks.
Ek dink as ek so moet my vrou moet maak toets sy al daai stellings op my met my ystervrou.
Blok
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Tue Jul 05, 2011 8:47 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Julle praat julle harte hier uit en gee raad en als. Die Brno word nou al n CZ. Ons weet nie eers of die gewere tweedehans is nie of wat. Maar dit lyk vir my Hugo Vermaak is weg! So ons oefen maar net ons tikvermoe hierso!
Groetnis
Wout
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Tue Jul 05, 2011 8:57 am
by BLOK
Wout
Hierdie laat my dink aan destyds in engeland twee afrikaanse manne en n engelse man sit en gesels en die lawaai sop loop, later as die ingelsman loop vergeet die ander twee om terug te skakel afrikaans toe en hou so vir ure aan.
En glo my dit het en gebeur nogsteeds baie.
Blok
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Tue Jul 05, 2011 11:27 am
by Lourens
Ek self skiet 2 Rugers en is baie gelukkig met veral my 7mm Rem Mag, dink egter nie jy kan 'n fout maak met enige een van die 2 nie...
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Wed Jul 06, 2011 2:31 pm
by Christo Els
Wouter Roets wrote:
Hallo Manne
Julle praat julle harte hier uit en gee raad en als. Die Brno word nou al n CZ. Ons weet nie eers of die gewere tweedehans is nie of wat. Maar dit lyk vir my Hugo Vermaak is weg! So ons oefen maar net ons tikvermoe hierso!
Groetnis
Wout
OOO jy reken die manne kekel ons hoenders oor 'n mieliepit wat nog moet op kom
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Thu Jul 07, 2011 6:11 pm
by Pvdw
tripodmvr wrote:
Hugo Vermaak wrote:
Ek skiet .303 in die bos en het nou besluit op n .270 vir die vlaktes. Daar is twee gewere beskikbaar maar soek raad watter een is die beste . Een is n Bruno ZKK 600 en die ander ene 'n Ruger .270. Wat moet ek koop .Die prys is dieselfde .Groetnis.
Albei gewere is goeie make en bekend in RSA.
Kan jy die gewere hanteer en selfs moontlik daarmee skiet ook? Voel of hulle maklik aanl? en of die sneller glad trek en breek. Hoe werk die slotaksies - glad of hakkerig? As albei gelyk is met die' werkings laat jou hart en oog vir jou besluit. Dit is baie soos vrou kies.
Ek stem saam met driepoot, en ek sou s? dat die "voel" van die geweer ook jou goedkeuring moet weg dra.
Peet
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Thu Jul 07, 2011 10:04 pm
by .::Alwyn-U::.
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Wed Aug 03, 2011 10:15 pm
by Hugo Vermaak
Julle sal ook s? ek kan nie mind opmaak nie n? , amper soos vrou soek. Ek het toe geteken op 'n nuwe Bruno 550 7x64 .Ek soek nou teleskoop vir die nuwwe aankomeling.
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Wed Aug 03, 2011 10:19 pm
by Hugo Vermaak
Hallo Wouter , ek was so bietjie besig het nie by die forum uitgekom nie , nee julle gee goeie raad en dis baie interresant , doet so voort.Hugo
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Thu Aug 04, 2011 3:32 am
by tripodmvr
Hugo Vermaak wrote:
Julle sal ook s? ek kan nie mind opmaak nie n? , amper soos vrou soek. Ek het toe geteken op 'n nuwe Bruno 550 7x64 .Ek soek nou teleskoop vir die nuwwe aankomeling.
Bly om te sien jou kop het self vanaf 270 na 7x64 verander. Nou maak jy glad nie fout nie. Hy is 'n bulletjie die' kaliber.
Re: Watter geweer is die beste
Posted: Fri Aug 05, 2011 3:10 pm
by tau
tripodmvr wrote:
Hugo Vermaak wrote:
Julle sal ook s? ek kan nie mind opmaak nie n? , amper soos vrou soek. Ek het toe geteken op 'n nuwe Bruno 550 7x64 .Ek soek nou teleskoop vir die nuwwe aankomeling.
Bly om te sien jou kop het self vanaf 270 na 7x64 verander. Nou maak jy glad nie fout nie. Hy is 'n bulletjie die' kaliber.
& x 64 is baie goeie kaliber, amper so goed soos die 7mm Rem Mag
Grap net as die CFR my een sou gee sou ek hom langs my Rem Mag in die kluis gehad het as my bosveld geweer en nie my .308 nie. Die Oom wat my leer herlaai het het een en hy het nogals lekker esepte vir herlaai om mooi te skiet.