Page 1 of 1

Burris FF2 3-9x40 inruil op Nikon Monarch3 2.5-10x42 MD?

Posted: Wed May 11, 2016 7:22 am
by VdWalt
Ek het net nodig dat iemand vir my sĂȘ ek mors my geld
en moet eerder 'n vark of 2 met die geld gaan skiet.

Ek en die Burris kom nou al 'n rukkie saam op die 300. As die skoot loop
kan hulle maar die bakkie laat kom. Ek het nou 'n Prostaff 3-12x42 BDC vir
die 223 gekry (die Leupold se kruishaar is net te fyn vir my).

Nou begin ek kriewel om die Burris in te ruil maar ek weet nie of ek sommer
net onnodig jeuk nie. Moet ek nie die geld +/- 2k wat ek moet inbetaal
mee gaan jag nie?

Re: Burris FF2 3-9x40 inruil op Nikon Monarch3 2.5-10x42 MD?

Posted: Wed May 11, 2016 7:26 am
by Pvdw
Ek dink jy het jou anrwoord reeds. As jy my regrig 2 goeie praktiese verbeterings kan gee om te ruil gaan dit baie wees.

Re: Burris FF2 3-9x40 inruil op Nikon Monarch3 2.5-10x42 MD?

Posted: Wed May 11, 2016 7:31 am
by VdWalt
Pvdw wrote:Ek dink jy het jou anrwoord reeds. As jy my regrig 2 goeie praktiese verbeterings kan gee om te ruil gaan dit baie wees.
Die waarheid maak seer ...... ++>:

Re: Burris FF2 3-9x40 inruil op Nikon Monarch3 2.5-10x42 MD?

Posted: Wed May 11, 2016 9:48 am
by LoveHenties
Dis raar dat jy 'n Rolls Royce kry vir 'n CitiGolf se geld. Met 'n Burris is dit wat jy kry.

Re: Burris FF2 3-9x40 inruil op Nikon Monarch3 2.5-10x42 MD?

Posted: Wed May 11, 2016 10:39 am
by DJC
Kan ek dan maar eerste opsie op jou Burris kry......vir in geval jy daai fout gaan maak >:D

Re: Burris FF2 3-9x40 inruil op Nikon Monarch3 2.5-10x42 MD?

Posted: Fri May 13, 2016 9:58 pm
by Steppenwolf
Ruil die Burris in vir nuwe Burris in FFP natuurlik!