Page 1 of 1
Jandré voorstelling
Posted: Tue May 10, 2016 9:32 pm
by Jandré Stap
Goeienaand Manne,
Ek stel myself graag voor op hierdie fantastiese groep. My naam is Jandré du Toit en ek is n boorling van Hopefield daar in die Sandveld
Ek sien baie uit om deel te neem aan al die verskillende gesprekke wat hier beskikbaar is en om te kan leer vannaf al die kenners.
Ek is passievol oor jag, glo n 270 is koning (n staanrib is kort op sy hakke) en wil graag my kennis ten opsigte van herlaai verbeter.
Lekker aand vir almal,
Groete
Re: Jandré voorstelling
Posted: Tue May 10, 2016 9:34 pm
by Toyrsi
Welkom Jandre
Re: Jandré voorstelling
Posted: Tue May 10, 2016 10:12 pm
by MichielC
Welkom Jandre,
Jy is hier op die regte plek , vra gerus , hier is manne wat ken van
Re: Jandré voorstelling
Posted: Tue May 10, 2016 11:15 pm
by Heinz Petersen
Welkom Jandre.
Wat is n "staanrib". Julle mense van daai wereld het mos n sêding vir alles.
Re: Jandré voorstelling
Posted: Tue May 10, 2016 11:32 pm
by Pappabeer
Heinz Petersen wrote:Welkom Jandre.
Wat is n "staanrib". Julle mense van daai wereld het mos n sêding vir alles.
Nee man uncle Heinz! Alle kapenaars - veral n skaapboer ken n staanrib of reggop ribbetjie. Daai vet skaaprib wat jy 3" diamante oor sny, invryf met growwe sout, winddroog, en reggop braai langs die vuur - Karoohout. Nie Port Jackson, Wingerdstompies of enige ander goed nie. Ek gaan nie eers die C woord noem nie.
Welkom Jandré. Geniet jou rib.
Re: Jandré voorstelling
Posted: Tue May 10, 2016 11:38 pm
by Heinz Petersen
Dewald, ek verstaan van n staanrib langs die vuur wat die vet so afloop. Ek het net gedink Jandre praat van n skietding. Jy moet partymaal mooi luister wat daai manne praat. Hulle maak hulle eie name vir enige ding.

Re: Jandré voorstelling
Posted: Tue May 10, 2016 11:52 pm
by Jandré Stap

Heinz, gelukkig het daardie lekkerte darm nog sy eie naam soos hy van sy ma af kom.
Dankie vir al die verwelkomings.
Re: Jandré voorstelling
Posted: Wed May 11, 2016 6:33 am
by OomMatt
Baie welkom Jandre
Self gee ek nie om of die rib le of staan nie , daar is net niks lekkerder as so ou skaap rib met n lekker vetjie op kole is nie
Re: Jandré voorstelling
Posted: Wed May 11, 2016 8:53 am
by Boesman10
Welkom Jandre
Re: Jandré voorstelling
Posted: Wed May 11, 2016 11:32 am
by jamalley
Welkom Janre
Re: Jandré voorstelling
Posted: Thu May 12, 2016 4:27 pm
by JPL
Welkom Jandre',
Geniet hom, hier gaan jy gou slim raak as jy nie klaar is nie. As jy reeds slim is, deel met ons... die staan rib.
P.S. Ek is self is oorspronklik van Vredenburg.
Groete,
JP
Re: Jandré voorstelling
Posted: Thu May 12, 2016 4:39 pm
by win270
Welkom, Jandré. Wees bedag daarop dat jy dalk bietjie slae kan kry oor jou liefde vir die .270 - jy is egter steeds in goeie geselskap met vele ander .270 aanhangers ingesluit.
Wat jag jy alles en dui sommer ook op jou profiel aan in watter distrik jy woon.
Re: Jandré voorstelling
Posted: Thu May 12, 2016 5:01 pm
by THOMAST
Welkom Jandré.
Die lekkerste staanrib wat ek ooit ge-eet het was in die kalahari. Het sommer die rooster se handvatsel so in die sand gedruk langs die vuur.
Hoe sê die engelsmanne- Location, location, location!
Re: Jandré voorstelling
Posted: Thu May 12, 2016 5:59 pm
by Baasvark
Welkom Jandré,
Jy gaan dit nog geniet hier!
Daardie staanrib is koning!
Re: Jandré voorstelling
Posted: Thu May 12, 2016 9:12 pm
by Jacquesb
Welkom Jandé
Ek like jou sommer klaar vir die staanrib. En ek skat vir jou wereld is n .270 seker die regte medisyne.
Geniet die forum.
Re: Jandré voorstelling
Posted: Thu May 12, 2016 9:34 pm
by Boersonderroer
Heinz Petersen wrote:Dewald, ek verstaan van n staanrib langs die vuur wat die vet so afloop. Ek het net gedink Jandre praat van n skietding. Jy moet partymaal mooi luister wat daai manne praat. Hulle maak hulle eie name vir enige ding.

Ek het gedog hy praat van 'n vrou. Die skonere geslag kom mos van Adam se rib af :-?
From a Experia far away