[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 243
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)

JARACAL • Akkuraatheid van Winchester 70 Aksie (nie pre 64)
Page 1 of 1

Akkuraatheid van Winchester 70 Aksie (nie pre 64)

Posted: Sun Jul 03, 2011 6:41 pm
by Frikjordaan
Die Winchester 70 aksie het drie skroewe en ek sal graag wil hoor by die manne wat weet of dit 'n aksie is wat kan kers vashou by die Rem 700 of ander.

My 22-250 is op op 'n Win 70 aksie maar die fluted loop se dae raak ook min.
Dink daaraan om 'n 260 met 'n Kriegler swaar Palma proviel loop te laat aanmekaar sit.
Sal moet kies tussen hierdie aksie of 'n RSA skyfskiet aksie
Weet nie of enkelskoot die regte ding is vir jakkie jag nie ?

Luister graag
dankie
Frik

Re: Akkuraatheid van Winchester 70 Aksie (nie pre 64)

Posted: Sun Jul 03, 2011 6:53 pm
by 243Songdaug
Frik.

Die Mod 70 is 'n baie akkurate aksie en ek dink nie hy hoef 'n tree terug te staan vir die Rem 700 nie.  Die 3de skroef, die 1 in die middel wat ook die snellerbeul aan die voorkant vashou, is volgens die slim manne die skroef wat die akkuraatheid beinvloed, maar ek het nie die probleem nie.  Het vir my 'n dik loop opgesit, die aksie laat pak en ek staan nie terug vir selfs die RSA manne nie. Die 3de skroef word net ferm vasgetrek en nie nek omgedraai nie.
   
Die RSA is nie die beste keuse vir 'n jakkals roer nie.  Bou jou roer op die Mod. 70.

Groete.
Songdaug

Re: Akkuraatheid van Winchester 70 Aksie (nie pre 64)

Posted: Sun Jul 03, 2011 10:17 pm
by .::Alwyn-U::.
Songdaug

Eks baie bly oor jou reply want ek het 'n Winchester mod 70 nou laasjaar nuut gekoop, 375H&H....

Groete

Re: Akkuraatheid van Winchester 70 Aksie (nie pre 64)

Posted: Sun Jul 03, 2011 10:32 pm
by 243Songdaug
Alwyn, jy gaan die 375 geniet ou maat!

Ek het die 308 by my pa gekry en hy het vir die eerste 5 jaar van sy lewe in my kluis deurgestaan - toe my (geliefde) 243 moes ingaan vir 'n loop vervanging moes ek noodgedwonge met die Mod 70 begin skiet.  Ek het geweet dat die Mod 70 veronderstel is om akkuraat te wees, maar het toe eers besig wat 'n lieflike aksie dit is.  Tot vandag toe geniet ek elke oomblik met die Mod 70.

Groete.
Songdaug

Re: Akkuraatheid van Winchester 70 Aksie (nie pre 64)

Posted: Mon Jul 04, 2011 9:12 am
by .::Alwyn-U::.
Nog 'n 243 man ;D, ja ek het die pre 64..  Ek kan ooki wag vir hom nie, die koedoes gan lekker val ;D

Groete

Re: Akkuraatheid van Winchester 70 Aksie (nie pre 64)

Posted: Wed Jul 06, 2011 11:35 pm
by .::Alwyn-U::.
Songdaug, skiet jy enige "groot" kalibers?

Re: Akkuraatheid van Winchester 70 Aksie (nie pre 64)

Posted: Mon Jul 11, 2011 4:31 pm
by Janjak
Goeie aksie en baie akkuraat. My pa het n 264WM op n post 64 gehad wat baie mooi geskiet het -tot sy loop begin klaar raak het.
Ek het self n Mod 70 Pre 64 243win.